Die oorwinning wat die wêreld oorwin het  - ons geloof

Die oorwinning wat die wêreld oorwin het  - ons geloof

dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof. 1 John 5:4 

Ons leef in ’n tyd van groot vertwyfeling en skeptisisme. Alles word bevraagteken – van ons geloofsoortuigings tot die basiese waarhede wat eens onwrikbaar was. Mense weet nie meer waarin of in watter god om te glo nie. Ons persepsie van die toekoms, van die klimaat, ons finansiële beleggings, volhoubare inkomste en gesondheid is omring deur onsekerheid. Dit is die subtiele, eeue-oue strategie van die vyand: hoe meer ons twyfel, hoe minder waag ons, hoe minder gee ons, en hoe minder leef ons ons skeppingsdoel uit. As hy ons kan verhinder om die doel waarvoor ons geskep is, na te jaag, het hy sy missie volbring. Twyfel verlam, maar geloof bevry ons om ten volle in God se wil te wandel en ons doel in hierdie wêreld uit te leef.

Nie alle skeptisisme is verkeerd nie, mens moet vrae vra, maar jy kan nie skepties bly nie, iewers moet jy deur jou ondersoek by 'n bepaalde waarheid uitkom, en besluit of jy in God glo of nie.  "Make up your mind" 

Daar is net EEN manier om in hierdie lewe in oorwinning te lewe - dit is deur die geloof!!

Die mees suksesvolle sakepersone, atlete, boere is mense van groot GELOOF!
Vrees verlam ’n mens.
Jy kan nie op ’n mens reken wat twyfel nie.
Ongeloof is deppresief en negatief.

Ons oorwinning in die lewe, oor sonde en omstandighede, is deur geloof. Om swak in geloof te wees, is dus 'n geleentheid vir sonde om in te sluip. Om 'n oorwinnende lewe op alle vlakke te leef, moet ons vol geloof bly. Geloof is 'n heilige oortuiging van 'n hemelse werklikheid.

Sien is glo 

Ongelukkig is dit hoe geloof werk.  Wanneer jy iets sien werk, glo jy.  Die meeste mense wil daarom eers sien en dan sal hulle glo.   Die Bybel leer 'n ander tipe van geloof, ook gegrond op wat jy sien, maar hierdie sien is 'n geestelike sien. Die oë van jou verstand en gemoed het oopgegaan vir die onsienlike dinge.  (2 Cor 4:18) 

" Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie." (Heb 11:3) Volgens hierdie vers kom geloof voor verstaan.   Ons wil eers verstaan en dan glo.  Dit is die toppunt van arrogansie, dat ons ons eie beperkte rede as die finale regter van waarheid stel.  Slim mense erken dat hoe meer ek weet, hoe meer kom ek onder die oortuiging hoe min ek weet. 

Die man aan die kruis, Paulus, Petrus, Thomas, en miljoene mense na hulle het GESIEN Jesus is 'n werklikheid, en tot geloof gekom.  

Die meeste mense word deur hulle gevoelens mislei.  Hulle voel nou so, en dan netnou voel hulle weer iets anders.  Ek voel siek, moeg, lam... Die Here roep ons tot 'n hoër vlak van bestaan.  Ons glo eers, dan volg gevoelens en gedagtes!  

Dr Andre Pelser het dikwels vir homself sy geloofs oortuigings uitgespreek: 

