#4 Afguns - Vergenoegdheid
Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik.
Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik.
Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (Exo 20:17)
Daarom is ons gebed soos die van Dawid:
He who walks uprightly, And works righteousness,
And speaks the truth in his heart; Ps 15:2
Die realiteit van die lewe toon, dat almal nie eerste kan wees nie... die vraag is kan jy vrede maak om tweede aangewys te word – en te aanvaar dit is die wil van God?
Wanneer iemand naby jou bevorder word, word die ware aard van die vriendskap blootgelê. Wat is jou onmiddellike reaksie? Is dit een van oorstelpte vreugde of diep ongelukkigheid of weerwraak?
Die prys van sukses
Byvoorbeeld, wanneer jy hard werk om sukses te bereik, en uiteindelik aansien, guns, en erkenning kry vir jou werk, is daar skielik mense wat openlik jaloers raak, en jou van allerhande onwaarhede beskuldig. Sommige is bly vir jou, Gmmmf! dis darem 'n mooi huis die! So asof jy dit gesteel het, of op onregverdige wyse bekom het.
4Ek het toe opgemerk dat die meeste mense sukses najaag omdat hulle afgunstig is op ander mense. En dis ook alles sinloos. Ecclesiastes 4:4
Gees van afguns in Die Bybel
· Gees van moord Want Hy het geweet dat hulle Hom oorgegee het as gevolg van afguns. Mat 27:18 Die gees wat Jesus Kain doodgemaak het, het Abel vermoor, en sy gawe is verkies. Afguns is die wortel van die faksies, verdeeldheid en oorloë in die wêreld.
· Agab begeer Nabot se wingerd 1 Kin 21:1-15
· Korag en 250 wyse leiers sien hulleself as gelyk met Moses Num 16:1 - 17:11
· Absolom het sy vader Dawid se mag beny. Nie 'n ware seun nie
· Ragel is afgunstig op Lea
· Miriam was afgunstig op Sippóra. Num 12
· Sara het afgunstig geword op Hagar wat 'n kind baar
· Seuns van Jakob was afgunstig op Josef verkoop hom as slaaf
· Saul was Dawid van Dawid, en hom probeer doodmaak.
Vandag nog is die wêreld vol afguns:
Toe die Twintowers in Amerika aangeval is in September 2011. Was sommige se reaksie: "Amerikaners het dit al lankal laat aankom," het 'n Kanadees gesê.
"Die groot rower is nou op sy plek gesit," is hoe een Moskou-metaalwerker dit gestel het.
Koerantrubriekskrywer Rick Montgomery het in 'n artikel geskryf: "Hoe kon radikale Moslems dans terwyl duisende onskuldige mense dood lê onder die puin van die World Trade Center?"
Hoekom het so baie Palestyne gedans en gejuig oor beeld materiaal van hulle vriende en familie se gruweldade op Sep 11 2023 in Israel? Volgens hulle het Israel hierdie behandeling verdien!
In watter mate hou die Moslems se weersin teen Israel verband met Ismael se Jaloesie teenoor Isak? And Sarah saw the son of Hagar the Egyptian, whom she had borne to Abraham, scoffing. (Gen 21:9) Omdat hy jaloers was op die guns wat sy broer ontvang het, het Ismael vir Isak gespot en is hy deur Isak se ma, Sara, uit die huis weggejaag.
Daarom moet ons onsself ondersoek:
• Ek is nie ten volle gevestig in my identiteit in Christus nie.
• Ek het onsekerhede en minderwaardigheid wat nie ten volle genees is deur die krag van Sy genade nie.
• Ek is ondankbaar vir wat God vir my gegee het. Sy gawes is nie genoeg vir my nie; Ek wil ook hê wat Hy vir 'n ander gegee het.
• Ek rebelleer teen God se soewereiniteit en wysheid om genadegawes aan verskillende mense te gee.
• My hart word gemotiveer deur 'n element van eiebelang, selfbehoud en selfbevordering. Ek kan nie broer/suster se suksesse vier as gevolg van onderliggende gevoelens van kompetisie en ambisie in my siel.
• Wanneer al my energie gefokus moet wees op die oorlog teen die vyand van ons siele, word van my energie herlei na die suksesse van my medegelowiges.
• Aangesien afguns, wanneer dit volgroeid is, uitloop op moord, het ek die saad van moord in my hart.
