Gebedskursus

Gebedskursus

1. Hoe om God se stem te hoor

“Die probleem is nie dat God nie genoeg praat nie, dit is ons wat nie luister en doen nie.” 


Daar is twee primêre maniere hoe God met die mensdom praat – direkte openbaring en algemene openbaring. God was nog nooit stil wat Sy algemene openbaring betref nie. Hy praat deur die skepping (Ps 19:1-4). Van die skepping van die wêreld af kan ’n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat ’n mens nie met die oog kan sien nie (Rom 1:19-20). 


Ons sonde het ons harte verdonker en dit maak dat ons nie meer Sy stem hoor of onderskei nie (Rom 1:21). Hierdie volk se verstand is afgestomp: hulle het hulle ore toegedruk en hulle oë toegemaak sodat hulle nie met hulle oë kan sien en met hulle ore kan hoor en met hulle verstand kan verstaan en hulle bekeer, en Ek hulle gesond maak nie (Matt 13:15). 


Ons is geskape om te hoor


Selfs ná Adam en Eva se sonde kon hulle nog steeds die Here hoor praat (Gen 3:8-10). Die primêre manier waarop God se direkte openbaring aan die mens geopenbaar word, is deur ons gees. The spirit of man is the candle of the Lord (Prov 20:27). Verder leer Paulus in die NT: Watter mens ken die verborge dinge van ’n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God. Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom (1 Kor 2:11). Die begrip is baie duidelik verwoord in die vers: dat die inwonende Heilige Gees tot ons gees die waarheid rakende God kommunikeer. Ons gees kan besoedel word (Luk 9:55-65 en 2 Kor 7:1). Daarom is dit die Heilige Gees in ons gees wat ons lei in die volle waarheid (Joh 16:13). 


Die skuld, skaamte en verwydering van sonde maak dat ons nie vrymoedigheid of sekerheid het of ons God reg gehoor het nie. Hoe harder ons in die vlees en deur metodes probeer om God se stem te hoor, hoe meer lei dit tot verdere mislukking en onsekerheid. Geregtigheid: toegang, sekerheid, regspraak, vergifnis, kindskap, versoening en nabyheid is ’n geskenk wat ons in Christus ontvang. Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus (Rom 5:17). Hy maak ons waardig om voor God in Christus se geregtigheid te staan. Dit is van wesenlike belang om hierdie vers ter harte te neem en toe te laat dat die Heilige Gees hierdie waarheid in jou hart openbaar. Dis ons vertrekpunt, dis ons posisie, ons toegang om voor God te staan (Heb 10:19Heb 4:16). 


Jesus het alle kommunikasie-versperrings tussen ons en God verwyder. Dit is in wese die verskil tussen lewe in die Ou Testament en huidige lewe in die Nuwe Testament: Christus is die nuwe lewende weg en toegang na die troon van God. Die voorhangsel is geskeur! (Heb 10:19.) ONS lewe IN Christus, is ook ons toegang om in Sy nabyheid te lewe as Sy tempel en woonplek (1 Kor 3:16-17; 1 Kor 6:19; 2 Kor 6:16). Dit is ons geboorte-voorreg om Sy stem te kan hoor. My skape hoor my stem (Joh 10:27). Dis ook een van die eerste kentekens van wedergeboorte, dat ons wel Sy stem kan onderskei (Rom 8:14).


Mens sien hierdie beginsel baie duidelik as jy die Psalms bestudeer. Dawid se versugtings, vrae, gebede en ook pleidooie word alles gereken as God se Woord. Jy kan duidelik in sommige Psalms opmerk hoe Dawid homself in sy gebed beantwoord, en hoe God deur sy gebed met hom praat. Sien Psalm 103. Nadat Dawid God se lof besing en sy siel opdrag gee om die Here te loof, antwoord hy homself vanuit die Skrif: Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie (Ps 103:9). Hierdie skrif is ’n aanhaling van Moses in Eksodus 34:6. Terwyl Dawid dus met die Here praat, onthou hy die Woord en maak die Heilige Gees die Skrif lewendig in sy hart. Luister na die Heilige Gees in jou hart en in jou gees.


Die begeerte om te hoor is my geestelike oor. 


Hoe meer jy tyd maak om op die Here te wag en Sy wil te soek, hoe meer sal jy die stem van die Here hoor. Dis hoe ons ons afhanklikheid van die Here bewys. Jesus, die Seun van die mens, kon niks uit Sy eie doen nie. Alhoewel Hy God was, het Hy die kleed van ’n dienskneg aangetrek en Hom soos ’n dienskneg ondergeskik gestel: eers aan aardse ouers, maar primêr Sy Vader. 


Julle vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra (Jeremia 29:13)


Skryf neer wat jy Hoor! 


Dis ook belangrik om moeite te doen om dit wat die Here jou sê neer te skryf. Die Woord van God wat in mense se harte geskryf is, sou verlore gegaan het as hulle dit nie neergeskryf het nie. ’n Persoonlike gebedsjoernaal is onontbeerlik vir jou geestelike reis met die Here.


Rig ’n monument op (Eks 17:14). 


Skryf op jou deurposte (Deut 6:9).


Skryf ’n lied (Deut 31:19).


Skryf vir die toekomstige geslag (Jes 30:8).


Skrywe alles wat Ek jou sê (Jer 30:2).


Skryf jou visie neer (Hab 2:2). 


Skryf om te kan onthou (2 Pet 3:1).


God se stem is onmiskenbaar.


Jy weet dat jy weet dat jy God se stem hoor. Net soos jy iemand bekend se stem onmiskenbaar onderskei op radio of in ’n gehoor. So is God se stem onmiskenbaar, uniek en bepalend tot wie Hy is in karakter, fokus, wêreldbeskouing, teologie en gesindheid.


  • Nie-rassig
  • Nie-gewelddadig
  • Nie-reaksionêr
  • Nie-diskriminerend
  • Nie-eksklusief 

God se stem eggo die Skrif. Dit wil sê, hoe meer jy God se woord leer ken, hoe beter gaan jy Sy stem onderskei. Die prediking van Jesus was uniek. Sy koninkryk is vir die mens ’n onderstebo, agterstevoor koninkryk! As jy wil eerste wees, moet jy bereid wees om laaste te wees. As jy wil lei, moet jy leer om te dien. As jy meer wil hê, moet jy meer begin gee. As jy waarlik wil lewe, moet jy jou selfgerigte lewe opgee. As jy wil baklei, kom eers in Sy rus en liefde, en bid vir jou vyande. God praat nie boekdele nie. Al Sy gelykenisse kan in minder as vyf minute oorvertel word. Selfs die bergpredikasie is ’n groepering van kort preke. 


Wanneer God dus praat, is dit meestal net ’n woord, ’n gedagte, ’n een-sin-waarheid, altyd in saadvorm. Wanneer ons egter die saad-woord ontvang, dit glo en daarvolgens begin handel, lewer dit ’n menigvuldige oes (Mark 4:20). God se woord is prakties en uitvoerbaar, want elke belofte in God se woord kom met voorwaardes. God se inspraak is van goddelike aard – God dink en reageer nie soos ’n mens nie (Jes 55:9). God se woord resoneer altyd die vrug van die Gees. Toets die Gees van die woord. As iemand kom met arrogansie, veroordeling en negatiewe kritiek sonder om die geloof en ondersteuning te gee tot die oplossing, is dit nie die gees van God nie. Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is (1 Joh 4:1). 


