Die Heiligheid van die Huwelik Verbond

Heiligheid is HEMELS!! Heiligheid is wanneer ons reg leef met mekaar, met onsself, ons naaste en Die Here!! 'n Goddelike wêreld van gesonde vervullende verhoudinge.  

Die Heiligheid van die Huwelik Verbond

Wanneer die meeste mense die woord 'HEILIG' hoor dink hulle aan preutse geveinsde vals godsdienstige vroomheid.  Ek glo nie dit is wat die Here in gedagte gehad het toe Hy sy kinders die opdrag gee: Julle totale leefstyl moet nou heilig wees, soos God heilig is – Hy wat julle Sy kinders noem. Hy het immers self gesê: “Wees heilig, want Ék is heilig!” (1 Pet 1:16 verwys na Lev 11:44) [1]

Nuwe definisie van heiligheid: 

Heiligheid vanuit God se perspektief is: Die harmonieuse eenwording en wisselwerking tussen ons en die Godheid en met mekaar.  (Joh 17:21) In die Bybel word heiligheid beskryf as iets wat volkome geskei en suiwer is van enige vorm van sondigheid of onreinheid. God self is absoluut heilig (Jesaja 6:3; Openbaring 4:8) en Hy roep Sy volk op om ook heilig te wees soos Hy heilig is (1 Petrus 1:16). Heiligheid word nie net aangetoon deur 'n afwesigheid van sonde nie, maar ook deur 'n toegewyde en aparte lewe wat in ooreenstemming is met God se wil en karakter. Dit manifesteer in 'n lewe van geregtigheid, liefde, en 'n verhouding van aanbidding en gehoorsaamheid aan God. Die ervaring van heiligheid bring 'n diepe innerlike vrede, vreugde en 'n gevoel van volkome aanvaarding en nabyheid by God. Visueel kan dit weerspieël word in 'n lewe wat gevul is met die vrug van die Gees - liefde, vreugde, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing (Galasiërs 5:22-23). Heiligheid is nie net 'n toestand nie, maar 'n roeping wat ons aanspoor om elke aspek van ons lewens, insluitende ons gedagtes, woorde en dade, aan God te wy.

In kort: Heiligheid is HEMELS!! Heiligheid is wanneer ons reg leef met mekaar, met onsself, ons naaste en Die Here!! 'n Goddelike wêreld van gesonde vervullende verhoudinge.  

Heiligheid is nie 'n destinasie nie, dit is ons nuwe DNS van regleef vanuit Sy teenwoordigheid en Genade!

Heiligheid = Teenwoordigheid van God

Natuurlik is die teenoorgestelde van Heiligheid - Sondigheid. Sonde verwoes verhoudings en lewens! Mense wat vir mekaar lief is en trou aan mekaar beloof skei omdat hulle nie meer met die sonde in mekaar kan saamleef nie! Owerspel, kommunikasie, manipulasie, emosionele ontabiliteit, misbruik, verwaarlosing, onvergifnis, selfsug, finansiële onverantwoordelikheid, gierigheid, oneerlikheid, woede en gebrek aan beheersing, verslawing, gebrek aan respek, en morele onverskilligheid verwoes huwelike!

Heiligheid in die Huwelik

Dit beteken dat HEILIGHEID eerste sy goddelike uitdrukking in ons Huwelik en Gesinslewe moet verkry!! Die gesin is die eerste boublok van waar God Sy heiligheid wil vestig, en dit begin in die huwelik.  Wanneer 'n man en vrou hulle huwelikslewe in heiligheid vervul, word die huwelik die vaste fondament van geslagte se regleef wat daaruit voortspruit. 

And here’s a second offense: You fill the place of worship with your whining and sniveling because you don’t get what you want from God. Do you know why? Simple. Because God was there as a witness when you spoke your marriage vows to your young bride, and now you’ve broken those vows, broken the faith-bond with your vowed companion, your covenant wife. God, not you, made marriage. His Spirit inhabits even the smallest details of marriage. And what does he want from marriage? Children of God, that’s what. So guard the spirit of marriage within you. Don’t cheat on your spouse. 16 “I hate divorce,” says the God of Israel. God-of-the-Angel-Armies says, “I hate the violent dismembering of the ‘one flesh’ of marriage.” So watch yourselves. Don’t let your guard down. Don’t cheat.[2] Malachi 2:15-16

Deursigtigheid

'n Ander manier om ook na Heiligheid te kyk is - deursigtigheid. Niks is geheim nie! Niks is streng privaat, wat jou maat uitsluit nie. Ons hou ons lewe oop en deursigtig sonder geheime. Goed wat ons wegsteek in die donker gee dikwels die duiwel houvas in ons lewens.

