Geestelike Gimnasium

Hoe "connect" ek met die Here? Hoe leef ek 'n Christus-In-My bewuste lewe? Vind in hierdie boodskap die geestelike oefeninge wat jou gaan help.

Geestelike Gimnasium

#2 LEWE in OORWINNING

Met al die uiteenlopende persoonlikhede, tale, kulture, opvoedings, wêreldbeskouings, intellek en kennis wat ons samelewing verryk, kan die soeke na geestelike verbinding dikwels 'n esoteriese  misterieuse praktyk net vir die geestelike elite voorkom. Daar is letterlik ontelbare metodes, en tegnieke van spirituele ontwaking en konneksie wat wêreldwyd verkondig word.

Die Bybel bied egter beproefde geestelike praktyke wat eenvoudig en tog diep betekenisvol is vir ons daaglikse bestaan sodat ons gedurig in God se teenwoordigheid kan verkeer. Die Christendom is die enigste geloof wat verkondig wat God gedoen het om met ons in verbondenheid te lewe.

Dr. Jonathan Haidt se nuwe boek, "An Anxious Society: Understanding Modern Mental Health and Spiritual Healing"wat handel oor ons toenemend angstige samelewing, ondersoek die komplekse faktore wat bydra tot angs en geestesgesondheidskwessies in die moderne wêreld. In een spesifieke hoofstuk oor geestelike vormering, beklemtoon hy hoe geestelike praktyke en strukturele geloofsgewoontes 'n diep positiewe impak kan hê op mense se geestelike welstand en genesing. Hy ondersoek die rol van geestelike dissiplines soos gebed, meditasie, gemeenskap en selfrefleksie, wat volgens studies, 'n beduidende afname in spanning en angs toon. Dit is terwyl dit terselfdertyd 'n verhoogde sin van betekenis en innerlike vrede bevorder. Hierdie geestelike vormerings gee mense die gereedskap lewensdruk en emosionele uitdagings beter te hanteer. Haidt noem spesifiek hoe hierdie praktyke mense in staat stel om geestelike stabiliteit en emosionele veerkragtigheid op te bou in 'n chaotiese wêreld wat dikwels oorweldigend voel.[1]

Die Bybel staan as die oudste en mees blywende "sosiale platform" van die mensdom – een wat die omvang van enige moderne netwerk soos Facebook of Twitter ver oortref. Dink daaraan as 'n goddelik gemodereerde forum waar God self die standaarde stel, die gesprekke rig, en mense uitnooi om met die diepste vrae en mysteries van die lewe te worstel.

Waar sosiale platforms vandag ons die nuutste gedagtes, opinies, en raad van eindelose stemme bied, gee die Bybel 'n gesprek wat oor millennia eggo. Dit is nie 'n eensydige gesprek nie, maar 'n lewendige uitruil tussen God en die mensdom, en tussen mense self, wat elke faset van die bestaan verken: lewe en die hiernamaals, geregtigheid en genade, menslike verhoudings, en die strewe na dieper verbondenheid met God.

In ons daaglikse interaksies haal ons dikwels hedendaagse skrywers of kenners aan – wie se woorde vir 'n oomblik gewig dra, maar vinnig verlore gaan in die geraas van nuwe opinies en veranderende tendense. Wanneer ons die Skrif aanhaal, beroep ons ons egter op tydlose waarhede. Elke vers, elke verhaal, en elke lering in die Bybel staan soos 'n onwankelbare pilaar. Net soos vandag se leser diepgaande betekenis in hierdie woorde vind, so het die lesers voor ons, en so sal diegene wat ná ons kom. Die wysheid van die Bybel word nie net bewaar nie, maar is universeel toeganklik en nooi mense voortdurend uit om dieper te dink, te besin, en 'n gedeelde begrip te vind wat gegrond is in dit wat ewig en waar is.

In teenstelling met enige menslike netwerk, is die Bybel die plek waar ware, blywende verbinding plaasvind, wat tyd en kultuur oorskry. Sy waarhede verbind steeds mense oor eeue en lande heen in 'n gesprek wat dieper begrip, 'n eenheid van skeppingsdoel, en 'n visie van lewe bring wat onwankelbaar is.

 

1. Gedeelde Heilige Ruimtes  

Ware kerkwees vind plaas in ons saamwees!