·      Deur die geloof het ek redding ontvang en is ek reg met God
·      Deur die geloof glo ek dat die wêreld deur God geskep is  
·      Deur die geloof verkry ek 'n goeie getuienis by God en mens
·      Deur die geloof sal my woorde vervul word 
·      Deur die geloof beskou sien ek myself een met Christus Jesus
·      Deur die geloof maak God ’n weg vir my waar daar geen weg is nie  
·      Deur die geloof voorsien God in alles wat ek nodig het om Sy wil te doen
·      Deur die geloof is my geliefdes versorg  
·      Deur die geloof in Jesus Christus erf is ek Sy mede erfgenaam
·      Deur die geloof werk God in my om beide om te wil en te werk volgens Sy goeie voorneme  
·      Deur die geloof gee die Here my die begeertes van my hart
·      Deur die geloof ontvang ek waarvoor   
·      Deur geloof sal niks onmoontlik wees nie  
·      Deur geloof sal dit wees volgens wat ons glo  
·      Deur geloof verheug ons ons in wat ons glo  
·      Deur geloof het ons die versekering van dit waarop ons hoop  
·      Deur geloof het ons die bewys van dinge wat ons nie kan sien nie  
·      Deur geloof behaag ons God, en Hy beloon ons  
·      Deur geloof oorwin ons hierdie wêreld en die dinge van hierdie wêreld  
·      Deur geloof verdra ons alle dinge  
·      Deur geloof wandel ons elke dag en nie deur wat ons sien nie  
·      Deur geloof is ons altyd vol vertroue omdat God ons voorberei het vir alles  
·      Deur geloof is ons die geregtigheid van God in Christus Jesus  
·      Deur geloof staan ons en hou aan staan op die beloftes van God.

Ware geloof is 'n geskenk

“Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.”(Ephesians 2:8)

Die boek "The Real Faith" deur Charles S. Price verduidelik hoe geloof nie 'n produk is van menslike verstand of wilskrag nie, maar eerder 'n gawe van God wat in ons harte geplant word. Price beskou geloof as 'n vrug wat deur die Heilige Gees voortgebring word, en hy beklemtoon dat ware geloof van God af kom en nie deur menslike inspanning geskep kan word nie.  In die boek bespreek Price sy persoonlike ervarings en worstelinge met geloof en hoe hy uiteindelik tot die insig gekom het dat nie alle gebede verhoor word nie omdat geloof dikwels verkeerd verstaan word. Hy verduidelik dat daar 'n verskil is tussen ware geloof en aanmatiging of afleidings.  Geloof is nie net 'n blinde daad van wilskrag en determinering nie, maar 'n innerlike oortuiging wat deur God self geskenk word.   

Geloof is 'n vaste oortuiging 

DIE geloof dan is ’n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ’n bewys van die dinge wat ons nie sien nie.(Heb 11:1) Now faith brings our hopes into reality and becomes the foundation needed to acquire the things we long for. It is all the evidence required to prove what is still unseen. (Passion) NOW FAITH is the assurance (the confirmation,the title deed) of the things [we] hope for, being the proof of things [we] do not see and the conviction of their reality [faith perceiving as real fact what is not revealed to the senses]. (Amplified) 

Die mens wat twyfel, kan niks ontvang nie.  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie. (James 1:3-4) 

Wanneer jy twyfel in die liefde van jou huweliksmaat kan jy nie sy of haar liefde ontvang nie.   Besluit wat jy glo! Twyfel is presies dit, jy weet nie wat om te glo nie.  Ongeloof is makliker, want jy glo niks.  Leef met oortuiging, sekerheid, vasbeslotenheid, determinasie.  

Ek het onlangs die voorreg gehad om op uitnodiging van die Clanwilliam Sakekamer die AHI se glans geleentheid te gaan by woon waar die Onderneming van die jaar verkies word. Die hoof spreker was: Kirsten Neuschäfer.  Sy het geskiedenis gemaak toe sy op 27 April verlede jaar, na meer as 235 dae op see, die eindstreep van die Golden Globe-wedvaart in Les Sables d'Olonne, Frankryk, oorgesteek het. Sy het die eerste vrou geword om hierdie solo-wedvaart om die wêreld te wen. Die Golden Globe is 'n uitdagende retro-avontuur waar deelnemers net tegnologie van 1968 gebruik en op sterre-navigasie staatmaak, sonder moderne elektroniese toerusting. In haar reis het sy ook haar mede-deelnemer, Tapio Lehtinen, gered nadat sy boot gesink het.  