Dit is ook hoe ek en Chantal huweliksberading doen. Ons beskou die huwelik as 'n heilige, private, toegemaakte heiligdom. Ons kan help, maar soos 'n chirurg 'n operasie sou doen, in die steriele omgewing van die hospitaal teater. Die berading kamer word dan soos 'n geestelike teater, waar ons sake bespreek dit hanteer en daar probeer oplos. Ons kan nie hierdie sake met ander mense bespreek sonder die toestemming van beide partye nie, want die huwelik is heilig.

Dit is presies hoekom ons die volgende aspekte uitwys, as areas waarin daar algehele samewerking, deursigtigheid en openhartigheid moet wees.

Hoe verkry ons HEILIGE Huwelikslewe? 

Soos 'n ritssluiter verskillende skakels het wat perfek in mekaar pas, so het die daaglikse huwelikslewe verskillende fasette wat geheilig moet word om 'n harmonieuse en vervullende verhouding te verseker. 

1. Intellektuele Konneksie

Ons gedagtes en die intellektuele band wat ons met ons maat deel, is die basis van ons verhouding. Dit behels openlike en eerlike kommunikasie, en die deel van idees en drome.  Om intellektueel lekker te gesels, moet beide partye te minste goed ingelig wees oor die onderwerp, en daarin belangstel.  Lees soms dieselfde boek, en gesels daaroor. Stel belang in mekaar se denkwêreld sonder oordeel.  

Ons bedoel nie hier akademiese intellektualisme nie.  Dit het ook nie te doen met ons Intelligensie Kwosiënt (IK) nie.  Dit gaan hier oor 'n bepaalde REGDINK.  Waarheid is gebalanseerd, spesifiek, prakties, volhoubaar, aantreklik, onaanvegbaar, en goed vir almal.  Wanneer ons gesprekke 'n dialoog word om hierdie bepaalde regdink te verkry met betrekking tot sakeondernemings, regering, opvoeding, veiligheid, gesondheid, en ontspanning word dit 'n baie stimulerende ondersoek bevredigend tot beide partye.  

Ons liefdes verhouding het begin deur lang deurdringende gesprekke. 'n verhouding word in stand gehou deur diep betekenisvolle gesprekke van begrip en aanvaarding.  

"As a man thinks in his heart so is he." (Prov 23:7)

" Julle moet op ’n nuwe, geestelike manier leer dink."  (Eph 4:23)

  1. Lees van tyd tot tyd dieselfde boeke, en Youtube Sprekers waarvan beide hou. Bv. Dr Jordan B Peterson; Henry Cloud; John Lennox; CS Lewis; Peter Kreeft.
  2. Stel belang in mekaar se studieveld, vra vrae.
  3. Deel dieselfde mentors, en hulle insette met mekaar.
12 Rules for Life: An Antidote to Chaos - Kindle edition by Peterson, Jordan B.. Politics & Social Sciences Kindle eBooks @ Amazon.com.
12 Rules for Life: An Antidote to Chaos - Kindle edition by Peterson, Jordan B.. Download it once and read it on your Kindle device, PC, phones or tablets. Use features like bookmarks, note taking and highlighting while reading 12 Rules for Life: An Antidote to Chaos.
MERE CHRISTIANITY (Timeless Wisdom Collection Book 1000) - Kindle edition by LEWIS, C.S.. Religion & Spirituality Kindle eBooks @ Amazon.com.
MERE CHRISTIANITY (Timeless Wisdom Collection Book 1000) - Kindle edition by LEWIS, C.S.. Download it once and read it on your Kindle device, PC, phones or tablets. Use features like bookmarks, note taking and highlighting while reading MERE CHRISTIANITY (Timeless Wisdom Collection Book 1000).
Amazon.com

Three Philosophies of Life: Ecclesiastes, Job, and Song of Songs - Peter Kreeft

2. Finansiële Konneksie 

God stel belang in hoe ons ons geld verdien en spandeer. Elke persoon in die huwelik moet 'n bydrae lewer en daar moet deursigtigheid wees in finansiële sake. Gierigheid en begeerte kan die vrede en heiligheid van 'n huwelik bedreig.  Doen saam finansiële beplanning, en maak beide 'n bydrae tot inkomste bronne.  