Toets of dit werklik die Here is


Jy mag seker maak dat dit wel God is wat praat. Gideon het vir Hom gesê: “As U so vriendelik wil wees, doen tog vir my ’n wonder dat ek seker kan wees dit is U, Here, wat met my praat!” (Rig 6:17). Gideon was nie ongelowig om te vra dat die Here Sy woord bevestig nie. Hy wou bloot net seker wees. Dis wyse raad! ONS baseer ons hele lewe op ’n opdrag van die Here. Ons moet seker wees dit is Hy. Die Skrif praat van twee of drie getuies (2 Kor 13:1; 1 Tim 5:19Matt 18:16). Geloof is seker, soos iemand wat die titelakte van die nuwe eiendom ontvang het alhoewel hy nog nie op die grond woon nie (Heb 11:1). Daar is geen twyfel nie! Jy weet net! Dit is die Here. Daarom ervaar ons vrede wanneer ons ’n woord van die Here ontvang. Ander volwasse gelowiges sal ook saamstem en die woord bevestig, want die Heilige Gees woon in ons almal. Wat die profete betref, twee of drie kan aan die woord kom, en die ander moet beoordeel wat hulle sê (1 Kor 14:29).


’n Mens kan nie altyd die bewys sien dat jy reg gehoor het nie. Maar met verloop van tyd word God se wil bekend en dan kan jy duidelik die wysheid van God sien. Volgens Deuteronomium 13:1-5 en 18:20-22 moet profete wie se woord nie waar word nie, doodgemaak word, veral as hulle namens hulleself of ander gode praat. Die boom sal aan sy vrugte geken word (Matt 7:20). ’n Mens kan nie maklik twee lyne langs mekaar waar die een minder as 1% skeef is raaksien nie, maar oor ’n afstand is die dwaling duidelik. Die toets van tyd het al menige valshede ontbloot. Waarheid staan vanself – sonder hulp en ondersteuning. Iemand wat sê die Here het hulle gelei om dié rigting in te slaan, en na ’n tyd weer heeltemal in die teenoorgestelde rigting te gaan, is waarskynlik nie die Here nie. Want die Skrif leer dat elke persoon wat Hy geroep het se hele lewe gerig is tot die voleinding van hulle roeping. Jesus, Dawid, Paulus het hulle resies, wedloop, roeping volbring. Deur rond te spring en nie iets klaar te maak nie, is nie hoe God werk nie. Dis ons ongehoorsaamheid, onwilligheid en onsekerheid wat ons laat draaie loop, soos Jona. Die volk Israel se omswerwinge in die woestyn was as gevolg van hulle murmurering. As ek hierdie gedagte moet uitvoer, gaan die Here verheerlik word? (1 Kor 10:31.) Gaan dit bou of afbreek? (1 Kor 14:26.) Gaan dit enigiets verander? Is dit uitvoerbaar? (Jak 1:22, Doers of the Word.) Wat is die uiteinde? Wat is die vrug? Wat is die uitkoms? Ontstaan die geloof by die luisteraar? Is dit skriftuurlik? Is dit versoenbaar met die Heilige Gees? 


Christus is kommunikasie


Woorde en taal is beperkend om dit wat mens werklik soms in jou gees voel, uit te druk. Ons is in Christus verweef met die Vader, deur die Heilige Gees. Daarom praat God nie net met ons deur woorde nie, Hy praat deur drome en visioene, gebeure, mense, kosmiese gebeure, diere, engele, prediking, getuienisse, indrukke en nog baie meer!


Uiteindelik rig al die openbaring tot die openbaarmaking van die Een – Christus Jesus. 


Ons wil, denke, begeertes, waardes en emosies is vervleg met die Godheid. In ons aardsheid is ons geneig om alles in kompartemente te groepeer. Christus, die groot Middelaar, versoen ons met die Vader: gees, siel en liggaam. Hierdie versoening of eenwording is net moontlik in Christus. Dis alleenlik ons sonde wat ’n intieme huweliksverhouding vernietig. Hoe meer ons soos Christus is, hoe nader is ons aan mekaar en hoe meer hou ons van mekaar, want Hy maak ons siel-aantreklik. Sonde is om Christus te mis. Jy het reg gehoor as jy Christus reg hoor.


Hierdie boodskap is soos ’n lamp wat in ’n donker plek skyn. Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte. Dít veral moet julle weet: geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie, want geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig (2 Pet 1:19-21). Wat ’n pragtige bevestiging van die Godheid, Vader, Seun en Heilige Gees, betrokke in die openbaring van God. God is Een (Gal 3:20). Alle kommunikasie van God is dus met die oog op Christus sodat ons meer en meer gelyk sal word aan Hom (Rom 8:29). 


Omdat ons nie uit ons eie die lewe van Christus kan naboots nie, moet ons op die Here wag totdat Hy geloof in ons harte opwek vir die deel van Christus wat Hy vandag in jou wil aktiveer of laat opstaan. Iemand gee vir iemand ’n motor of ’n huis. Iemand anders word deur die Here geroep om alles te verkoop en in ’n ander land sendingwerk te gaan doen. ’n Ander persoon word gelei om ’n nuwe besigheid op te rig, of om in predikers se behoeftes te voorsien. Deur hierdie kollektiewe Christus-dade is God besig om Sy heerlikheid oor die aarde te versprei (Hab 2:14). 


God praat op verskeie maniere


  1. God se stem is onmiskenbaar – Braambos (Exo 3:2), hand teen ‘n muur (Dan 5:1), lig op ‘n pad. (Acts 9:3
  2. God kan deur omstandighede praat.  God het eers met Jona gepraat met Sy stem, maar Jona het nie op God se stem ag geslaan nie. God het dus deur omstandighede met Jona gepraat – eers deur ‘n groot vis ingesluk, en tweedens toe ‘n wingerdstok grootgeword het om Jona te skadu, en toe verdor die wingerdstok (Jonah 1-4). So het die Here met Elia onder die besembos. (1 Kings 19:4-5) en deur ‘n stil fluistering. 1 Kings 19:12).
  3. God kan deur wyse raad praat. God is wysheid (James 1:5) As iemand dit kortkom kan Hy dit van die Here bid. Die boek spreuk en prediker is Salomo se versameling van wyshede wat Hy van die Here geleer het.
  4. Planne misluk sonder beraadslaging, maar deur die veelheid van raadgewers kom dit tot stand. Prov 15:22 As daar nie goeie oorleg is nie, val ‘n volk; maar in die veelheid van raadgewers is redding. (Prov 11:14Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers. (Prov 24:6
  5. God kan deur vrede praat.  En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. (Col 3:15Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. Phil 4:6-7
  6. God kan deur drome en visioene praat. 
    Paulus Acts 18:912:916:922:17-18
    Ananias Acts 9:10
    Petrus Acts 10:1—1311:5
  7. God kan deur ons gedagtes praat. Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam! (Amos 4:13) In Mat 1:19-21, terwyl Josef aan dinge gedink het, het God met hom gepraat. 
  8. God kan deur natuurlike manifestasies praat. En Ek sal wonders gee bo in die hemel en tekens onder op die aarde, (Acts 2:19
  9. God kan deur bonatuurlike manifestasies praat.  God het deur ‘n brandende bos met Moses gepraat (Ex. 3:1–4). Hy het met Gideon gepraat deur ‘n vlies (Rigt. 6:37–40). Hy het met Saulus op die Damaskuspad deur ‘n helder lig gepraat (Handelinge 9:1-5). Hy het selfs deur ‘n donkie met Bileam gepraat (Num. 22:1–35).
  10. God kan deur die Bybel praat. Die Skrif is altyd die stem van God in die algemene sin dat God die woorde van die Skrif geïnspireer het (2 Tim. 3:16). God kan ook spesifiek deur die Bybel met ons praat deur ‘n spesifieke gedeelte onder ons aandag te bring, omdat die Woord van God lewend en aktief is (Heb. 4:12).
  11. God praat deur Predikers Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig! (Rom 10:13-15)
  12. God praat deur mense se getuienis. Toe Jesus in die skuit klim, het die man wat van die duiwel besete was, by Hom daarop aangedring om saam met Hom te gaan. Jesus het hom dit egter nie toegelaat nie maar vir hom gesê: “Gaan na jou huis, na jou mense toe, en gaan vertel vir hulle wat die Here alles vir jou gedoen het en dat Hy jou jammer gekry het.” Hy het toe gegaan en deur die hele Dekapolis begin bekend maak wat Jesus alles vir hom gedoen het. Almal was verbaas daaroor. (Mark 5:18-20) Die samaritaanse vrou. (John 4)

Gratis Boek

3. Gebed wat God se hart ontsluit - Materiaal

Kindskap

Een van die primêre voordele van kindskap is; jy kan jou ouers enigiets vra. Alhoewel hulle nie altyd in staat is om jou te help nie, voel jy vrymoedig om hulle enigiets te vra. Niemand staan in die kombuis en pleit: “Ag mamma, kan ek asseblief tog ‘n vrug kry nie?!” ‘n Mens kan baie vinnig van ‘n persoon se gebed aflei, of die betrokke persoon die geskenk van kindskap en aanvaarding in Christus Jesus alreeds ontvang het, of hy of sy nog soos ‘n weeskind pleit en smeek, en van buite roep om in te kom.

Toe Jesus hierdie volgende beloftes van gebedsverhoring maak, bied Hy baie meer as net antwoord op ons versoeke. Hy bied kindskap! Hy bied ons deelname in die huisgesin van God, om met vrymoedigheid deel te neem, en as God se kinders Sy wil uit te voer. 

Daarom bid Paulus dat: die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken. Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het. (Ef 1:17-18)

Mag die Here werklik hierdie geskenk van kindskap in jou hart vir jou oopmaak, en grondves, want dit sal jou hele ingesteldheid teenoor gebed verander! Ons bid nie soos weeskinders nie! Ons vra soos kinders.

Kinders Ken die Wil van Hul Vader

Ons weet dat God nie na sondaars luister nie; maar as iemand vir Hom ontsag het en doen wat Hy wil hê, luister God na hom. (John 9:31As iemand hom doof hou vir die wet van die Here, sal die Here ‘n afsku hê van so ‘n man se gebed. (Prov 28:9)

En nou kan ons met vrymoedigheid na God gaan, omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. (1 John 5:14)

Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen.” (Joh 14:13-14)

“Ek sê vir julle: Vra, en vir julle sal gegee word. Soek, en julle sal kry. Klop, en vir julle sal oopgemaak word. Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Is daar ‘n pa onder julle wat as sy seun vir hom ‘n vis vra, vir hom ‘n slang sal gee in plaas van die vis? Of as hy ‘n eier vra, vir hom ‘n skerpioen sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee vir dié wat vra.” (Luk 11:9-13)

As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.” (Joh 15:7-16)

Dit is baie duidelik in elkeen van hierdie pragtige skrif verse van God se belofte van gebedsverhoring, is daar voorwaardes betrokke:

  • Ons moet Sy wil ken en leef.
  • Wanneer ons Sy wil leef, kan ons met baie meer vrymoedigheid vra. Dit werk tog so in enige huis.
  • Wanneer die gesinslede die hart van hulle pa ken, hoef hulle nie te smeek nie.
  • In die Bybel was beroepe, ‘n gesinsbesigheid. As die ouers byvoorbeeld iewers was, dan het almal saamgewerk en hulle deel gedoen in die produksielyn, om die beste kledingstukke te maak. Vandag nog is die familiebesigheid die sterkste ekonomiese eenheid. Jesus nooi ons om deel te word van Sy gesinsbesigheid, die Koninkryk van GOD!
  • Wanneer ons Sy koninkryk verstaan, kan ons met vrymoedigheid vra! Ons vra nie meer ons eie selfsugtige behoeftes en begeertes nie. 
  • Ons bid vir die uitbreiding van Sy koningheerskappy in elke mense se hart. 

Geloof

As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” (Mat 21:22)

Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees. (Mar 11:24)

Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter. Sal God dan nie aan sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag? Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook! “Maar sal die Seun van die mens by sy koms nog geloof op die aarde vind?” (Luk 18:6-8)

Net geloof kan God behaag (Heb 11:6) wat nie uit geloof is nie, is sonde (Rom 14:23):

  • Geloof is gereedheid om te doen.
  • Geloof staan nie passief, en dink vir God werk uit nie.
  • Geloof verstaan alreeds wat God wil doen, en soos ‘n atleet wag ons net vir die wegstrekskoot!
  • Geloofsgebed is praklamasie gebede:

Vra vir die Here reën in die tyd wanneer die laat reëns moet kom (Zech 10:1)

Jesus bid so ‘n tipe gebed toe hy Lazarus uit die dood uit opwek! “Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het. (Joh 11:41-42)

God se antwoord is soms nie wat ons verwag nie

Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus. (Fillipense. 4:6-7).

Ek onthou dat ek hierdie Bybelstudie gedoen het net nadat ek na al die bg. Skrifverse gekyk het: as julle vra, sal julle ontvang. Met hierdie vers het ek dieselfde antwoord verwag. Maar Paulus se antwoord verskil … “en die vrede van GOD” … Skielik het daar vir my ‘n lig opgegaan! Wanneer jy bid en vir God iets vra, dan is die vrede van God ‘n teken van “Ek het jou gehoor”. Jy sien, God word net beweeg deur geloof, nie desperaatheid, pleit, skreeu, of onderhandeling nie. Jy vra eenvoudig net totdat jy die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, in die hart ontvang. Dan kan jy Hom begin dank en prys, omdat jy reeds in die geloof ontvang het. Omdat jy glo, het jy vrede, en dis jou grondbrief wat bewys God het jou gehoor, alhoewel niks sigbaars nog verander het nie. Dit strook met Jakobus se lering oor verkeerde gebede, wat nie verhoor sal word nie, omdat dit met selfsugtige motiewe gepaardgaan.

Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. (Jakobus 4:2-3).

Het jy al ooit agtergekom dat, hoe meer desperaat jy is vir ‘n antwoord of deurbraak, hoe minder gebeur iets? Ons desperaatheid moet verander in geloof, dan eers sal die antwoord kom. Geloof is nie desperaat of angstig nie. Die vriende van Daniel het voor die toets te staan gekom of hulle sal neerbuig voor die koning se beeld. Hulle het die bevel verontagsaam in die geloof dat God hulle sal red. So nie, het hulle die belofte geglo dat die dood ‘n aanwins vir hulle sal wees. As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie. (Daniel. 3:17-18).

Onthou, net geloof behaag God! En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. (Hebreers. 11:6).