• My vleeslikheid belemmer die eenheid van die liggaam van Christus – die eenheid wat sentraal staan in die bruid se voorbereiding. Ek word dus 'n instrument in die hand van die vyand om as hindernis Sy liggaam skade te bring.
Wat is die verskil tussen Afguns en Jaloesie?
Jaloesie is 'n verterende emosie, 'n agterdogtige besitlikheid wat ons ervaar wanneer ons dink ons verhouding, ons status in die lewe, ons vriendskappe of ons besittings word bedreig. Jaloesie kan byvoorbeeld voorkom wanneer:
· ʼn werkskollega deur die werkgewer bevoordeel word.
· ʼn vriend/vriendin meer tyd met ʼn ander persoon spandeer.
· ʼn broer/suster meer aandag of voorregte van die ouers kry.
· ʼn onderwyser of lektor meer aandag of hoër punte aan ʼn klasmaat gee.
Afguns is 'n ingewikkelde emosie wat voorkom wanneer jy jouself vergelyk met iemand anders se eienskappe, waarde, voordele en besittings. Afguns fokus om te besit wat ander het en dikwels ook die wens dat hulle dit verloor.
Die positiewe kant van jaloesie
Soos die meeste emosies, het jaloesie 'n positiewe en negatiewe kant. Daar is 'n gebalanseerde jaloesie wat 'n bewys is van die liefdevolle verbondsverhouding in die huwelik. Ek beskerm my maat teenoor 'n oortreder.
God is so jaloers op ons liefde wat Hy Homself selfs noem by die naam Jaloers (sien Eksodus 34:14). Verder praat Jakobus 4:5 van die jaloesie van die Heilige Gees soos Hy smag na ons onverdeelde lojaliteite.
Die gees van Afguns
Daar word soms gepraat van afguns wat verterend kan wees be consumed/green with envy, be eaten up with jealousy. Iemand word as te ware deur onbillike, irrasionele jaloesie opgevreet. Ek onthou so 'n oom en tannie wat ek moes help, sonder baie sukses. Die oom het na oor die 50 jaar se getroude lewe, skielik irrasioneel jaloers geraak op sy vrou. Eerder om haar liefde te koester het hy sy vrou aangeval en van hom af weggedryf. Toe sy noodwendig afsydig raak, is dit sy bewys van haar ontrouheid en regverdiging van sy jaloesie. Dis 'n demoniese gees wat van mens besit neem!
14As julle bitter jaloers is en selfsugtige ambisie in julle harte het, moenie dan spog dat julle wysheid het nie. Dis om teen die waarheid in te lieg! 15Jaloesie en selfsug is nie wysheid wat van God af kom nie. Dit is eerder aards, tipies van iemand se sondige natuur. Eintlik is dit demonies, 16want waar jaloesie en selfsugtige ambisie is, dáár sal jy ook wanorde en allerhande gemene dade kry.[2] (James. 3:14-17).
Watter soort oorgang sal 'n persoon in sy verstandelike raamwerk moet maak om tot die gevolgtrekking te kom dat sy ouer broer die Skepper van die heelal is? Die oorgang was so groot dat sy broers dit amper nie gemaak het nie. Jesus het hulle in Sy genade gehelp deur persoonlik na Sy opstanding te verskyn aan die halfbroer wat die naaste aan Hom was (sien 1 Korintiërs 15:7) Uiteindelik is dit hierdie einste broed wat afguns en jaloesie so goed verstaan en homself in die aanhef van sy brief as bondslaaf van Christus beskryf.
DIe Metodiek van 'n persoon met afguns in sy of haar hart.
1) Word soos 'n kind, vriend, hegte medewerker
2) Maak hulleself onombeerlik/afhanklik
3) Vertrou op natuurlike talente
4) Eiegeregtig
5) Vind en ontbloot foute en gebreke met wettige leierskap
6) Leuens, bedrog, familiariteit
7) Selfaangestelde, selfverhewe, aanspraak maak. (Entitlement)
8) Selfsugtige ambisie, vs tevredenheid, elke goeie geskenk is van bo, dit word gegee. As God dit nie gee nie, moet dit nie besit word nie.
Self gesentreerde Persoonlike Ambisie
Afguns se energie word gegenereer uit 'n selfsoekende hart van persoonlike ambisie.