Finansiële welvaart is bepalend tot so baie dinge.  Ons kan soveel meer doen, as ons meer geld het. Geld is egter 'n "amplifyer".  Hoe jy getrou is in die geringe so gaan jy optree wanneer jy baie het.  Daarom behoort beide partye, asook die res van die gesin "geld slim" te raak. Saam boeke te lees, en saam klein entrepreneurskap idees uit te voer. Mens leer in die doen.  Familie besighede is bewys die beste en volhoubare tipe besighede te wees onder die son[3].  Build an "Impire of Benevolence" wat 'n seën is vir die wêreld! 

"Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. En sommige mense wat geld begeer, het weggedwaal van die geloof en hulleself met baie ellende deurboor." (1 Tim 6:0)

"Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou" (Heb 13:5)

Sien 

CROWN Financial Ministries

[DISCONTINUED] – SOLD OUT Business Secrets from the Bible: Spiritual Success Strategies for Financial Abundance (1st Edition) | Rabbi Daniel Lapin
CLOSEOUT ON THE FIRST EDITION! Limited supply. Pick up your copy while supplies last. (2nd edition is now available) Demonstrates how earnings and profits are God’s reward for forming relationships with others and serving them Stresses the importance of service, sharing, change, leadership, and creating boundaries and structures Encourages readers to focus on other people’s desires and teaches why and how to make connections with many people Suggests ways for readers to transform themselves and continue toward success even in the face of fear and uncertainty Also available as an audio book on Audible.
  1. Doen saam 'n begroting
  2. Deel dieselfde Rekening, met beide tekenmagte as julle hoof bedryfsrekening
  3. Sien saam 'n finansiële adviseur
  4. Maak seker julle Testament is in orde, en dat elkeen weet waar is julle dokumentasie leêr.
  5. Stel kort, medium en lang termyn finansiële doelwitte, en ondersteun mekaar se onderskeie begeertes.

3. Emosionele Konneksie

Diep en betekenisvolle kommunikasie sonder geheime of prosesse wat die ander maat uitsluit, is noodsaaklik vir 'n gesonde huwelik. Vertroue en eerlikheid bou emosionele intimiteit.  Dis uiters moeilik om jou maat se swaarkry op emosionele gebied te probeer verstaan. Let wel verstaan, nie probeer oplos nie. Luister, Luister en Luister weer. 

Oom Tom Ferreira het een aand tydens een van die spesiale geleenthede waar ons as mans 'n jongman wat op trou staan saam bedien het die volgende vertel, wat my altyd sal bybly: "'n vrou is soos 'n blom, en dit 'n man se voorreg om te leer om haar te laat oopvou, en haarself gee.  Is ons harte veilig by mekaar? Is ons 100% lojaal aan mekaar?  Deesdae hoor mense so baie van "Abuse" in huwelike! Jesus sal nooit sy bruid ABUSE nie!! 

Dr William F Harley het hy jare gesukkel om huwelike te help, totdat hy uiteindelik besef het alle verhoudings begin met Romantiese Verliefdheid. Die eerste tree om jou huwelik te red, is om weer verlief te raak op jou maat, weer en weer. [4]

" Gevolglik moet julle ophou leuens vertel en die waarheid teenoor mekaar praat." (Eph 4:25) Ephesiërs 5:21-33 is die beste Bybelse Raamwerk en Goddelike Ideaal vir die Huwelik. Bestudeer hierdie gedeelte biddend oor en oor, en laat toe dat die Heilige Gees julle in die waarheid lei.  Dit beskryf onder andere die man se hoogste emosionele behoefte naamlik - eerbeid en respek.  Asook, die vrou se hoogste emosionele behoefte naamlik - opregte liefde.  As ons hierdie geheimenis in ons huwelik leer verstaan, sal dit dieper eenwording te weeg bring.  