Die Bybel beskryf ’n verskeidenheid van geestelike byeenkomste, elk met unieke doelwitte en instellings: heilige vergaderinge (Joël 2:15; Levitikus 23:36), gemeenskapsfeeste en vieringe (Eksodus 23:14-17; Deuteronomium 16:10-15), gebedsbyeenkomste (Handelinge 1:14; 12:12), aanbiddingsbyeenkomste in die tempel (Psalm 22:22; Lukas 2:37), sinagogebyeenkomste (Lukas 4:16; Handelinge 13:14), huisgemeentes en tuisbyeenkomste (Romeine 16:5; Filemon 1:2), openbare prediking en onderrig (Matteus 5:1; Handelinge 17:22-34), byeenkomste vir die voorlees van die Skrif (Nehemia 8:1-8; 1 Timoteus 4:13), gemeenskaplike maaltye soos die Nagmaal (Handelinge 2:42; 1 Korintiërs 11:20-26), genesings- en bevrydingbyeenkomste (Markus 1:32-34; Jakobus 5:14-16), vasbyeenkomste (Ester 4:16; Handelinge 13:2-3), raadvergaderings vir besluitneming (Handelinge 15:6-21; 1 Korintiërs 5:4), en gemeenskapsbyeenkomste vir bemoediging en onderrig (Hebreërs 10:25; Handelinge 2:46-47).

Geestelike byeenkomste bied verskeie sielkundige voordele wat individuele welstand beïnvloed en morele ontwikkeling bevorder. Een van die primêre voordele is 'n gevoel van behoort, aangesien mense saamkom in 'n gedeelde doel en geloof, wat gevoelens van isolasie verminder en geestesgesondheid verbeter. Mense is geskape vir verbinding, en geestelike byeenkomste skep 'n veilige ruimte waar individue verstaan en ondersteun voel, wat spanning, angs, en selfs depressie kan verlig. Hierdie byeenkomste skep ook 'n gedeelde identiteit en rede-vir-bestaan, wat selfwaarde en veerkragtigheid versterk, veral in 'n wêreld waar baie sukkel met 'n sin van betekenis.

'n Ander kragtige aspek is emosionele regulering. In gemeenskaplike instellings waar mense aanbid, bid, of getuienisse deel, vind individue dikwels 'n uitlaatklep om hartseer, dankbaarheid, vreugde, en selfs frustrasie uit te druk. Hierdie gedeelde emosionele uitdrukking help nie net om persoonlike uitdagings te verwerk nie, maar stel individue ook in staat om empatie vir ander te ervaar, wat vergifnis, medelye en geduld bevorder—sleutelkomponente van morele groei. Deur kollektiewe rituele soos gebed of sang ontstaan daar positiewe emosies en 'n gevoel van vrede, wat deugde soos geduld, goedhartigheid en nederigheid aanmoedig. Hierdie byeenkomste behels dikwels leringe of nadenke oor morele beginsels, wat konsepte soos eerlikheid, integriteit en respek op praktiese, verstaanbare maniere versterk.

Verder is verantwoordbaarheid ’n beduidende sielkundige voordeel van geestelike byeenkomste. Om deel te wees van 'n gemeenskap motiveer individue dikwels om volgens die gedeelde waardes wat hulle bely, te leef, aangesien hierdie waardes gereeld beklemtoon en versterk word. Die besef dat jou gedrag vir die gemeenskap saak maak, kan aksies wat skadelik of selfsugtig is, ontmoedig. Byvoorbeeld, wanneer deelnemers ander sien opoffer, diens verrig, of vergifnis betoon, word hierdie gedrag genormaliseer en aangemoedig, wat 'n siklus van positiewe morele gedrag versterk. Boonop, deur rolmodelle en mentors in hierdie byeenkomste, vind individue leiding om etiese dilemmas en uitdagings te hanteer, wat hulle besluitnemingsprosesse in die rigting van die groter goed vorm.

Laastens beklemtoon geestelike byeenkomste dikwels transendensie—'n fokus op iets groter as jouself. Hierdie perspektief help individue om selfgesentreerde neigings te laat vaar en om te oorweeg hoe hul dade ander beïnvloed, wat 'n ingesteldheid bevorder wat harmonie, vrede, en wedersydse respek waardeer. Dit versterk 'n etiese raamwerk wat in empatie en 'n hoër doel gewortel is, wat 'n meer gedissiplineerde, altruïstiese en moreel-geleide lewe inspireer. Op hierdie manier strek die sielkundige voordele van geestelike byeenkomste verder as die individu en beïnvloed dit die samelewing positief deur afgeronde, moreel bewuste mense te kweek.

