Die een karakter eienskap waarsonder ons samelewing nie kan bestaan nie.

In 'n samelewing waar "betroubaarheid" ontbreek, is die sosiale landskap 'n dorre woestyn, waar wantroue soos sandkorrels deur elke interaksie sif. In hierdie gemeenskap fladder verhoudings soos papier in die wind—vlugtig en onvoorspelbaar, maklik verskeur deur die geringste twyfel.

Die een karakter eienskap waarsonder ons samelewing nie kan bestaan nie.

BETROUBAARHEID

33“Verder het julle gehoor dat daar vir ons voorouers gesê is: ‘Jy mag nie ’n vals eed aflê nie. Jy moet ’n eed wat jy voor die Here gesweer het, nakom.’34Maar Ek sê vir julle, julle moet glad nie sweer nie. As jy sê: ‘Ek sweer by die hemel,’ dan is dit nog steeds ’n heilige eed omdat die hemel God se troon is. 35As jy sê ‘by die aarde’, is dit heilig omdat die aarde ’n rusplek vir God se voet is. En as jy sê ‘by Jerusalem’, is dit heilig omdat Jerusalem die stad van God, die groot Koning, is. 36Moet selfs nie sê: ‘Ek sweer by my kop’ nie, want jy kan nie eers een haar daarvan wit of swart maak nie. 37Sorg dat julle ja altyd ja bly en julle nee altyd nee. Enigiets meer as dit is uit die bose.”[1] (Mat 5:33-37) 

In 'n samelewing waar "betroubaarheid" ontbreek, is die sosiale landskap 'n dorre woestyn, waar wantroue soos sandkorrels deur elke interaksie sif. In hierdie gemeenskap fladder verhoudings soos papier in die wind—vlugtig en onvoorspelbaar, maklik verskeur deur die geringste twyfel. Besighede en transaksies is soos huise gebou op moerasgrond, gereeld aan die wankel onder die gewig van skeptisisme en regsdispute. Persoonlike bande is so broos soos ryspapier, maklik deurboor deur die naalde van onsekerheid. Die regeringsinstellings staan soos verroeste beelde in 'n vergete park, eens trotse simbole van orde nou getuies van verval en korrupsie. Hierdie samelewing, gevange in 'n spiraal van chaos en wanorde, dien as 'n somber herinnering aan die noodsaaklikheid van betroubaarheid as die hoeksteen van enige gesonde gemeenskap.

Betroubaarheid is die fundamentele hoeksteen van 'n gesonde samelewing.

Die motorvervaardiger wat die meeste motors verkoop, is as gevolg van hulle jarelange reputasie van betroubaarheid. Daarom is ons ook nie geneig om ons koopkeuses vinnig te verander nie, want ons bly eerder getrou aan produkte wat ons weet betroubaar is.  Betroubaarheid is nou nog meer van belang want regering, finansiële en regs instellings en selfs die kerk is in die laaste dekade geskud deur skandes, korrupsie, en bedrog.  Die instellings wat ons dus veilig moes laat voel het, het ons gefaal. 

In die Ou Testament was dit algemeen om 'n eed te sweer as 'n manier om betroubaarheid en waarheid in uitsprake te waarborg (bv. Num. 30:2). Jesus bied 'n baie meer eenvoudige maar intens moeilike benadering.  

Jy moet geen eed sweer nie, laat jou ja eenvoudig jou ja wees. 

Jesus verbied dat dit nodig is om onder eed te sweer: hetsy by die hemel, die aarde, Jerusalem, of selfs jou eie kop. Hy doen dit omdat:

Die hemeltroon verteenwoordig God se soewereiniteit en majesteit.

Die aarde is Sy  voetstoel, wat dui op God se teenwoordigheid en heerskappy oor die skepping.

Jerusalem: Die stad van die groot Koning, verwys na God se volk mense en manier van hoe Hy die wêreld orden en regeer. 

Jou kop: Beklemtoon menslike beperktheid: maar ook die sentrale bestuur sentrum van waar al ons dade ontstaan.  (Genesis 6:5; Jeremiah 17:9-10; Matthew 15:18-19; Mark 7:21-23; James 1:14-15; Proverbs 4:23; Matthew 5:28.) 

Hierdie vergelyking en beelde wys op God se invloed en regering sfeer.  God het die aarde deur Sy woord in 6 dae geskep.  Hy skep 'n nuwe Jerusalem Sy liggaam en Sy kerk deur SY WOORD VLEES te laat word, en ons van ons sonde te verlos, deur sy Woord.  Hierdie is Jesus se eerste preek, sy eerste boodskap aan die mensdom, nadat hy 30 jaar gespandeer het om saam met die mens te leef en te werk. 