Laat ons ons dan beywer om in te gaan in die rus

4. Verskillende tipes Gebed - Materiaal

  1. Die gebed van bekering: En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesê: O God, wees my, sondaar, genadig! (Lukas 18:13)
  2. Gebed van toewyding (persoonlik). Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen (Romeine 12:1). Om jouself vir die Here te gee ‘n lewende en heilige offer aanneemlik en afgesonder vir Hom. Al jou talente, gawes, vermoeëns, besittings, aansien en reputasie. Soos Paulus tydens sy Damaskus ervaring. “Here, wat wil U hê moet ek doen?” (Handelinge 9:6).
  3. Die gebed van toewyding (abstrak). Toe die volk die tempel aan die Here toegewy het, het die heerlikheid van die Here die tempel gevul sodat die priesters nie op hulle voete kon bly staan nie (1 Konings 8). Dit was algemene praktyk om sekere besittings en eiendom aan die Here toe te wy, soos jou huis, ‘n stuk land, of spesifieke voorwerpe (Levitikus 27).
  4. Die gebed van oorgawe. Jesus het in Getsemane homself totaal aan God verbind toe Hy verklaar het, “nie my wil nie maar U wil geskied!” (Mat 26:42). Johannes die Doper het gesê: Hy moet meer word en ek moet minder word. (Johannes 3:30).
  5. Die gebed van geloof. Daarop antwoord Jesus hulle: “Dit verseker Ek julle: As julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle kan doen wat Ek aan die vyeboom gedoen het. Meer nog: Julle sal vir hierdie berg kan sê: ‘Lig jou op en val in die see!’ en dit sal gebeur. As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” (Mattheus 21:21-22).
  6. Die gebed van proklamasie: die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan (Romeine 4:17). Elia het verklaar dat dit nie gaan reën nie, (1 Konings 17:1) en toe weer gebid dat dit sal reën (1 Konings 18:42). Jakobus verwys na hierdie tipe gebed as die gebed van die regverdige (Jakobus 5:16-17). So het Daniel gebid dat die 70-jaar ballingskap moet eindig. Jy kan alleenlik proklamasies maak gegrond op profetiese inspraak. In die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was. (Daniel 9:2). 
  7. Die gebed van voorbidding: In die NT word daar gereeld voorbidding gevra:
    • Jesus is ons beste voorbeeld van intersessie: EN die Here sê: Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk (Lukas 22:31-32). Dit is uiteindelik wat die Seun voortdurend voor die troon doen (Romeine 8:34. Sien ook Jesaja 53:12; Hebreërs 7:25; 1 Johannes 2:1).
    • Die Heilige Gees tree ook vir ons in (Romeine 8:26). Intersessie is waar ons intree, tussenin gaan, namens iemand voor God praat. In plaas daarvan om iemand vir God te beskuldig, tree ons in.
    • Een van die eerste gedokumenteerde gebede wat die gemeente saam gebid het vir hulle leiers! (Handelinge 4:24-31) ‘n aanhoudende gebed tot God deur die gemeente vir hom opgegaan (Handelinge 12:5).
      Bid vir ons!! (Hebreërs 13:18; I Tessalonisense. 5:25) terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges en vir my, sodat ‘n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak. (Efesiërs 6:18-19). Bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle; en dat ons verlos mag word van die verkeerde en slegte mense. (2 Tessalonisense 3:1). Terwyl julle ook vir ons saamwerk deur die gebed, sodat daar vir die genadegawe aan ons deur baie persone op baie maniere vir ons gedank mag word (2 Korintiërs 1:11).
      Want ek weet dat dit deur julle gebed en die ondersteuning van die Gees van Jesus Christus my tot heil sal strek, Filippense 1:19. Épafras wat een van julle is, ‘n dienskneg van Christus, groet julle en stry altyd vir julle in die gebede, dat julle volmaak en volkome mag staan in die ganse wil van God (Kolossense 4:12).
    • Ou Testamentiese Voorbeelde is: Nehemia (Nehemia 1:6-11) en Abraham (Genesis 18:23-33).
  8. Die gebed van smekinge: Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. (Filippense 4:6)
  9. In die Gees bid. Hoe moet dit dan wees? Só, dat ek met die gees moet bid, maar ook met die verstand. Ek moet met die gees die lof van die Here sing, maar ook met die verstand ( 1 Korintiërs 14:15).
  10. Gebed van petisies. En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.  (1 Johannes 5:14-15)
  11. Die gebed van danksegging: Dit is ‘n goeie ding om die Here te dank!
  12. Die gebed van lof en eer: Die Psalms is ‘n reuse versameling gebede van Lofprysing.
  13. Die gebed van geestelike oorlogvoering: Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. (Efesiërs 6:12) terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges en vir my, sodat ‘n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak (Efesiërs 6:18-19).
  14. Die gebed om net op God te wag: om jou krag te vernuwe, maar hulle wat op die Here wag, sal hulle krag vernuwe; hulle sal opberg met vlerke soos arende; hulle sal hardloop, en nie moeg word nie; en hulle sal loop, en nie flou word nie. Jesaja 40:31

5. Hindernisse tot Gebed - Materiaal

  1. Sonde. Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ‘n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is (Romeine 3:21-26).
  2. Onvergewensgesindheid. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie (Matteus 18:35). Baie mense erken dat dit voel asof hulle soms teen die dak vas bid. Dit voel asof hulle gebede nie die hemel bereik nie. Dit is ‘n ernstige ingesteldheid in die gees, en is die gevolg van net twee dinge: [1] onbelyde sonde in jou lewe, [2] jy het iemand nie volkome vergewe nie. “As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe. (Matteus 5:23).
  3. God se eer en wil is nie eerste nie. Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word (Matteus. 6:33). Ons eerste prioriteit as ons enige probleem moet te bowe kom, is om eerstens God se aangesig te soek. Ons kan dit slegs doen as ons in die regte verhouding tot God staan, deur die verlossingswerk van Christus op die kruis. Deur Jesus Christus het ek vryheid en vrymoedigheid om in die troonkamer te kom en met God te praat.
  4. Onvrymoedigheid. Bid vanuit die posisie van “Ek is die geregtigheid van God” (2 Korintiërs 5:17) verhouding met God, deur geloof in Jesus Christus. Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus (Hebreërs. 10:19). In wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom (Efesiers. 3:12). Deur geloof in Jesus Christus kan ons van aangesig tot aangesig kom met God, en in liefdevolle innige gemeenskap met Hom leef. Die naam van Jesus is nie ‘n towerstaf nie, maar gee ons die reg van toegang tot die troonkamer van God.
  5. Ons hou op bid. Gebed is nie ‘n metode of geestelike hefboom om God te kry om te doen wat ons wil hê nie. Gebed is bloot die woord om ons verhouding en kommunikasie met God te beskryf. Wanneer ‘n man en vrou ophou praat met mekaar is daar moeilikheid! “Bid sonder ophou!” (1 Tessalonisense 5:17)
  6. Selfsug. Julle begeer en julle het nie, julle pleeg moord en is naywerig en julle kan niks verkry nie. Julle veg en maak oorlog, en julle het nie, omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring (Jakobus. 4:2-3).
  7. Nie die Woord hoor en doen nie. Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is ‘n gruwel (Spreuke. 28:9). Ons lewe van gehoorsaamheid en toewyding is ‘n uitvloeisel van ons gebedslewe. En net toe Daniël verneem dat die bevelskrif geskrywe was, het hy in sy huis gegaan; en hy het in sy bo-kamer vensters gehad wat oop was in die rigting van Jerusalem, en hy het drie maal op ‘n dag op sy knieë geval en gebid en lofprysinge uitgespreek voor sy God, net soos hy tevore gedoen het. (Daniel 6:11). Die beskuldigers kon geen fout vind met sy werk nie. Daar was niks om teen hom te gebruik, behalwe die feit dat hy elke dag gebid het nie. Wat ‘n wonderlike getuienis te midde van ‘n Babiloniese sisteem. Hy was in staat om ‘n positiewe standaard te lig, en ‘n stem te vestig, te midde van die mees bose sisteem van alle tye, deur middel van gebed.
  8. Ongeregtigheid in die hart. As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie (Psalm 66:18). Wanneer mens verbitterd, hard, aanstoot geneem het, is jou gebede ‘n aanklag en nie intersessie nie. Jesus se laaste gebed, terwyl Hy valslik beskuldig en tot gruwelike marteling verdoem is was:
  9. Konflik in die huwelik. Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie. (1 Petrus 3:7)
  10. Ydele herhaling van woorde. En wanneer jy bid, moet jy nie wees soos die geveinsdes nie; want hulle hou daarvan om in die sinagoges en op die hoeke van die strate te staan en bid, om deur die mense gesien te word. Voorwaar Ek sê vir julle dat hulle hul loon weg het. Maar jy, wanneer jy bid, gaan in jou binnekamer, sluit jou deur en bid jou Vader wat in die verborgene is; en jou Vader wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde. En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra. (Matteus 6:5-8).
  11. Hande is vol bloed. Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie. (Jesaja 59:1-2).
  12. Ongeloof. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word (Jakobus 1:6).
  13. Vlees (die self-lewe) Waak en bid, dat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak (Matteus 26:41).
  14. Onvernuwe denke en gebrek aan selfbeheersing. En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid. (1 Petrus 4:7).

6. Bid die Woord - die beste manier om die Wil van God te bid - Materiaal

Ek-is gebede – “Daar staan geskrywe”

“En ek sal wees SOOS ‘N BOOM wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat ek doen, voer ek voorspoedig uit.” (Ps 1:3)

“Ek is TOT ALLES IN STAAT deur Christus wat my krag gee.” (Fil. 4:13).

“Maar in al hierdie dinge is ons MEER AS OORWINNAARS deur Hom wat ons liefgehad het.” (Rom. 8:37).

“Ek is in Christus GESEEN met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.” (Efe 1:3)

“Daar is dus nou GEEN VEROORDELING vir dié wat in Christus Jesus is nie.” (Rom 8:1)

“Ek is SAAMmet Christus GEKRUISIG, en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.’ (Gal 2:20)

“Ek is die GEREGTIGHEID van God in Christus Jesus.” (2 Kor 5:21)

“Maar in al hierdie dinge is ons MEER AS OORWINNAARS deur Hom wat ons liefgehad het.” (Rom. 8:37)

“Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons SAL KAN ONS SKEI VAN DIE LIEFDE van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.” (Rom 8:38-39)

“Want ons is SY MAAKSEL, geskape in Christus Jesus TOT GOEIE WERKE wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” (Ef. 2:10).

“Kyk, Ek GEE AAN JULLE DIE MAG om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.” (Luk. 10:1719).


Voorbeelde – Wanneer ons vir iemand bid, en vir hulle intree:

“Dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van WYSHEID en OPENBARING in kennis van Hom mag gee, VERLIGTE oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy ROEPING en wat die rykdom van die heerlikheid van sy ERFDEEL onder die heiliges is; en wat die uitnemende grootheid van sy KRAG is vir ons wat GLO.” (Ef. 1:17-19).

“dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag VERSTERK te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die GELOOF in julle harte kan WOON, julle wat in die LIEFDE gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die LIEFDE van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die VOLHEID van God. (Ef. 3:16-19).

“En dit bid ek dat julle LIEFDE nog meer en meer OORVLOEDIG mag word in kennis en alle ervaring, om die dinge waar dit op aankom, te ONDERSKEI, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus, vervul met die vrug van GEREGTIGHEID wat daar is deur Jesus Christus tot heerlikheid en LOF van God.” (Fil. 1:9-11).

“Daarom hou ons ook nie op nie, van die dag af dat ons dit gehoor het, om vir julle te bid en te vra dat julle vervul mag word met die KENNIS van sy WIL in alle wysheid en geestelike insig, sodat julle WAARDIGLIK voor die Here mag wandel om Hom in alles te BEHAAG en julle in elke goeie werk VRUG mag dra en in die kennis van God mag groei, en met alle krag BEKRAGTIG word volgens die mag van sy heerlikheid tot alle lydsaamheid en lankmoedigheid met blydskap, en die Vader mag dank wat ons BEKWAAM gemaak het om deel te hê aan die ERFDEEL van die heiliges in die lig.” (Kol. 1:9-12).

“En mag die God van lydsaamheid en bemoediging aan julle gee om EENSGESIND onder mekaar te wees ooreenkomstig die wil van Christus Jesus, sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan VERHEERLIK.” (Rom. 15:56).

“En mag die God van die hoop julle vervul met alle BLYDSKAP en VREDE deur die GELOOF, dat julle oorvloedig kan wees in die HOOP deur die krag van die Heilige Gees!” (Rom. 15:13).

“Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle REDDING.” (Rom. 10:1).

“Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God, terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te VOLTOOI wat aan julle geloof ontbreek? Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig; en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in LIEFDE vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is, sodat Hy julle harte kan VERSTERK om ONBERISPELIK te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.” (1 Thes. 3:9-13).

“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome HEILIG maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik BEWAAR word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is GETROU trou; Hy sal dit ook doen.” (1 Thes. 5:2324).

“Daarom bid ons ook altyd vir julle dat onse God julle die ROEPING WAARDIG mag ag, en dat Hy alle welgevalle aan wat goed is, en alle werk van die geloof met krag volkome mag maak, sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.” (2 Thes. 1:1112).

“Verder, broeders, bid vir ons dat die WOORD van die Here sy SNELLE LOOP mag hê en VERHEERLIK word net soos by julle; en dat ons VERLOS mag word van die verkeerde en slegte mense, want die geloof is nie die deel van almal nie. Maar die Here is getrou; Hy sal julle VERSTERK en BEWAAR van die Bose. En ons vertrou aangaande julle in die Here dat julle doen en ook sal DOEN wat ons julle beveel. Mag die Here julle harte RIG tot die LIEFDE van God en die LYDSAAMHEID van Christus!” (2 Thes. 3:1-5).

“Ek dank my God altyd oor julle vir die GENADE van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is, dat julle in alle opsigte in Hom RYK gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle, sodat julle in geen enkele GENADEGAWE agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus, wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus ONBERISPELIK te wees.” (1 Kor. 1:4-8).

7. Bid soos 'n Medewerker - Materiaal

Gebed en kommunikasie met God verander na gelang van jou geestelike volwassenheid. Ouers praat met 5-jariges anders as met tieners, en wanneer kinders self ouers word verander die gesprekke totaal en al!


Die einddoel van alle geestelike aktiwiteit is: Volwassenheid in Christus Jesus! Die doel van alle bediening is om Christus verwesenlik in elke lewe te sien. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun. (Rom 8:29)


Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God (Rom 8:19). Die woord ‘kinders’ is vertaal van die Griekse woord huiós, wat volwaardige, egte volwasse Seun beteken teenoor ander Griekse woorde país, ‘n kind of dienskneg; paidíon, ‘n jong kind; téknon, ‘n kind; népios, ‘n baba. Dit is dus duidelik dat Paulus hier spesifiek wil verwys na die ware, volwaardige en volwasse kinders van God.

(Gal. 4:19, Kol 1:28-29; 2 Kor 11:2; 1 Kor 2:2; 2 Pet 1:8; Ef 4:13)

Die vraag is hoe lyk hierdie volwassenheid?

Geestelike volwassenheid is soos fiksheid, daar is altyd nog ‘n kruin om uit te klim. Ons word beter en innerlik sterker, om die uitdagings van die lewe beter te hanteer.


Wat is die kentekens van ware kinders van God?

Ware kinders van God is uit Hom gebore.

DNA: Ons is uit God gebore, gewederbaar as nuwe skepsel vanuit Sy saad (1 Pet 1:231 John 3:9Joh 3:1-102 Cor 5:17). Ons kan dus nie probeer of strewe daarna om meer soos Sy kinders te probeer wees nie. Ons is Sy kinders of nie. Ons het Sy kinders geword nie deur werke nie maar deur ons geloof, (Rom 4;5) en Sy groot genade (Eph 2:8). Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo. Joh 1:12.


Ware kinders van God leef volgens ‘n goddelike koninkryk bedryfstelsel.

Omdat ons uit God gebore is, doen ons dinge anders as die kinders van die wêreld. Ons doen dinge in die teenoorgestelde gees, want ons het en is besig, om aan self te sterf. Ons het ons vyande lief, ons seën die wat ons vloek, en ons bid vir die wat ons misbruik. (Luk 6:35 en Mat 5:43-48)


Kortlys van teenoorgestelde Gees aktiwiteite:

  • Swoeg ons deur om met ons eie hande te werk
  • Word ons uitgeskel, seën ons
  • Word ons vervolg, verdra ons dit
  • Word ons belaster, troos ons
  • Word ons herdruk, is ons nie terneergedruk nie
  • Is ons oor raad verleë, is ons nie radeloos nie
  • Word ons vervolg, is ons nie deur God verlaat nie
  • Word ons op die grond neergegooi, is ons nie vernietig nie
  • Ons het onberispelik opgetree
  • Met begrip
  • Met verdraagsaamheid en vriendelikheid
  • Dit alles het ons gedoen deur die Heilige Gees, deur opregte liefde
  • Deur die woord van die waarheid
  • Deur die krag van God
  • Ons wapen vir aanval en verdediging is om die wil van God te doen


Ware kinders van God leef hulle erfporsie in Christus

Ons is saam met Christus mede-erfgename aan die heerlikheid en genade van God (Gal 4:1-7 en Rom 9:15-17). Mens kan net jou erfporsie toeëien wanneer die testateur dood is. Jesus het gesterwe, en weer opgestaan! Ons het dus deel aan die erfporsie en deel aan die persoon! Hierdie erfporsie se kern lê in die werk van die Heilige Gees in ons, wat ons die vrymoedigheid gee om die God en Skepper van die heelal ‘Pappa’ te noem. So baie gelowiges is nog onvolwasse omdat hulle nie sien of verstaan wat hulle alles in Christus alreeds ontvang het nie!! (Eph 1:17-23)


Ware kinders van God laat hulle lei deur die Heilige Gees.