Die stelling "ons gaan nie kerk toe nie, ons is kerk" is nie die volle waarheid nie. Ja, ons moet getuies wees van die waarheid in alles wat ons doen, MAAR "kerk" en "ekklesia" gebeur in ons saamwees.  Die vergadering van die volke tydens die jaarlikse sewe feeste was "holy convocations" genoem ! Daar is iets spesiaal wat gebeur wanneer ons as gelowiges bymekaar kom saam met ons Koning en HERE! 

"Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde." (Mattheüs 18:20)
In die hemelse vergadering, tussen die hemelwesens, staan God op om uitspraak te lewer. (Ps 82:1)

Ons samekomste is 'n hemelse parlementêre geleentheid met ons Koning en Regeerder.  Die tabernakel was die skepping van 'n heilige spasie, 'n plek van aanbidding, 'n veilige ruimte, sondes is bely en erken, restitusie en vergifnis is verkry. Deurdie eeue is katadrale en kerkgeboue gesien as die primêre heilige ruimtes om met God te versoen. Vandag bied die kerk verskeie heilige ruimtes, soos huiskerke, bybelstudie groepe en skole, en selfs aanlyn rumtes deur sosiale media.

Die Hebreeuse woord vir tabernakel is "מִשְׁכָּן" (mishkan), wat letterlik "woonplek" of "tuiste" beteken. Die woord kom van die Hebreeuse wortel shakan, wat "woon" of "bly" beteken, en dui op 'n plek waar God se teenwoordigheid kom om saam met Sy volk te bly.  God het nooit bedoel dat die gebou eerste kom nie, wanneer ons saamkom tabernakel ons met die Here, en dan volg geboue. Ook nie altyd nie, want toe Petrus 3 strukture wou oprig vir Moses, Elia en Jesus was hy nie toegelaat nie. (Lukas 9:28-36)

Die Christendom is die grootste HEILIGE PLEK skepper en instandhouer op die planeet!

2. Vleeswording 

In 'n wêreld waar gesonde en genesende aanraking al hoe meer skaar raak, bied die Bybel 'n heilige alternatief - handeoplegging. Genesis 48:14; Leviticus 1:4; Leviticus 3:2; Leviticus 4:15; Numbers 8:10; Numbers 27:18; Deuteronomy 34:9; Matthew 19:13-15; Mark 6:5; Mark 10:16; Luke 4:40; Acts 6:6; Acts 8:17; Acts 9:17; Acts 13:3; Acts 19:6; 1 Timothy 4:14; 2 Timothy 1:6; Hebrews 6:2. Siekes is die hande op gelê, en hulle het gesond geword. Ons lê ons hande op mense om sommige af te sonder vir 'n spesiale taak en sending.

Aanraking is ook spontaan soos om mekaar te groet met 'n drukkie, in die Bybel was dit 'n soen! Sommige gril vir hierdie gebruik, nogtans vind die kerk 'n manier om vir mekaar deur aanraking te wys ons gee om. Ons hou dikwels hande vas tydens gebed.

Verder beliggaam ons die Here se heerlikheid deur fisiese rituele soos nagmaal, lofprysing en dans, of saamwerk by 'n sopkombuis. Jesus as "die WOORD" wat vlees geword het en wie tussen ons kom woon" word "vlees" in ons geloofsdade wanneer ons doen wat die Here sê. 

"Ek vermaan julle... om julle liggame aan God te wy as 'n lewende, heilige offer wat vir Hom aanneemlik is." Romeine 122️⃣

Omdat die formering van lewensverandering in die hart begin, rig die Bybel ons om uiteindelike "heilige hande" op te steek in oorgawe aan die Here. Psalm 24:3-4; Psalm 134:2; 1 Timothy 2:8; James 4:8; Isaiah 1:15-16; Exodus 30:19-21; Leviticus 20:7; 2 Corinthians 7:1. Weereens 'n manier om die kragtige, heerlike en heilige teenwoordigheid van God te beliggaam hier op aarde net soos dit in die hemel is!