Haar merkwaardige storie is inspirerend, en laat jou weer dink oor al die verskonings wat ons soms gebruik, om 'n saak nie deur te voer nie! 

Geloof is Nuut

Jy kan nie op gister se geloof, of op iemand anders se geloof werk nie.  Geloof kom, en jý moet begin glo.  Daarom kan ons nie geloof veins of namaak nie.  Geloof wat van die Here kom is onwrikbaar, nederig, rustig, en vol van goddelike vrede. Jy het as te ware die geskenk alreeds ontvang! 

Dink aan die drie vriende van Daniel.  Hulle het geen vrees vir die koning of vir die vuur gehad nie.  "Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ’n antwoord te gee nie. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie. (Dan 3:16-18)" 

Geloof is die afwesigheid van twyfel 

Sommige worstel of hulle geloof genoeg is.  Dis nie die grootheid van jou geloof wat saak maak nie, maar die teenwoordigheid van twyfel.  Twyfel is die kanker, en dèaktiveerder jou geloof.   Twyfel is ook hoogs aansteeklik.  Bely jou twyfel, en spreek jou geloof.  

"As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (Rom 10:9-10)

Geloof kom deur die gehoor 

Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (Rom 10:17) Dit is hoe ek weet of dit God is wat met my praat. Wanneer God praat 'n opdrag gee, ontvang ek saam met Sy woorde die geloof en die genade om die opdrag uit te voer.  Al Jesus se wonderwerke het gepaard gegaan met 'n opdrag: "Tel op jou bed en loop". 

Verklaar Jou Geloof 

Spreek, en hou aan om jou geloof te spreek.  Geloof word deur 'n woord geaktiveer.  Die hele Bybel is 'n versameling geloof stories. Lees Hebreers 11 van al die geloofshelde.  

Want, voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat vir hierdie berg sê: Word opgehef en in die see gewerp—en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur, hy sal hê wat hy sê.” (Mark 11:23)  

Doen jou Geloof 

Ons sê soms vir die selfde goed jammer oor en oor sonder om te verander. Omdat ons nie glo nie.  Sonde is ongeloof, en ongeloof is sonde.  Wanneer jy opreg jammer is, verklaar jy in die geloof: Met die Here se hulp, en deur Sy genade gaan ek nooit weer hierdie sonde of fout begaan nie! 

En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. Want as iemand ’n hoorder van die woord is en nie ’n dader nie, dié is soos ’n man wat sy natuurlike gesig in ’n spieël sien; want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het. (James 1:22-23) 

“So is ook die geloof, as dit geen werke het nie, in sigself dood.” James 2:17

“Want soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder werke dood.” (James 2:26)

OM byvoorbeeld jou tiende te gee, is 'n daad van geloof in God se volhoubare en genoegsame voorsiening.  Jy WERK jou Geloof! 

OM siekte simptome te ontken, en te doen soos iemand wat volmaak gesond is, werk jy jou geloof.  

Sien die frase in Heb 11: "Deur die geloof" Wat is jy besig om deur die geloof te doen? Angus Buchan se bekende storie: "Faith like Potatoes" waar hy gaan plant het, toe almal te bang was om te plant! 

Geloof is al wat God behaag 

En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek.  (Heb 11:6) Geloof is ook aansteeklik. Daarom is dit nodig om met mense tyd te spandeer wat vol is van geloof. Hulle praat en leef anders! Hulle hele ingesteldheid is anders! 

Om jouself jammer te kry, en vir God te probeer verduidelik dat Hy jou ook moet jammer kry, gaan nie werk nie! Geloof beweeg die Here!  Nie ons murmererings, en klag lyste nie! 

Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. (2 Corinthians 13:5) 

 PLEASE READ THIS IMPORTANT BOOK: