Geloof
Gebedskursus
1. Wat is GELOOF? – Materiaal (Klik hier om oop te maak)
DIE GELOOFSTRYD
Ons is gewikkel in ‘n stryd om ons geloof te behou. Die hele aanslag van satan die vader van leuens is om ons die verkeerde goed te laat glo, of om ons te kry om op te hou glo! Sy hele aanvalstrategie is gerig teen ons geloof. As ons nie glo nie, gehoorsaam ons God ook nie meer nie. Onthou die duiwels glo ook IN God se bestaan en oppergesag, maar hulle bestaan in rebellie teen God.
Die fokus van satan en die wêreld is om jou te laat twyfel. Van die begin af vra satan; “het God waarlik gesê?” en toe hy Jesus versoek; “as jy die seun van God is”.
Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe, waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het. (1 Tim 6:12)
Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. (2 Timoteus 4:7)
Want net geloof kan God behaag. (Heb 11:6) Dit wat nie uit geloof is nie is sonde! (Romeine 14:23)
laat ons tot God nader met ‘n opregte hart en met volle geloofsekerheid. (Heb 10:22)
Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe. Besef julle dan nie self dat Christus Jesus in julle is nie? So nie, het julle die toets nie deurstaan nie. (2 Korintiërs 13:5)
Hulle vra Hom toe: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?” En Jesus antwoord hulle: “Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het.” (Johannes 6:28-29)
Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. (Efesiërs 6:16)
want enigeen wat ‘n kind van God is, kan die sondige wêreld oorwin. En die oorwinning wat ons oor die wêreld behaal het, is deur ons geloof. (1 Johannes 5:4)
Toe die eerste diakens en ouderlinge aangestel moes word, was mense gesoek met ‘n getuienis van “groot geloof” (Handelinge 6:5; 11:24)
Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.” (Luk 22:32)
Ons geloof word getoets op twee vlakke: Ons geloof en vertrou in God en ons geloof en vertroue in onsself. Petrus het begin sink nie omdat hy nie die Here geglo het nie, maar omdat hy skielik in God se vermoë in hom begin twyfel het.
WAT IS GELOOF DAN?
GLO IS SIEN
Dit wat jy sien sal jy glo. Ons is so ingestel. Ons glo in ʼn sekere dokter bo ʼn ander deur dit wat ons van hom gesien en gehoor het. Die advertensie wêreld verkoop so hulle produkte aan ons, deur eers vir ons te wys hoe dit werk, sodat ons vir onsself kan sien hoe goed dit werk. Alvorens jy nie in die gees begin sien en hoor nie, sal jy nie die onsienlike glo nie.
Want ons wandel nie deur dit wat ons (fisies) sien nie, maar deur dit wat ons in die gees sien. (2 Korintiërs 5:7)
Geloof is SEKERHEID
Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak. (Hebreers 11:1)
NOW FAITH is the assurance (the confirmation, the title deed) of the things [we] hope for, being the proof of things [we] do not see and the conviction of their reality [faith perceiving as real fact what is not revealed to the senses]. (Hebrews 11:1 AMPL)
In die onlangse fliek ͞The Avengers͟ word dit uitgebeeld hoe een van die Agente Phil Coulson besig is om te sterf: In sy sterwens oomblik sê hy: Agent Phil Coulson: You’re gonna lose. Loki: Am I? Agent Phil Coulson: It’s in your nature. Loki: Your heroes are scattered, your floating fortress falls from the sky… where is my disadvantage? Agent Phil Coulson: You lack conviction. Loki: I don’t think I… [Coulson shoots Loki with his BFG, causing Loki to be blown through the wall behind him]
Dit gaan nie oor die HOEVEELHEID geloof wat jy het nie.
Geloof hang nie af van hoeveel geloof jy het nie, maar van hoeveel jy met sekerheid sien. Al het jy geloof soos ʼn mosterdsaad… (Mat 17:20) Ons vertrou God nie, omdat ons Hom nog nie ken nie! Hoe meer jy eerstehands van God sien en hoor, hoe meer sal jy Hom kan vertrou. Dit is nie die hoeveelheid geloof wat God behaag nie. Kan jy op grond van die bietjie geloof wat jy het, gehoorsaam wees. Petrus het op grond van een woord, uit die boot geklim en op die water geloop. Die dissipels op die boot het ook gehoor en gesien, maar op die boot bly sit. Net hy het op grond van die woord wat hy gehoor het – beweeg.