"ek is tweede, maar streef daarna om eerste te wees"
Jakob het hierdie strewe gehad wat uiteindelik met God geworstel het, en toe die Here hom oorrompel sy naam verander na Israel. (Gen 32:22-32)
Ambisie is nodig na opdrag van God ontvang is. Persoonlike ambisie stel hulleself aan. Persoonlike ambisie sal nie eers raaksien hoe hulle op ander trap om bo uit te kom nie.
"Do not go if not sent, and do not help when not asked" Jan Oosthuizen
Bly in jou bepaalde BAAN.
20Gaan dus voort soos julle was toe God julle geroep het. 21Is jy ’n slaaf? Moet jou nie daaroor verknies nie – maar as jy wel jou vryheid kan verkry, gryp die geleentheid beslis aan. 22En onthou, alhoewel jy ’n slaaf was toe die Here jou geroep het, het jy ’n vrygemaakte van die Here geword; en omgekeerd, as jy vry was toe jy geroep is, het jy ’n slaaf van Christus geword. 23God het julle teen ’n duur prys gekoop! Moenie slawe van mense word nie. 24Dus, liewe broers en susters*, in watter situasie julle ook al was toe God julle geroep het – gaan daarmee voort, en bly bewus van God se teenwoordigheid in jou lewe. [3] 1 Cor 7:20-24
Twis en wedywering tussen familie lede.
Moet altyd gelyke voordeel ontvang om jou broer of suster ongelukkig te vertel wanneer iemand geseënd is Ons is nie gelyk nie – gee talente aan elkeen "volgens sy eie vermoë" (Matt. 25:15).
Hoe sal ons leer om afguns te oorkom as ons nie die geleentheid gegun word om gelukkig te wees dat ons broer 'n groter seën ontvang nie.
Abraham is so vol geloofsvertroue in God se teenwoordigheid, dat hy bereid is die slegte minder natuurlike produktiewe grond te kies. God sal uiteindelik uit die slegter grond hom nog steeds uitermatig seën! Abraham se vertroue was in God, en Lot se vertroue in die grond.
Daarom sê Abram vir Lot: "Laat daar asseblief geen twis tussen jou en my en tussen my veewagters en jou veewagters wees nie; want ons is broeders. Is die hele land nie voor jou nie? Skei asseblief van my af. As u links neem, sal ek na regs gaan; of, as jy na regs gaan, dan sal ek na links gaan."En Lot het sy oë opgehef en die hele Jordaanvlakte gesien, dat dit oral goed natgemaak was (voordat die HERE Sodom en Gomorra vernietig het) soos die tuin van die HERE, soos Egipteland terwyl julle na Zoar toe gaan. Toe kies Lot vir homself die hele vlakte van Jordanië, en Lot reis ooswaarts. En hulle het van mekaar geskei. Gen 13:8-11
Sommige preek en bedien vanuit die gees van AFGUNS & Twis
Sommige verkondig Christus inderdaad selfs van afguns en twis, en sommige ook uit welwillendheid: Eersgenoemde verkondig Christus uit selfsugtige ambisie, nie opreg nie, en veronderstel om verdrukking by my kettings te voeg; maar laasgenoemde uit liefde, wetende dat ek aangestel is vir die verdediging van die evangelie. Wat dan? Slegs dat Christus in alle opsigte, hetsy in voorgee of in waarheid, verkondig word; en hierin juig ek, ja, en sal juig. Fil 1:15-18
Mens sou dink afguns is net tussen sakelui, maar kan ook tussen kerke in die bediening hoogty geniet.
Doen GOED in die geheim
Mat 6:4; 18 Vas, Gebed en Aalmoese word in die geheim gedoen.
In die gelykenis van Matteus 20:1-16 vertel Jesus van 'n grondeienaar wat mans gehuur om 'n volle 12-uur dag te werk vir die loon van 'n denarius. Later in Die dag het hy uitgegaan en 'n ander groep aangestel wat vir nege gewerk het ure, dan nog 'n groep wat ses uur gewerk het, nog een wat drie uur gewerk, en uiteindelik nog 'n groep waarvoor slegs gewerk het een uur. En tog, aan die einde van die dag, het hy 'n denarius aan al die arbeiders, ongeag hoe lank hulle gewerk het.
Stel jou voor jy arbei jou vir 30 jaar getrou, skielik kom daar 'n nuwe bediening en behaal groot sukses in getalle of herlewing? Is jy bly daaroor of geafronteer?
A man with an evil eye hastens after riches, And does not consider that poverty will come upon him. Proverbs 28:22
Wat is die goddelike Teenmiddel van afguns?