  1. Luister, luister, luister! Dis 'n kuns om te bemeester.
  2. Doen saam 'n kommunikasie en konflik hantering kursus.
  3. Maak weeklikse afsprake vir lekker gesels tye, sonder enige oordele.
Amazon.com: Changes That Heal: Four Practical Steps to a Happier, Healthier You eBook : Cloud, Henry: Kindle Store
Amazon.com: Changes That Heal: Four Practical Steps to a Happier, Healthier You eBook : Cloud, Henry: Kindle Store

4. Liggaamlike Gesondheid

Fisiese gesondheid is belangrik om ons liggame te heilig. Ons moet na onsself omsien sodat ons op ons oudag nie 'n las vir ons maat is nie.  Die langste studie oor geluk, bekend as die Harvard Study of Adult Development, het oor meer as 80 jaar gevolg wat mense regtig gelukkig maak. Volgens hierdie studie is goeie fisiese gesondheid noodsaaklik vir geluk, maar dit beklemtoon ook die belangrikheid van sterk, positiewe verhoudings. Sterk verhoudings bevorder nie net beter geestelike en fisiese gesondheid nie, maar beskerm ook teen die negatiewe impakte van eensaamheid. Kwaliteit van verhoudings, hoe ons stres hanteer, en 'n gelukkige kinderjare speel almal 'n belangrike rol in ons lewensvervulling.[5]  

"Of weet julle nie dat julle liggaam 'n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is nie?" (1 Cor 6:19)

"Want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit." (Eph 5:29)

  1. Behoort saam 'n gimnasium, of stap program.
  2. Deel 'n dieet plan

5. Sosiale Verbintenisse

Ons vriendekring en sosiale verbintenisse moet heilig wees, met geen sielsverbintenisse buite die huwelik nie. Vriendskappe met die teenoorgestelde geslag moet grense hê om die huwelik te beskerm.  Ons is die somtotaal van die mense met wie ons die meeste tyd spandeer.  Onthou "you will naturally bond with the person you spend most time with"!! Daarom moet ons probeer om jou lewensmaat te betrek in alle vriendskappe en verbintenisse.  Deel een FB en Instagram account.  Kuier saam by vriende. Sekerlik is daar tyd vir vriende van die dieselfde geslag, maar nie bo tyd met mekaar nie! Kies vriende wat jou optrek, en uitdaag om dieper en hoër in jou geloof te ontwikkel.  

Sien die kragtige boek "The Power of the OTHER" deur die bekende skrywer en Bybelse Gefundeerde Sielkundige Dr Henry Cloud. [6]

"Julle sal skoon lewe in ’n wêreld vol oneerlike en perverse mense. Skyn in hierdie donker wêreld soos helder sterre" (Phil 2:15) 

"Vermy alle slegte geselskap." (1 Cor 15:33)

Amazon.com: The Power of the Other: The startling effect other people have on you, from the boardroom to the bedroom and beyond-and what to do about it eBook : Cloud, Henry: Kindle Store
The Power of the Other: The startling effect other people have on you, from the boardroom to the bedroom and beyond-and what to do about it - Kindle edition by Cloud, Henry. Download it once and read it on your Kindle device, PC, phones or tablets. Use features like bookmarks, note taking and highlighting while reading The Power of the Other: The startling effect other people have on you, from the boardroom to the bedroom and beyond-and what to do about it.

6. Geestelike Konneksie

Die geestelike band tussen gades is die fondament van 'n heilige huwelik. Ons moet God eerste liefhê en ons vervulling in Hom vind. Geestelike groei lei tot volwassenheid in Christus.  Die grootste fout wat mens kan maak in die huwelik is om apart van mekaar geestelike groei aktiwiteit aan deel te neem.  Van tyd tot tyd kan mens 'n mannekamp of vrouekamp bywoon, maar dis altyd beter om saam te ontwikkel. Saam aan dieselfde gemeente te behoort, en saam aan alles deel te neem! Geestelike gebeure is gewoonlik baie subjektief. Dis baie moeilik om vir my maat te laat voel, wat ek gevoel het tydens 'n spesifieke diens. Daarom moet ons die Here in mekaar vertrou, en sal mens apart ontwikkel, maar ons is tog met dieselfde Heilige Gees besig.  Daar is so baie geestelike winde wat tans in die kerke wêreld waai, probeer om saam in dieselfde rigting, vanuit dieselfde spirituele grondslag te werk.  Teologiese leerstellige verskille, bemoeilik volkome eenwording.  Bly groei, ontdek saam, leer saam en laat toe dat die Here julle verander na Sy beeld in Jesus Christus. 