Ons liefdes dade aan mekaar is ook 'n vorm van vleeswording, waar ons net soos Jesus mekaar dien, help, ondersteun en opbou.

Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red? Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly, en sê nou een van julle sou vir hulle sê: “Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg,” maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan? So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. (James 2:14-17)

3. Meditatiewe Stilte en Fokus

Stilte, gebed en meditasie, refleksie, breek ons weg van afleidings, en herfokus ons op God. Die 'New age' beweging kaap hierdie pragtige en Bybels gefundeerde lewensbeginsel.   Die Bybel bevat ongeveer 23 verse wat direk of indirek na meditasie verwys, met die fokus hoofsaaklik op die nadenke oor God se Woord, Sy werke en Sy karakter. Die Hebreeuse konsep van meditasie in hierdie verse behels doelgerigte, diep nadenke en oorpeinsing, veral oor God se wet en dade.  Lees gerus die langste psalm in die Bybel Ps 119 oor hoe Dawid God se wil, wet, voorskrifte en verordening liefhet!

You will keep him in perfect peace, whose mind is stayed on You, because he trusts in You. (Isa 26:3) 

Die Woord 'Mind' in hierdie vers beteken: A masculine noun meaning form, framing, purpose, imagination. One use of this word was to refer to a pottery vessel formed by a potter. Dit beteken dus dat jou algehele bewussyn en verbeelding op God gerig raak in fokus en konsentrasie.

Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. (Josua 1:8) 

4. Selfverloëning 

Jesus is ons voorbeeld deurdat Hy Sy lewe neergelê het vir ons verlossing en redding. So leef ons ook 'n lewe van opoffering om ander eerste te stel. Ons "vergeet van onsself", selfs ons lyding is tot diens vir ander. 

“As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry. (Mat 16:24-25) 
Ek is nou bly oor al die lyding wat ek ter wille van julle moet verduur, want die vervolging van Christus het nog nie geëindig nie. Ek verduur my deel daarvan ter wille van sy liggaam, die kerk (Col 1:24) 

5. Versoening Ambassadeur 

Mat 18 en Luk 17 verwoord die praktyk van versoening in spesifieke detail. Hoe om die oortreder aan te spreek en te vermaan, en uiteindelik te vergewe wanneer hy of sy bely en erken hulle was verkeerd.  Dit is onvermydelik dat mense in enige konteks of groepering mekaar seermaak en nakom.  Die Bybel rig ons om daadwerklik die kwessies met respek "uit te praat" en daaruit te leer en te groei.  

Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. 2 Cor 5:18 
Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. (Mat 5:9) 

6. Vind Verwondering

Tyd in die natuur laat ons nederig voel en dra by tot die verstandhouding van ons plek in God se skepping.

Die mees geestelik transformerende ding wat ek gedoen het met betrekking tot my foon, is om dit glad nie in my slaapkamer te hou nie. Ek los dit elke aand onder in die huis, en in die oggend vat ek dit nie dadelik op nie. Ek maak eers koffie en dan gaan ek buite toe. Ek het omtrent vyf jaar gelede hiermee begin; ek gaan by my voordeur uit, ongeag waar ek in die wêreld is. Ek was al op die 30ste verdieping van hoë hotelle, en voor ek na ’n skerm kyk, kry ek eers ’n hysbak om buite te kom.  Wanneer ek uitgaan, dikwels vroeg in die oggend (vandagmôre was dit so om en by 5:30), word ek skielik net weer ’n skepsel. Ek voel klein—baie klein, eintlik. Die skerm maak jou bewus van jouself op ’n manier wat jou ego opswel, maar om buite te wees bring my terug na my ware plek in die wêreld. [2]

"Die hemel getuig van die heerlikheid van God, en die uitspansel maak die werk van Sy hande bekend."(Psalm 19:2) 

Navorsing toon aan dat virtuele realiteit (VR) terapie voordelig kan wees vir mense met demensie of Alzheimers, wat hul geestesgesondheid bevorder deur wonderlike en kalmerende ervarings. Wanneer pasiënte virtuele omgewings besoek soos strande, woude, of bekende plekke, ervaar hulle dikwels verminderde angs en depressie en verbeterde geheueherroeping. In spesifieke studies het pasiënte wat toegang tot sulke VR-terapie gehad het, verbetering in aandag en geheue getoon, sowel as positiewe interaksies met hul versorgers. Hierdie VR-ervarings help hulle om ou herinneringe op te roep en skep oomblikke van vreugde wat moeilik in tradisionele sorg omgewings bereik word. [3]

7. Mentorskap of Dissipelskap 

Geestelike mentors lei en versterk jonger gelowiges deur lewenswysheid en insig. 