Mat 5 dien as die NT konstitusie en raamwerk van hoe Sy koninkryk funksioneer.   Koninkryk veronderstel hoe ons as samelewing onsself organiseer en saamwerk. Stel jou voor 'n groep families wat saam 'n kampuitstappie in die natuur onderneem. Vir 'n rukkie keer ons terug na 'n meer basiese manier van lewe. Wat gebeur eerste? Ons stel onderling reëls op oor hoe om die beperkte hulpbronne te bestuur en wie vir wat verantwoordelik sal wees. Betroubaarheid vorm die grondslag van ons almal se veiligheid en oorlewing.

Omdat mense so onbetroubaar geraak het; is daar nou baie meer pessimisme, agterdog en wantroue.  Dit bring mee dat ons interaksie met mekaar al hoe stadiger en gekompliseerd raak: ons moet nou eers kontrakte opstel, ons moet by die SAPS 'n verklaring gaan aflê, ons moet getuies inroep, ons moet instellings betaal om eksterne toetse te doen oor kwaliteit beheer, moet soms selfs leuenverklikker toetse laat doen!  Ons gee bestaansreg aan Reguleringsliggame: In besigheid en openbare dienste bestaan reguleringsliggame hoofsaaklik om eerlikheid en deursigtigheid te monitor, te verifieer en af te dwing.  Sou dit werklik nodig gewees het as ons almal net betroubaar by waarheid bly.  

Jesus se benadering is eenvoudig: Heilig die mens-tot-mens, van aangesig-tot-aangesig interaksie.  Elke mens wat in die beeld van God geskape is kyk mekaar in die oë en onderhandel met mekaar totdat 'n ooreenkoms bereik is - dan word daar 'n besluit geneem wat vir elkeen wederkerig reg en waar is. Hierdie interaksie is heilig en bindend! 

Hoekom hou ons nie by hierdie eenvoudige beginsel nie? 

Ons stryd om konsekwent by hierdie beginsel van "laat jou 'Ja' ja wees, en jou 'Nee' nee" te bly, soos in Matteus 5:37 uiteengesit, kan toegeskryf word aan 'n verskeidenheid menslike, sosiale, en kulturele faktore:

  1. Ons Pyn Filters vertroebel die realiteit: Ongelukkig skep ons seer en pyn filters in ons persepsie. Ons slaag dikwels nie daarin om presies oor te dra wat tussen twee mense besluit en ooreengekom is nie. Wanneer ons 'n interaksie oorvertel, kan dit gebeur dat ons die gebeure en gesprekke verdraai. Soms voeg ons inligting by, laat ons belangrike besonderhede weg, of oordryf of onderskat ons die oorspronklike ware intensies. 
  2. Menslike Natuur: Die menslike neiging om eie belange eerste te stel, kan lei tot selfbeskerming en manipulasie van die waarheid. Dit is dikwels makliker om 'n leuen te vertel of die waarheid te verdraai as om die moontlike negatiewe gevolge van eerlikheid in die gesig te staar.
  3. Sosiale Druk: In baie gevalle word mense deur hul sosiale omgewings beïnvloed. As die norm in 'n gemeenskap of organisasie is om die waarheid te buig om voordeel te trek of konflik te vermy, kan individue voel dat hulle moet aanpas om te oorleef of te floreer.
  4. Kulturele Norme: In sommige kulture word indirekte kommunikasie of die gebruik van oordrewe taal as meer beleefd of doeltreffend beskou. Dit kan lei tot 'n gewoonte van oordrywing of ontwyking eerder as eenvoudige, reguit kommunikasie.
  5. Vrees en Onsekerheid: Mense kan ook wegskram van direkte 'Ja' of 'Nee' antwoorde uit vrees vir konfrontasie, verwerping, of mislukking. Die onsekerheid oor hoe ander sal reageer, kan lei tot onduidelike of dubbelsinnige kommunikasie.
  6. Ons wil nie aanstoot gee nie: Ons praat eerder van die persoon as met die persoon. Ons analiseer gesprekke en maak afleidings sonder om die afleidings te verifieer.
  7. Ons wil nie gesig verloor nie: Die Bybel is duidelik: As jou broer teen jou sondig berispe hom... (Luk 17:3) Sodoende word innerlike wrokke gevorm, wat ons ingesteldheid teenoor mekaar beïnvloed. Vir ons om 'closure' te kry, moet ons leer om dinge uit te praat, en na 'n negatiewe gesprek dit weer op te volg, todat daar lig, restitusie en opregte berou is. Ons gee te gou op, om na 'n konflik gesprek, weer te probeer, todat daar lig is.
  8. Ek kan nie help wat ander mens dink of doen nie. Ek sal ook nooit weet of mense 100% eerlik is of nie. Daarom spandeer ek nie gedagte rakspasie om mense te probeer uitvang nie. "Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is." John 2:24-25

Om hierdie patrone te verander, vereis 'n diepgaande verskuiwing in persoonlike etiek, onderwys, en sosiale norme. Dit behels die bou van 'n kultuur waar eerlikheid en deursigtigheid gevier en aangemoedig word, selfs wanneer dit moeilik is. Hierdie strewe na waarheid is nie net 'n persoonlike reis nie, maar 'n kollektiewe onderneming wat ons almal aangaan.