Geestelike eenheid is die mees belangrikste van al hierdie aspekte, omdat die Here ons altyd eerste geestelik aanraak en diep in ons harte verander.  Ek kan getuig dat verskeie vriende wat ons ken, al beleef het hoe die Here een of albei van die huweliksmaat in besonder aanraak, en hoe hierdie verdieping letterlik al die ander areas genees! 

"Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid." (Mat  6:33)

"Ons almal moet in alle opsigte opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus." (Eph 4:15)

https://a.co/d/hL8tVDv

7. Seksuele Intimiteit

Seksuele intimiteit is die vrug van 'n gesonde huwelik en moet binne die raamwerk van gemaklikheid vir beide partye plaasvind. Dit is 'n barometer van hoe volwasse en heilig ons in die ander areas funksioneer. Gesonde Seksuele Intimiteit is God se teenmiddel teen seksuele immoraliteit.  "maar weens die gevare van onsedelikheid behoort elke man sy eie vrou te hê en elke vrou haar eie man" (1 Cor 7:2) 

Daar is soms fisieke en kompleks emosionele redes hoekom huweliksmaats nie mekaar kan bevredig nie. Indien dit wel die geval is, moet mense soos in al die ander aspekte wat bepreek is, in daardie area professionele hulp kry.  Soms moet daar ook bevryding plaasvind. Wat ons leef tans in 'n wêreld wye seksuele revolusie, waar die Bybelse Fundering van seksualiteit, geslag, en oriëntasie bevraagteken word.  Sien die volledige AANLYN BYBELSKOOL oor hierdie onderwerp: THE CULTURE WAR

Ons generasie is so ver verwyder van gesonde gemaklike verruklike diep intimiteit dat ons dink ons het allerhande hulpmiddels nodig om bevrediging te kry. Die woord vir God se glorieryke teenwoordigheid is shikinah - wat oa. ekstase beteken. Seksuele intimiteit se hoogste soeke is nie 'n orgasme nie, maar 'n diepe liggaam, siel en gees eenwording.

Sien Rob Bell se uitstekende boek: Sex God: Exploring the Endless Questions Between Spirituality and Sexuality. [7]

" Respekteer die huwelik in alle omstandighede. Wees getrou aan julle huweliksmaats. God sal almal wat immoreel lewe en in die huwelik ontrou is, in die oordeel bring." (Heb 13:4)

"Die eggenoot behoort nie sy vrou seksuele intimiteit te ontsê nie. Dit is haar reg as getroude vrou. Net so moet die vrou ook nie haar man hierdie intimiteit ontsê nie" (1 Cor  7:3)


[1] Alle verwysings in hierdie Webjoernaal is van die Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling. Christelike Uitgewersmaatskappy, 2006.

[2] Peterson, Eugene H. The Message: The Bible in Contemporary Language. Colorado Springs, CO: NavPress, 2005. Print.

[3] "Healing Capitalism: Five Years in the Life of Business, Finance, and Corporate Responsibility" by Bruno Roche and Jay Jakub, published in 2016. Bruno Roche is the Chief Economist and Global Head of Strategy for Mars, Incorporated, and the book explores new ways to rethink and reshape capitalism to foster sustainability, responsibility, and long-term value creation for businesses and society. https://eom.foundation/publications/

[4] Five Steps to Romantic Love: A Workbook for Readers of His Needs, Her Needs and Love. BY Willard F Harley https://www.amazon.com/dp/0800733584?ref_=cm_sw_r_cp_ud_dp_WPEDY0QC8621S66V0GE1

[5] https://news.harvard.edu/gazette/story/2017/04/over-nearly-80-years-harvard-study-has-been-showing-how-to-live-a-healthy-and-happy-life/

[6] The Power of the Other: The startling effect other people have on you, from the boardroom to the bedroom and beyond-and what to do about it. By Dr Henry Cloud https://www.amazon.com/dp/B013PI79XE?ref_=cm_sw_r_cp_ud_dp_AA72SP1DT26CXVCYE1GP

[7] Sex God: Exploring the Endless Questions Between Spirituality and Sexuality by Rob Bell.  https://www.amazon.com/dp/B007JE7Q6Q?ref_=cm_sw_r_cp_ud_dp_99F07SD1TRVN85MVP5A1

HULPBRONNE vir die Huwelik

A Biblical Portrait of Marriage

Laugh Your Way Store
Home
The Gottman Institute. A research-based approach to relationships. Explore our resources and tools developed by Drs. John and Julie Gottman.
Understand Myself - Understand Myself