Citrusdal | Clanwilliam | Graafwater
Kompas Gemeente Vredendal | Somerset-Wes

Jou TUISTE vir geestelike

Welheid!

'n Lokale Geestelike FAMILIE
is God se PLAN
vir Algehele WELHEID
vir JOU!


Die mens as ’n multi-dimensionele wese verlang om GEESTELIK vervuld, EMOSIONEEL tevrede en gelukkig, INTELLEKTUEL ingelig, SOSIAAL betrokke, FISIES fiks, in IDENTITEIT koersvas, EKONOMIES bemagtig en ‘n goeie rentmeester van ons HULPBRONNE te wees. Harvester bied ‘n liefdevolle genesende GESIN-EKO-SISTEEM gesentreer rondom die lewe en persoon van Jesus Christus om die LEWE saam in oorvloed te LEEF.


Hier is hoe jy saam met ons kan groei! #Geestelike Welheid

  • #1 Ek wil JESUS HERE maak van my lewe

    Ontwaak, erken, bely en sien dat Jesus Christus is wie Hy sê Hy is!


    Word vandag:

    ‘n Volgeling

    ‘n Dissipel

    ‘n Kind van God

    deel van Sy Liggaam en Familie


    Lees meer
  • #2 Ek will meer leer oor JESUS


    Wie was Jesus regtig? Wat sê Hy oor Homself? Watse tipe persoon was Hy? Wat was Sy gewoontes? Wie was Sy vriende en familie? Wat was vir Hom belangrik en waardevol? Wat was Sy temas van prediking? Is dit nog relevant vandag? Wat was Sy wêreldbeskouing? Waaroor was Hy passievol?

    Sien ons 40 Weke Aanlyn Bybel Kursus oor die beste lewe ooit geleef…


    Leer meer
  • #3 Ek is reg vir Diens

    Ontwaak, erken, bely en sien dat Jesus Christus is wie Hy sê Hy is!


    In ons gemeente is daar geen toeskouers nie, want mens groei nie geestelik deur te kyk hoe ander mense Jesus gehoorsaam nie.


    Jy moet self “hoor en doen”. Jy is dus óf besig om ‘n bediening te lei, óf te ondersteun. Jy word óf deur imand gementor, óf jy mentor iemand in hulle geloof. Volg die skakel hieronder as jy deel van Harvester wil word.


    Waaroor is jy passievol!


    Gemeenskap Ontwikkeling | Berading | Leierskap | Vrywilligers | Gasvryheid | Media | Werkskepping | Jeug | Kinders | Bejaardes | Leierskap

    deel van Sy Liggaam en Familie


    Lees meer
  • #4 Ek wil GEE


    Kies hoe jy tiende, offerhandes en bydraes gee. Sien al die opsies hoe jy kan bydra tot die volkome genesing van die totale mens.


    Geestelik – Emosioneel – Intellektuel – Gedrag – Sosiaal – Liggaamlik – Identiteit.

    Sien opsies
  • HARVESTER GEMEENTE CEDERBERG Clanwilliam / Citrusdal KompasGemeente Vredendal / Graafwater Somerset-Wes


    Sedert 1995 bedien Harvester Kerk mense reg oor die wêreld. Ons bediening reik uit na meer as 120 nasies, deur kerkplanting, bybel-skole en geestelike ondersteuning van gemeente leiers. Ons is nie ‘n gereformeerde kerk nie, maar ‘n reformerende gemeente, want ons glo Christus is tans nog steeds besig om Sy kerk te bou en ons nuwe waarhede te leer. Ons strewe na ‘n Christus-gesentreerde middeweg tussen gereformeerde en charismatiese/pinkster teologie. SIEN ONS GELOOFSBELYDENIS.


    HARVESTER: 'n persoon of masjien wat 'n saaioes insamel


    “Maar ek sê vir julle: Kyk daar, kyk na die lande; hulle is ryp vir die oes.” Johannes 4:35


    Ons visie, missie en begeerte is om te sien hoe Christus vorm aanneem in mense se manier van leef, gewoontes, karakter, waardes, en denke en derhalwe SAAM die OES insamel.
    ONS IS BEVEEL OM LIEF TE HÊ, AFGEVAARDIG OM UIT TE REIK
    “COMMANDED TO LOVE, COMMISSIONED TO GO”

    VOLG HIERDIE SKAKEL OM ONS GESKIEDENIS TE LEES



    Lees oor ons geskiedenis
  • Nuwe Boek


    Is KERK hoegenaamd goed vir my? So baie opinies! So baie negatiwiteit Daar is 'n oplossing! Wat is Kerk? 'n Eerste Christus beweging definisie. 'n Oproep om aan te hou reformeer. Die Volkome Genesing van die Totale Mens, die Kerk se diepste "waarom" ons bestaan. Bybelse Interpretasie - Verstaan die bron dokument reg...



    Koop gedrukte weergawe

  • Jan & Chantál Oosthuizen


    Visionêre Leiers

    Jan en Chantál se bediening is gekenmerk deur ‘n diepgewortelde passie om as brugbouers die gemeenskap te dien en die boodskap van die Koninkryk van God in Christus Jesus te verkondig. Hulle bediening fokus op: pastorale werk, Bybelse geletterdheid en gemeenskap ontwikkeling. Met ‘n hart vir die plaaslike gemeente het hulle al verskeie gemeentes geplant, asook verskillende lande besoek om praktiese ondersteuning aan pastore te bied. Hulle passie is om ‘n gemeenskap van gelowiges te sien floreer soos hulle in Jesus Christus geestelik volwasse word. Jan probeer MTB bergfiets ry as die tyd dit toelaat, en is lief vir musiek, tuinbou en fotografie. Chantál is ‘n tuisteskepper, digter en mooi-maak-mens!




    Facebook | Twitter | Wordpress | LinkedIn | Instagram | Slideshare | Apple


  • Om deel te wees van HRCO is vir my veilig, rigting-gewend, genesend. Ons bou diep Gees-vriendskappe o.l.v. volwasse leierskap!


    Tobias & Ansofie

    Namakwaland Farms


  • The love of Jesus is tangible through sincere compassion, caring and Holy Spirit inspired messages.


    Dave & Audrey Botes

    Clanwilliam Hotel


  • Om deel van HRCO te wees, is om veiligheid te ervaar tussen familie wat lief is vir mekaar, die Here, Sy Woord en dit graag wil demonstreer in al die verhoudinge om ons.


    Leon & Liebenette Burger

    Humefert Fertilizer

  • Clanwilliam Kampus


    Blommekerk in die Hoofstraat
    Sondae 09:30
    Kontak: Jan Oosthuizen
    (083) 230 8804



  • Citrusdal Kampus


    Pomario Privaatskool
    R303, Citrusdal
    Sondae 17:00
    Kontak: Chantál Oosthuizen
    (076) 213-1506