Praat die waarheid—of, ten minste, moenie lieg nie

Jordan B. Peterson se reël oor die waarheid praat, wat in sy boek "12 Rules for Life: An Antidote to Chaos" gevind word, beklemtoon die belangrikheid van eerlike kommunikasie. Die reël, "Praat die waarheid—of, ten minste, moenie lieg nie," moedig individue aan om eerlik te kommunikeer en dink diep oor die vorming van jou woorde. Peterson voer aan dat waaragtige keuse van woorde fundamenteel is vir die bou van vertroue in verhoudings en die onderhoud van die sosiale weefsel. Hy stel voor dat selfs wanneer die waarheid tot korttermynkonflik of ongemak kan lei, die langtermynvoordele van 'n bestaan gebaseer op werklikheid diepgaande is, aangesien dit individue nader aan die orde van wese bring en hulle help om die lewe meer effektief te navigeer. Hierdie reël daag mense uit om die dikwels ongemaklike werklikheid van hul ervarings in die gesig te staar en hulself outentiek uit te druk, wat egte interaksies en persoonlike groei bevorder.

Hierdie absolute eerlike aanslag is nie maklik nie.  

"Thinking is difficult, that's why most people judge" Carl Jung 

As ons ernstig is oor die beginsel dat jou 'Ja' werklik 'ja' en jou 'Nee' werklik 'nee' moet wees, is dit noodsaaklik dat jy eers die koste daarvan bereken. Want nou maak ek dit vas, en kan nie teruggaan op my woord nie.  

Bly in die Jesus frekwensie

Woorde is soos om 'n sein/kode uit te stuur. Jesus se lewe, waardes, denke, gesindheid, gewoontes en karakter verteenwoordig 'n sekere frekwensie. In ander woorde, dis is om presies op noot te kan sing. Die klank weerklank en ego in ons binneste. Waarheid is nie 'n persepsie nie, dit is 'n persoon Sy naam is Jesus. Wanneer ons praat, soek ons om met Sy frekwensie te harmoniseer, sy woord en manier van dink te weerklank. Dawid skryf die langste psalm in die Bybel om God se woord, wil, wet, beginsels, riglyne, te besing. (Ps 119)

Matteus 12:36-37 waarsku dat elke ledige woord wat gespreek word, op die oordeelsdag verantwoord sal word; Efesiërs 4:29 beveel dat geen ongesonde woorde uit jou mond moet kom nie, maar slegs dit wat nuttig is om ander op te bou volgens hulle behoeftes; Jakobus 1:26 beklemtoon dat enigiemand wat hulself godvresend ag en nie 'n stywe teuel op hul tong hou nie, hulself bedrieg, en hul godsdiens is waardeloos.  

Elke woord is 'n kontrak en 'n eed! 

"Want deur Hom is alles geskape, wat in die hemele en wat op die aarde is, die sigbare en die onsigbare, of dit trone of heerskappye of owerhede of magte is; alles is deur Hom en tot Hom geskape." (Col 1:16)  Jesus verstaan hoe ons gemaak is, en hoe God ons geskape het - deur SY woord!  (Joh 1:1-12) Daarom moet ons ag slaan op elke woord, elke gedagte en hoe ons hierdie woorde leef.  

As Sy Woord nie absoluut betroubaar was nie, sou ons nooit die oortuiging van ons geloof gehad het om ons lewens daarop te bou nie.  Jesus het nie groot volumes en hoeveelheid woorde gespreek nie, inteendeel Hy het relatief min gesê. Tog kan jy jou lewe op elke sinnetjie baseer!  

Dit is hartseer om te sien hoe ouers se dissipline aan hulle kinders op dowe ore val. Hoe het dit gebeur dat die kinders die ouers se woorde nie erstig opneem nie?

JESUS Beligaam SY Woord

Jesus se denke, leefstyl, keuses, en woorde was een reguit lyn. Dit is wat Sy woorde soveel gesag gegee het. Hoeveel keer hoor jy 'n vrou in pyn aan haar man verklaar: "Jy is nie lief vir my nie!" Hoekom glo hierdie vrou nie die man se liefdesveklarings nie? Sy dade getuig nie van sy liefde nie. Die boom word aan sy vrugte geken! Matthew 12:33 Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Matthew 12:34

Jou dade is 'n preek, 'n waarheidsverklaring!

 


* *5:33 Lev 19:12; Num 30:2; Deut 23:21.

[1] Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling. Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006. Print.