Die gekruisigde Lewe
Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.(Gal 2:20)
1My hart is nie hoogmoedig nie, Here; en my oë is nie trots nie. Ek bemoei my nie met wat vir my te groot of te moeilik is nie. 2Maar ek het kalmte en rus gekry, soos ’n kindjie by sy moeder rus, so is my gemoed.[4] (Ps 32:1-2)
Dawid kom 'n paar keer in die vlees Saul se koningskap van hom afneem. Maar het keer op keer sy lojaliteit aan die Here en aan die koning bewys. Dit wat jy in die vlees oorwin moet jy in die vlees behou.
Vir die persoon wat in Jesus Christus gesterf het, en daagliks hom/haar self verloën soek nie meer die aansien van mense nie, want as God dan vir my is wie dan kan teen my wees. Strewe nie meer om "groot" dinge vir God te doen nie, maar net in gehoorsaamheid te doen dit waarvoor Hy ons begenadig!
Ware en opregte liefde:
die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, (1 Cor 13:4-5) As jy opreg lief is jou boeties en sussies is jy nie jaloers op wat hulle meer as jy kry nie. Jy is bly vir hulle!!
Sien die groter prentjie:
God red nie die mensdom deur een mens nie (Messias kompleks) Hy doen dit deur Sy liggaam. Elkeen het 'n bepaalde rol.
Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. (1 Cor 3:8) In die koninkryk is daar dus geen kompetisie nie!!
Vergenoegdheid
Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is. Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee. Phil 4:11,12
Tevredenheid is 'n innerlike genoegsaamheid van goddelike vrede ten spyte van uiterlike omstandighede. Vergenoegdheid is om te verstaan dat as ek nie tevrede is met wat ek het nie, ek nooit tevrede sal wees met wat ek wil hê nie.
Ons het dalk nie soveel nodig as wat ons dink nie. En ons is nie geregtig op ons "begeertes" nie. Vergenoegdheid vereis om te waardeer wat ons het.
Vergenoegdheid is nie dieselfde as om vir minder te skik nie. Dis die innerlike genoegsaamheid ten spyte van jou omstandighede. Jy erken en is dankbaar vir al die seëninge.
Een van die lesse wat ons gedwing word om in die lewe te leer, is om te leer om tevrede te wees. Op skool moet ons wiskunde leer of ons nou wil of nie. Dieselfde met vergenoegdheid, hoe vinniger ons leer, hoe beter!
Vergenoegdheid is nie wat ons dink dit is nie, en ons kan dit ook nie namaak nie. Dit moet 'n genadewerk in ons lewens wees. Ons moet die beloftes van God leer ken wat tot tevredenheid lei. Ons moet weet hoe om saam te werk met die Heilige Gees wat tevredenheid in ons lewens as gelowiges inwerk. Anders kan die Christelike ervaring een groot frustrasie wees!
Wat is die resultate van tevredenheid?
· Alhoewel dit onmoontlik mag lyk, is God se kinders in staat om tevredenheid te hê in die moeilikste omstandighede. Hier is 'n paar voorbeelde in die Bybel.
· Blydskap selfs wanneer daar nie aan verwagtinge voldoen word nie (Habakuk 3:17-18)
· Blydskap wanneer hulle vervolg word (Hand 5:41)
· Om lofliedere tot God te sing, selfs wanneer hy geslaan en in die tronk gegooi word (Handelinge 16:23-25)
· Met blydskap aanvaar dat eiendom gekonfiskeer word (Hebreërs 10:34)
· Blydskap wanneer jy vir Christus ly (1 Petrus 4:12-13)
Wees tevrede:
· Met godsaligheid is groot wins: Ps 37:16; 1Ti 6:6.
· In hulle onderskeie roepings: 1 Co 7:20.
· Met jou bepaalde salaris: Lu 3:14.
· Met wat julle het: Heb 13:5.
· Met kos en klere: 1Ti 6:8.
'n ontevrede man is nooit ryk nie, en 'n tevrede man is altyd ryk. Prediker 5:10
MANIERE HOE ONS KAN LEER OM TEVREDE TE WEES:
· Spandeer tyd aan God, familie en vriende - LIEFDE Leer om lief te hê. Psalm 128:5-6
· Waardeer wat ons het en leer om te GEE
· Handhawing van 'n optimistiese uitkyk - GELOOF
· Weet wat jou roeping is - ROEPING
· Lewe in die oomblik - GENADE
[1] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling. Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006. Print.