Want almal wat hulle laat lei deur die Gees van God – hulle is God se kinders. (Rom 8:14) Jesus sê Sy voedsel is om die wil van die Vader te doen, (Joh 4:34) vir ons is daar geen ander lewe as om Hom te gehoorsaam in alles wat ons doen nie. Ek leef nie meer vir self nie, daar is niks wat ek meer begeer of wil hê, as net om Sy wil te doen. Jy kan nie sê, my voedsel is om die wil van my Vader te doen, as jy nie Sy stem elke dag hoor en gehoorsaam nie.


Ware kinders van God verwelkom korreksie.

En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? Maar as julle sonder tugtiging is, wat almal deelagtig geword het, dan is julle onegte kinders en nie seuns nie. (Heb 12:5-11) Ek voel geliefd wanneer ek korreksie ontvang!!


Ware kinders van God kan getuig dat daar areas in hulle lewe is waar hulle satan se houvas oorwin het.

“Ek skryf aan julle, my kinders, omdat die sondes julle vergewe is om sy Naam ontwil.
Ek skryf aan julle, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek skryf aan julle, jongmanne, omdat julle die Bose oorwin het. Ek skryf aan julle, kinders, omdat julle die Vader ken.
Ek het aan julle geskrywe, vaders, omdat julle Hom ken wat van die begin af is. Ek het aan julle geskrywe, jongmanne, omdat julle sterk is en die woord van God in julle bly en julle die Bose oorwin het.” (1 Joh 2:12-14

Ons strewe is! “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.” (Joh 14:30)


Ware kinders van God laat hulle toerus vir bediening en dienswerk.

Opereer vrylik en gemaklik in verskeie van die genadegawes (1 Cor 12-14).
(Eph 4:11-16). Christus het opgevaar en vyf bedieninge gegee om die gelowiges toe te rus vir hulle dienswerk.


Ware volwasse kinders word Vaders en Moeders.

Neem vaderlike verandwoordelikheid – dissipel iemand en word ‘n dissipel. “My kinders, vir wie ek weer in barensnood is totdat Christus in julle ‘n gestalte verkry.” (Gal 4:19)


Ware kinders van God en die eenheid van die geloof.

“totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof.” (Eph 4:13).
Verdeeldheid gebeur, wanneer ons nie meer op Jesus fokus nie. “en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus.” (Eph 4:14) Volwassennes kan gewoonlik met almal oor die weg kom. Kinders leef in ouderdom en groep kompartemente.

“maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,
uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.” (Ef. 4:13-16). Volwasse gelowiges is goed sosiaal in die liggaam geintigreer. Interafhanklik.

Ware kinders van God kan die Waarheid leer en verdedig.

“sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees.” (Heb 5:12).

“Kan die Waarheid akkuraat verbaliseer, en verdedig.” (1 Pet 3:15; Hand 22:1; 1 Kor 9:3; Jude 3).

8. Die Anatomie van hoe Geloof gevorm word - Materiaal

Geloofsoortuigings is kragtig, deurdringend en blywend. In hierdie hoofstuk wil ons probeer verstaan ​​hoe oortuigings gebore, gevorm, gevoed, versterk, uitgedaag, verander en uitgedoof word. Hierdie geloofsoortuiging word deel van ons gebede! Dit bepaal hoe ons bid, maar ook wat ons bid.

Ons geloofsoortuigings is so divers en menigvuldig soos die hoeveelheid produkte op winkelrakke. Ons geloofsoortuigings word primêr deur ons familie, vriende, kultuur, geloof, opvoeding, studierigting en die hoofstroom wêreldbeskouing gevorm. Daarom is dit so wesenlik belangrik dat mense in die leerstellige “Doctrine” van Christus Jesus geskool moet word, om te leer hoe om reg te dink oor die lewe. (Sound Doctrine – Acts 2:421 Ti 4:62 Ti 4:3Tit 1:92:1Pr 4:21 Ti 6:32 Ti 1:13)


Ons brein is ‘n geloofsoortuiging fabriek, wat sensoriese inligting versamel en derhalwe uiteindelik probeer om ‘n patroon of betekenis vanuit die data te formuleer. Geloof word primêr deur patrone en agentskap gevorm. In patrone soek ons konsekwentheid en agentskap soek ons legitimiteit.[i] Soos ons ouer word, soek ons patrone van sukses, om ons eie sukses te behaal. Agentskappe soos die kerk, politieke partye, rolmodelle, kultuur en skool koester of vertroue in wat bestaande oortuigings versterk, of die stel ons teleur wat beteken ons soek ander agentskappe om ons teorieë te versterk. Tans bevraagteken post-modernisme alle bestaande strukture in die naam van modernisme, gerieflikheid en onmiddellike bevrediging.

Sodra ons ‘n bepaalde denkrigting inneem soek ons bevestiging deur vriende te maak met mense wat soos ons dink. Dit is baie raar dat mense sommer van godsdiens of politieke denkrigting ‘n radikale verandering maak. Bloot omdat ‘n bepaalde geloofsoortuiging so lank geneem het om vorm binne ons aan te neem. Voeg nou ‘n spektrum van emosies en eenderse ooreenstemminge stories by, en die geloof-redenasie is vas gesement. Mense het gewoonlik klaar ‘n opinie of geloofsoortuiging gevorm, en versamel dan konneksies, vriende, bronne om die oortuiging te ondersteun. 

Sosiale media en die inherente algoritmes wat inligting filter volgens jou smaak bring geloof-geografiese groeperinge mee, waar mense al hoe meer verdeeld raak, en ook meer antagonisties om oordele teen teenstrydige argumente te vel. In die VSA is die demokrate en republikeine nou meer verdeeld teenoor mekaar, en wil nie hê hulle kinders moet met opposisie party se kinders uitgaan nie. Mens is geneig om navorsing te doen, om jou argument te versterk nie om werklik die ander teenstrydige partye te verstaan nie.

Die rede is dat daar gewoonlik ‘n morele oordeel ontwikkel teenoor teenstrydige waarhede waar ons die ‘hulle’ demoniseer, dehumaniseer, de-individualiseer, en onsself distansieer.[ii] Die ander party word as boos bestempel, met gevolglike onsmaaklike distansiëring en verwydering. Vanaf Kain se moord van Abel, is die mens slagoffer van hoe hy of sy aanstoot neem teenoor iemand, en in sy kop ‘n alternatiewe negatiewe realiteit bou soos ‘n muur, en later glad nie meer die persoon raaksien nie.

Mense se geloof is baie kragtig. Vanuit die geskiedenis, sosiologie, sielkunde en ander vakgebiede is dit duidelik dat mense se geloof hulle realiteit bepaal, nie die realiteit hulle geloof nie. Daar is tallose voorbeelde is: mense glo wat hulle glo, al word die feite direk vir hulle uiteengesit. 

Daar is al baie toetse gedoen oor die ‘placebo’ effek. Dit is waar mense vertel word dat hulle ‘n wonderkuur middel gaan kry, wat hulle gaan genees. Hulle kry inderwaarheid ‘n suikerpil, tog gebeur daar fisiese biologiese genesing en ‘n wonderwerk bloot omdat hulle glo. So het ‘n vrou wat sukkel met akute naarheid, 10 minute na sy die suikerpil gedrink het was haar naarheid weg. ‘n verdere ekstreme geval was waar ‘n persoon met ‘n skisofrenie en ‘n gesplete persoonlikheid se suiker vlakke fisies verander wanneer sy glo sy is die diabeet persoonlikheid. Die teenoorgestelde Nocebo effek is net so kragtig. Dit is waar mense hulleself siek glo, met geringe meetbare simptome.

