Die Groeipad van die gelowige
Ontwaak tot Jesus Christus
Vanuit ʼn suiwer skriftuurlike perspektief: Het Jesus ooit ‘n appèl gemaak dat mense Hom moet aanbid? Nee, Hy het nie. Sy appèl oor en oor was: “Volg my.” (Mat 4:19; 8:22; 9:9; 10:38; 16:24; 19:21). Jesus soek dus nie ons admirasie nie, Hy soek ons gehoorsaamheid. Natuurlik is aanbidding ‘n belangrike deel van me geestelike lewe en groei, maar lofprysing is nie wat ons red nie. Lofprysing, aanbidding, godsdiens beoefening is nie ons middelaar nie, Jesus is.
Doop in Water
Doop is ’n baie kontroversiële onderwerp tussen Christene. Die een ding waaroor almal egter ooreenstem is die feit dat elke gelowige gedoop moet word, want daaroor is die Bybel baie duidelik. Die probleem is hoe en wanneer? Ons weet dat die kern van die evangelie handel oor die aflê van die ou mens, en die opneem in die geloof van jou nuwe Christus natuur. TOE sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg (Mat 16:24-25; Gal 2:20; Phil 3:18).
Doop in die Heilige Gees
Die wonderlike natuurlike voorsiening wat God gee word dikwels deur satan verdraai of vervals sodat ons dit verwerp. Uitgehonger aan God se liefde, koop ons dan makliker in tot die swak nabootsing wat satan ons aanbied. Ons as mens het almal ‘n geestelike spirituele honger.
Skakel met die liggaam
Redding kan nie in isolasie plaasvind nie. Jou ontmoeting met Jesus mag dalk 'n persoonlike gebeurtenis wees, maar selfs Paulus moes na sy bonatuurlik ontwaking tot wie Jesus werklik is, na reguit straat gaan om Ananias te ontmoet. Skakel en raak deel van die Familie: Die wese van kerkwees is die samekoms van gelowiges (Acts 2:42, 46). Die wese van hierdie samekoms is dat ons mekaar sal opbou, stig en versterk in bediening (Matt. 22:39; Acts 2:44-45; 1 Cor 14:26).
Leer die Wil/Woord van God
Mense dwaal omdat hulle nie die Woord van God ken of verstaan nie! Rus jouself toe vir bediening (Matt. 28:18-20, Acts 2:42). Bybelskool is nie net vir predikante en mense wat in voltydse diens staan nie. Elke volgeling van Jesus hoort deurgaans in ‘n Bybelskool. Selfs ons wat die Here al vir 'n geruime tyd dien, vergeet. Deur tyd in die Woord deur Bybelstudie te spandeer is die beste sielkunde vir jou siel!
Aanbid in Gees en in Waarheid
Nie almal wat sê Here Here, sal gered word nie! (Matthew 7:21-23) God is Gees en moet in Gees en waarheid aanbid word (Joh 4:35). Dit gaan nie oor die plek waar jy aanbid nie, maar die hart waarmee jy aanbid. Niemand wat God al ooit werklik beleef het, sal net met sy of haar hande langs hulle sye staan nie. Elkeen wat God al ooit van aangesig ontmoet of beleef het, het op die grond neer geval! Leer hoe die Here te Aanbid is Gebed en Lofprysing, en met ons daaglikse werk en lewenstyl. (Matt. 22:36-37, Acts 2:43, 47; Acts 2:42).
Lei iemand om ‘n volgeling van Jesus te word
Daar is niks wat mens so verkwik en versterk as die voorreg om iemand na die Here toe te lei nie. Lei iemand om ‘n volgeling van Jesus te word (Matt. 28:18-20, Acts 2:41, 47). Die motto in ons gemeente is: "word deur iemand gementor, en mentor jy ook iemand" Die vinnigste manier om geestelik te groei, is om ander te vertel en te getuig van jou redding!
Dien die gemeenskap met Jesus se lewe.
Dien die gemeenskap en Wêreld met Christus en help vorm gemeenskap na die beeld van Jesus Christus (Col. 1:28). Ons beklee ons soos Jesus, as diensknegte om ons families en gemeenskappe te dien met die Liefde van Jesus ons Here! "Find a need and heal it" Elkeen van ons het bepaalde genadegawes, waarmee ons die mensdom kan dien!