"Volg my voorbeeld soos ek die voorbeeld van Christus volg." — 1 Korintiërs 11:1
Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.  (Mat 28:19-20) 
"Net so moet die ouer vroue in hul gedrag wees soos dit vir mense van God pas; nie kwaadpraters of slawe van oormatige wyn nie, maar leraars van wat goed is, sodat hulle die jonger vroue kan leer om hul mans lief te hê, hul kinders lief te hê, verstandig en kuis te wees, huislik en goedhartig, en hul mans onderdanig, sodat die woord van God nie in diskrediet gebring word nie." (Titus 2:3-5)

8. Pelgrimstog

Soos Jesus en Paulus, versterk geestelike reise ons doel en sending.  Deesdae gaan doen al hoe meer mense die "Camino".  Die geestelike lewe is soos 'n pelgrimsreis.  Daar is waarde daarin om op 'n spesifieke bedieningsuitreik te gaan, of soos onlangs tydens on mannekamp, saam 'n pad te ry wat uitdagend is, saam te gaan stap.  Dit resoneer en versterk ons geestelike reis met die Here.  

“Het ons hart nie warm geword toe Hy op die pad met ons gepraat en vir ons die Skrif uitgelê het nie?” Luk 24:31 

9. Nuutheid en Kreatiwiteit

Geestelike groei en innovasie bring betekenis en inspirasie tot ons alledaagse lewens.

"Kyk, Ek maak alles nuut." (Openbaring 21:5)
"Hy het ons gered, nie op grond van ons dade van geregtigheid nie, maar op grond van sy ontferming. Hy het dit gedoen deur ons die nuwe lewe te gee deur die wedergeboorte en deur ons te vernuwe deur die Heilige Gees." (Titus 3:5) 

10. Gesprek en Luister

Daar is niks so heilsaam as diep geestelike gesprekke, waar ons kan deel en vertel wat God besig is om vir ons te sê, en sodoende resoneer en spieelbeeld asof God hier nou by ons is.  

Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen. (1 Thes 5:11) 
Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom. (Eph 4:29)

11. Vas (Opoffering en Dissipline) 

Geestelike vas is 'n kragtige praktyk wat geestelike fokus, selfdissipline en ’n diep afhanklikheid van God bevorder. Om vir ’n tyd van voedsel te weerhou, raak ons bewus van ons behoefte aan geestelike voeding en stel ons ons harte oop vir God se stem en leiding. Hierdie praktyk van vas, wat in die Skrif as heilig gesien word, versterk ons geloof en dissiplineer ons gees om tydelik af te sien van aardse behoeftes om nader aan God te kom. 

Verder bied intermitterende vas—’n patroon waarin tye van eet en nie-eet afgewissel word—gesondheidsvoordele soos gewigsbeheer, verbeterde metabolisme, en selfs verbeterde breinfunksie en selregenerasie. Hierdie praktiese voordele maak vas nie net ’n geestelike hulpmiddel nie, maar ook ’n manier om liggaam en gees te suiwer, wat lei tot ’n holistiese verbetering van menslike welstand.

"Maar wanneer jy vas, salf jou hoof en was jou gesig." (Mat 6:17)

12. Geestelike Gawes - Bewussyn van die ewige-NOU 

"Lê julle toe op die gawes van die Gees" (1 Cor 14:1)

Dis heerlik om te sien hoe die Here ons gebruik wanneer ons vol van die Heilige Gees mekaar bedien met Profesie, woorde van wysheid en openbaringskennis, verskillende gawes van gesondmaking en genesing en selfs wonderwerke nie! 


[1] Haidt, Jonathan. An Anxious Society: Understanding Modern Mental Health and Spiritual Healing. Penguin Press, 2024.

[2] Why It Matters That Jesus Didn't Use Technology | Andy Crouch at NYU | Veritas Forum 

[3] A tiny study in the UK experiments with VR as a way of helping people living with dementia tap into past memories. https://www.beingpatient.com/virtual-reality-therapy-alzheimers-dementia/