The biochemistry of our body stems from our awareness. Belief-reinforced awareness becomes our biochemistry. Each and every tiny cell in our body is perfectly and absolutely aware of our thoughts, feelings and of course, our beliefs. There is a beautiful saying ‘Nobody grows old. When people stop growing, they become old’. If you believe you are fragile, the biochemistry of your body unquestionably obeys and manifests it. If you believe you are tough (irrespective of your weight and bone density!), your body undeniably mirrors it. When you believe you are depressed (more precisely, when you become consciously aware of your ‘Being depressed’), you stamp the raw data received through your sense organs, with a judgment – that is your personal view – and physically become the ‘interpretation’ as you internalize it. Our beliefs provide the script to write or re-write the code of our reality. ^[iii]

Three permanent realities constituent elements of human experience: the unknown, or unexplored territory; the known, or explored territory; and the process; the knower, which mediates between them. These three “elements” constitute the cosmos — that is, the world of experience — from the narrative or mythological perspective. Volgens – Jordan B Peterson in sy boek Maps of meaning, is daar drie kragte aan die werk in die psige van die mens: Die bekende en die onbekende, en die kenner wat tussen die eersgenoemde dimensies beweeg. Anders gestel chaos, orde en geloof. Ons beleef elke dag bepaalde onverklaarbare chaos van dinge wat verkeerd loop, en die orde van hoe dinge werk en verstaan word uitdaag en konfronteer. Dit is deur wyse geloof waar die ‘nou’ antwoord gevind word vir ‘n bepaalde tyd, plek en agentskap. ^[iv]

Die kosmos, natuur en mensdom is aan die een kant pragtig en uitnemend, maar kan in ‘n oomblik gevaarlik en boos wees. Dink aan die prag van die sterre in ‘n donker aand, wat ook onheilspellend onbekend en in sommige gevalle gevaarlik kan wees! Menige staan in verwondering en kyk na die see, die ritme van die golwe en die skakerings van blou, om die volgende oomblik te snak na jou asem wanneer ‘n golf jou meesleur! Ons beloon en vereer die beste van die mensdom vir hulle onselfsugtige dade van liefde en omgee, om die volgende oomblik in totale ongeloof te hoor van ‘n kindermoordenaar se wreedheid.

Ons word gebore in ‘n wêreld met talryke objekte, huise, beddens, kamers, kos en speelruimtes. Ons ervarings word in hierdie versameling van objekte gevorm. Die primêre objekte in ons wêreld is mense, ons ouers, familie, kerk, skool, gemeenskap en tipe regering. Min mense onsnap die beperkings van hierdie ervaringswêreld. Klimaat, geografie, taal, sosiale ekonomiese klas bepaal my geloofsoortuigings – verder versterk deur die bepaalde helde van daardie opgroei wêreld.

Die Bybel is ‘n versameling van helde se stories waar mense ‘n bepaalde bonatuurlike ervaring met God gehad het, wat gelei het tot ‘n sekere morele waardesisteem soos uiteindelik in die persoon en lewe van Christus gedemonstreer. Ek stem saam met Peterson, maar volgens die Bybel is daar vele valse messias / helde argetipe figure wat beherend anti-christus, teen-christus se waarde sisteem indruis.

Die Bybel bied getuienis en bewyse van ‘n bepaalde kritiese waarde sisteem, manier van dink, en leefwyse wat volhoubare betekenis gee aan ons bestaan.


Die anatomie van hoe ons geloof gevorm word.

  1. Ons wil graag die beste glo, dit werk vir ons, dit laat ons beter voel. Ons soek onmiddellike verligting. Die mensdom is in die algemeen toekomsgerig positief, ons glo die sleg sal nie met ons gebeur nie. As daar ‘n ry mense staan om die bankteller te gebruik, en ‘n persoon gee op omdat dit nie werk nie, sal die volgende 3 of 4 persone tog eers ook probeer, wanneer hulle almal faal, dan sal die hele ry wegstap.
  2. Ons persoonlikheid speel ‘n rol. Introverte is geneig om meer krities en negatief te wees, terwyl die ekstrovert meer geneig is om vergrotings en verdraaiings wat positief klink te benadruk. Everett M. Rogers se verspreiding van innovasie grafiek[v] toon hoe die vroeë aannemers 12.5% van die samelewing opmaak om nuwe dinge maklik te aanvaar, teenoor die 16% wat feitlik nooit aanpas nie.
  3. Niemand is ‘n eiland nie, elkeen se geïntegreerde kollektiewe geskiedenis, van ouers, oudstes en vooraanstaandes bepaal ons geloofsoortuigings. 
  4. 3 Persone Getuie Proses
    1. 1ste persoon – vreemde persoon vertel ‘n storie van dramatiese lewens ingryping. 
    2. 2de persoon – Iemand waarvan jy gehoor het met ‘credentials’ het dieselfde ervaring.
    3. 3rde persoon – jy jouself beleef dieselfde ervaring.
  5. Die moraliteit rondom ‘n sekere saak: Volgens Dr Jonathan Haidt het die linkse liberale politieke oorweging net ‘n a en b morele basis, terwyl die regte konserwatiewe benadering al 6 die morele basisse handhaaf.
    1. Omgee / Skade 
    2. Vryheid / onderdrukking
    3. Regverdigheid / bedrog
    4. Lojaliteit / Verraad
    5. Outoriteit / Onderdanigheid 
    6. Heiligheid / Degredasie[vi]
  6. Ecochambers – mense het verkeerdelik die idee, dat getalle (hoeveelheid likes en shares) die inhoudvalideer. Die industrie gebruik bots en algoritmes om die indikators te manipuleer. Die probleem hiermee is, dat mense met botsende teenstrydige geloofsoortuigings bitter min in dialoog met mekaar verkeer. Dit is bloot te moeilik en die kans dat ek kan verkeerd bewys word te vreesaanjaend dus bly ek by my tipes.[vii] Dr Gad Saad verduidelik in diepte hoe die huidige hoofstroom media, taal, en sosiale aktivisme polisie hulle ideologie van postmodernisme, radikale feminisme, sosiale konstruktivisme, kulturele en morele relativisme, en die kultuur van ewige slagofferskap afdwing op die massas. 
  7. Vrees vir Vervolging of ongerief. Douglas Murray verduidelik in sy boek “Madness of Crowds” die mag van die uitgesprokenes – en vrees vir stigmatisering, afknouery, negatiewe blootstelling, roem bekom/behou/verloor, onmiddellike verligting, en leef vir plesier mense se keuses en geloofsoortuigings bepaal. [viii]
  8. Mense se kort aandagspan, en die moeilikheidsgraad om akademiese studies of navorsing te lees, of te verstaan. Soek simplistiese oplossings vir die kompleksiteit van probleme. Ons bou dus simplistiese geloofsraamwerke en godsdiensoortuigings om sin te maak van die chaos.
  9. Mag van aannames, sonder eerste-handse empiriese, kwantifiseerbare data, wat deur spektrum van navorsers getoets en nagegaan is. Ons is te haastig. Onvolledige navorsing wat sistemies kruis-sektor navorsing doen.
  10. Vertel ‘n leuen herhaaldelik oor en oor, en mense begin dit glo.
  11. Ons is beide gevoel en rede mense. Die gevaar is om wanneer dit my kritiese besluite kom op gevoelens te rugsteun, en wanneer dit by mense verhoudinge kom alles te probeer rasionaliseer. Ons moet leer om emosies en rede reg te gebruik, by die regte konteks.
  12. Sekere mense se lokus van begrip is geanker in ‘n daadwerklike praktiese ek-moet-myself-red praksis, ander glo in die bonatuurlike kragte wat alles bepaal. Jesus het ‘n bepaalde middeweg tot die vraag: Wat moet ek doen, wat moet ek vertrou gaan die Here doen? Die een wat sy huis bou op die rots, was die een wat die Woord van die Here gehoor het, en dit toe gaan toepas het.

Die objek van ons geloof: 

Elke dag beleef ons oomblikke van probleme, vrae, uitdagings, chaos, wanorde, donker, onverwagte onbekende drama. Aan die ander kant het ons in ons pogings as mens om sin te maak uit al hierdie chaos, kulture, tradisies, orde, ideale, godsdienste, en ideologieë gevorm. Soms bied ‘n bepaalde tradisie en kennis net nie meer die relevante antwoorde om krisisse op te los nie. Hierdie worsteling vind byvoorbeeld plaas, wanneer iemand moet besluit om in ‘n stukkende huwelik te bly. Die onbekende van egskeiding, of die bekende van die huwelik. Nie een van die twee is werklik meer ‘n opsie nie. 

Jesus is die Lig, Waarheid, Woord, Antwoord, Weg, Rigting, Manier van leef uit hierdie moeilike vraagstuk. Die Gees van Christus bied ons die derde opsie, die geestelike lewe uitkoms in elke bepaalde chaos/orde konflik.


Jesus is dus die OBJEK van ons Geloof. 

Die wêreld as forum vir aksie is in wese ‘saamgestel’ uit drie elemente wat geneig is om hulself te manifesteer in tipiese patrone van metaforiese verteenwoordiging:

Eerstens is onontginde gebied – die Groot Moeder, die natuur, kreatief en vernietigend, die bron en die laaste rusplek van alle bepalende dinge.

Tweedens is die verkenningsgebied – die Groot Vader, kultuur, beskermende en tiranniese, kumulatiewe voorouerlike wysheid.

Derdens is die proses wat tussen onontginde en verken grondgebied bemiddel – die Goddelike Seun, die argetipes individu, kreatiewe ondersoekende “Woord” en wraakgierige teëstander. Ons is aangepas by hierdie ‘wêreld van goddelike karakters’, net soos die ‘objektiewe wêreld’. Die feit van hierdie aanpassing impliseer dat die omgewing in werklikheid ‘n forum is vir aksie.[1]

Ons almal haak soms vas in die donker dieptes van woede, haat, verontreg en te nagekom voel, wraakvolle onvergifnis, depressie, teleurstelling en uiteindelik self-verwoesting. 

Kennis help ook nie. Want al weet ons wat ons moet doen, kry ons dit nie gedoen nie. Wanneer ons vanuit Chaos of Orde optree, is dit asof ons tydsberekening uit is. Ons doen of sê die verkeerde ding op die verkeerde tyd.

Om jou oë op Jesus te hou, beteken om jou te verdiep om Jesus se manier en wyse van dink te verstaan, voor jy iets doen of sê. Jesus is die weg tussen chaos en orde! 

Die Bybel is ‘n versameling van Jesus oplossings, en verlossings dade wat ons geskapenheid in God se beeld bewussyn vier. Natuurlik vertel die Bybel ook die kere wat ons die Jesus standaard heeltemal mis, en in ‘n sondige, dierlike, self-gesentreerde, hou-vas-aan-beheer teen Christus optree. 

Hoe Groei ons dan in ons Geloof in Christus Jesus? 

  1. Volg my – Mat 8:229:9 19:21 Mark 2:14Joh 1:4410:27 21:19
  2. Glo in my – Mark 16:17John 4:215:246:35;
  3. Bly in My – Joh 15:4John 17:23Eph. 3:17Col. 1:23.
  4. Neem jou kruis op – Mat 16:24Mark 8:34-37Luk 9:23-25
  5. Gevul met die Gees van Christus – Phil 5:18Col 3:16Gal 5:16-22
  6. Identifiseer met Christus – Gal 2:20Rom. 6:6Gal. 5:246:14
  7. Christus in my – Col 1:27Rom 8:10-11
  8. My voorbeeld – Paulus versoek sy dissipels Wees my Navolgers soos ek Jesus navolg – Heb 6:12Phil 3:17

Abraham het God verstaan en gehoorsaam sonder die wet, of selfs toegang tot die skrif. (Gal 3:17-18) Die Bybel is dus nie ONS Orde nie. Skrifkennis kan mense mislei, want hulle sien nog steeds nie vir Christus raak nie!

Die finale uiteindelike doel is om Jesus te wees! 

Die goddelike ideaal van ‘n morele regdoen en opofferende lewe wat die donker boosheid goedmaak ‘redeem’ met betekenis. 

Peterson se sagmoedige verset teen kollektiewe aggressie wat deur slagoffers gedra word, is in diens van Jesus se persoonlikheidsrevolusie: die eenvoudige idee dat in plaas van om jou bure te blameer vir die chaos wat jy voel, kruisig jy jou trots, maak jy jou eie kamer skoon en weerstaan ​​die drang om aggressie en belediging te vergeld deur terug seer te maak. Kortom, dit is beter om ons kollektiewe groepsidentiteite van ras, geslag, etnisiteit te laat vaar. Die teenreaksie as wraakinstrument teen diegene wat ons vrees en haat bring ons eie ondergang mee. Ons kan eerder die monster in ons kruisig. Elkeen van die 12 reëls wat Peterson voorstel het te doen met persoonlike verantwoordelikheid om Jesus te wees, eerder as net te aanbid.^[ix]

Daar gebeur gedurig slegte goed met mense. Ons kan onsself wreek teen diegene wat ons te nagekom het, of ons kan soos Jesus ons lewe gee, hulle vergewe en deur ons offer saligheid vir ander aanbied. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword (Heb 5:8)

Die Jesus-Lewe is Vol Innovasie en Uitheemse Kreatiwiteit 

Jesus het nooit een wonderwerk dieselfde as die volgende een gedoen nie. Sy slim téén vrae ontlont die strikvrae van die regsgeleerdes en fariseërs. Sy gelykenis laat mense anders dink oor die lewe. Sy kragtige demonstrasie van die koninkryk van God waar hy siekes gesond maak, duiwels uitdryf is NOU-Oplossings vir die mense. Sy uitsonderlike wondertekens van op die water loop, storms stil maak, vissies en broodjies vermeerder, en water in wyn verander demonstreer ‘n outoriteit oor die kosmos en die aarde. Sy geloof bepaal Sy realiteit, nie Sy realiteit Sy geloof nie! 

My daaglikse soektog is nie sameswerings teorieë en kritiese foute ontledings nie, maar Jesus-tipe-oplossings! Jesus-tipe volhoubare, inklusiewe, verhoudings-gebaseerde, samewerkings oplossings wat Sy EDEN-Koninkryk hier op aarde kan demonstreer net soos dit in die hemel is! 

Die pessimis sien die glas halfleeg. 

Die optimis sien die glas halfvol.

Die opportunis drink die water in die glas! 

Elkeen van ons is geroep om JESUS te wees, en verlossing en genesing te bewerk in ons leeftyd! Moenie dat enigiets jou mee terughou nie! Hou jou oë gevestig op Jesus!


[i] Michael Shermer. The Believing Brain: From Ghosts and Gods to Politics and Conspiracies—How We Construct Beliefs and Reinforce Them as Truths”

[ii] Zimbardo, P., 2013. The lucifer effect. New York: Random House.

[iii] https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2802367/#CIT2

[iv] Peterson, J., 1999. Maps of Meaning. New York, NY, 10001: Taylor & Francis.

[v] https://en.wikipedia.org/wiki/Early_adopter

[vi] The righteous mind: why good people are divided by politics and religion / Jonathan Haidt

[vii] The Parasitic Mind: How Infectious Ideas Are Killing Common Sense by Gad Saad 

[viii] The Madness of Crowds: Gender, Race and Identity; THE SUNDAY TIMES BESTSELLER by Douglas Murray

[ix] 12 Rules for Life: An Antidote to Chaos by Jordan B Peterson