Jesus verklaar dat dit die dissipels se ongeloof die rede was hoekom hulle nie die duiwel kon uitdryf nie. Deur julle ongeloof; Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hierdie berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie. Die probleem is weereens nie die hoeveelheid geloof nie, (ʼn mostertsaad is bitter klein) maar of hulle werklik die oortuiging het om op hulle geloof te reageer en te doen wat die Here wil hê! Geloof is ʼn oortuiging! Dis ʼn vaste sekerheid!
In die twee gevalle in die Bybel waar Jesus iemand se geloof as groot beskryf: Mat 8:10 en Mat 15:28 was dit juis die Die hoofman van Kapérnaüm en Die Kananése vrou se volharding, aanhouding; hardnekkigheid; deurdrywery, deursettingsvermoë wat Hom beïndruk het!
GELOOF is ‘n GESKENK
Daarom word geloof gelys as een van die VRUGTE van die Heilige Gees. (Gal 5:22)
Moenie van jouself meer dink as wat jy behoort te dink nie. Nee, lê jou liewer daarop toe om beskeie te wees in ooreenstemming met die maat van geloof wat God aan elkeen toebedeel het. (Rom 12:3)
GELOOF IS ‘n WERKWOORD
Daar is ‘n verskil tussen ‘beliefs’ en ‘faith’
Geloof is gehoorsaamheid. WAT baat dit, my broeders, as iemand sê dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Dié geloof kan hom tog nie red nie? (Jakobus 2:14) Bestudeer v14-26!
Daar is ʼn verskil tussen “VERONDERSTELLING” (presumption) en seker “GELOOF”.
Ware geloof kan op die proef gestel word. Jy mag die Here vir tekens vra, om seker te maak wat jy sien. (Gideon – Rig 6 en Hiskia – 2 Kings 20) Want geloof is seker! Jy is absoluut oortuig en seker van God se opdrag en bevel.
- Ware geloof is nie haastig nie. (Isa 28:16)
- Ware geloof is absolute oortuiging: Geloof is om so seker te wees dat al sou God jou nie red nie, jy nog steeds sal glo. Sien Daniel se drie vriende. (Dan 3:17)
- Ware geloof ken geen vrees nie. Die Kanaänitiese vrou (Mat 15:21-28)
- Ware geloof kan wag. Abraham moes 25 jaar wag vir die vervulling van die belofte vir ʼn seun. In die tyd was hy nie alleen nie, God het hom telkemale bemoedig deur engele te stuur. Ons is nie alleen in hierdie geloofstryd nie! Saam met die opdrag gee Hy ons ook die vermoë om dit uit te voer! (Joh 1:12)
- Ware geloof bring eenheid onder ander gelowiges. (Hand 1:14; 2:1; 46; 4:24; 5:12; 8:6)
2. Die Anatomie van geloof – Materiaal (Klik hier om oop te maak)
Geloofsoortuigings is kragtig, deurdringend en blywend. In hierdie hoofstuk wil ons probeer verstaan hoe oortuigings gebore, gevorm, gevoed, versterk, uitgedaag, verander en uitgedoof word. Kyk net die National Geographic Society se reeks oor Taboos om te sien watter ekstreme gewoontes en tradisies mense glo! https://www.natgeotv.com/int/taboo
Ons geloofsoortuigings is so divers en menigvuldig soos die hoeveelheid produkte op winkelrakke. Ons geloofsoortuigings word primêr deur ons familie, vriende, kultuur, geloof, opvoeding, studierigting en die hoofstroom wêreldbeskouing gevorm.
Geloof is energie. Jy doen nie iets as jy nie glo dit gaan vir jou werk nie. Geloof is sentraal tot oorlewing. Die kern van die “belief therapie” skool van vormings therapie is gebasseer om die diep-gesetelde geloofsoortuigings wat mense van hulleself het. (Self-talk) Hierdie interne self-geloof is wat jou keuses bepaal, en hoe jy die uitdagings en hindernisse van die lewe gaan mitigeer.
GELOOF en die BREIN
Hoe ons dink bepaal hoe jy glo.
In die omvattende Bybelinterpretasie Metodiek van hermeneutiek is dit duidelik dat mense nie die Bybel net lees soos dit daar geskrewe staan nie. Jou teologiese lens bepaal hoe jy ‘n bepaalde skrif gedeelte gaan interpreteer, verstaan en toepas. Bv. apartheid, bevryding van slawerny en segragasie, geslags minsderheids groepe, en groen ekologie groeperinge lees die Bybel elkeen vanuit ‘n ander bepaalde woordeskat, begrip, en konteks. Jou beroep, bevolkingsgroep geslag, taal, geografie bepaal hoe jy dan gaan glo.
Ons brein is ‘n geloofsoortuiging fabriek, wat sensoriese inligting versamel en derhalwe uiteindelik probeer om ‘n patroon of betekenis vanuit die data te formuleer. Geloof word primêr deur patrone en agentskap gevorm. In patrone soek ons konsekwentheid en agentskap soek ons legitimiteit. Soos ons ouer word, soek ons patrone van sukses, om ons eie sukses te behaal. Agentskappe soos die kerk, politieke partye, rolmodelle, kultuur en skool koester of vertroue in wat bestaande oortuigings versterk, of die stel ons teleur wat beteken ons soek ander agentskappe om ons teorieë te versterk.
Sodra ons ‘n bepaalde denkrigting inneem soek ons bevestiging, deur vriende te maak met mense wat soos ons dink. Dit is baie raar dat mense sommer van godsdiens of politieke denkrigting ‘n radikale verandering maak. Bloot omdat ‘n bepaalde geloofsoortuiging so lank geneem het om vorm binne ons aan te neem. Voeg nou ‘n spektrum van emosies en eenderse stories by, en die geloof-redenasie-oortuiging is vas gesement. Mense het gewoonlik klaar ‘n opinie gevorm, en versamel dan konneksies, vriende, bronne om die oortuiging te ondersteun.
Sosiale media en die inherente algoritmes bring nuwe aanlyn geografiese groeperinge mee, waar mense al hoe meer verdeeld raak, en ook meer antagonisties om oordele teen teenstrydige argumente te vel. In die VSA is die demokrate en republikeine nou nog meer verdeeld teenoor mekaar, en wil nie hê hulle kinders moet met opposisie party se kinders uitgaan nie. Mens is geneig om navorsing te doen, om jou argument te versterk nie om werklik die ander teenstrydige partye te verstaan nie.
Die rede is dat daar gewoonlik ‘n morele oordeel ontwikkel teenoor teenstrydige waarhede waar ons die ‘hulle’ demoniseer, dehumaniseer, de-individualiseer, en onsself distansieer.
Mense se geloof is baie kragtig. Vanuit die geskiedenis, sosiologie, sielkunde en ander vakgebiede is dit duidelik dat mense se geloof hulle realiteit bepaal, nie die realiteit hulle geloof nie. Die voorbeelde is legeo, mense glo wat hulle glo, al word die feite direk vir hulle uiteengesit.
Daar is al baie toetse gedoen oor die ‘placebo’ effek. Dit is waar mense vertel word dat hulle ‘n wonderkuur middel gaan kry, wat hulle gaan genees. Hulle kry inderwaarheid ‘n suikerpil, tog gebeur daar fisiese biologiese genesing en ‘n wonderwerk bloot omdat hulle glo. So het ‘n vrou wat sukkel met akute naarheid, 10 minute na sy die suikerpil gedrink het was haar naarheid weg. ‘n verdere ekstreme geval was waar ‘n persoon met ‘n skisofrenie en ‘n gesplete persoonlikheid se suikervlakke fisies verander wanneer sy glo sy is die diabeet persoonlikheid.
Die teenoorgestelde Nocebo effek is net so kragtig. Dit is waar mense hulleself siek glo, met die eerste geringe simptome.
The biochemistry of our body stems from our awareness. Belief-reinforced awareness becomes our biochemistry. Each and every tiny cell in our body is perfectly and absolutely aware of our thoughts, feelings and of course, our beliefs. There is a beautiful saying ‘Nobody grows old. When people stop growing, they become old’. If you believe you are fragile, the biochemistry of your body unquestionably obeys and manifests it. If you believe you are tough (irrespective of your weight and bone density!), your body undeniably mirrors it. When you believe you are depressed (more precisely, when you become consciously aware of your ‘Being depressed’), you stamp the raw data received through your sense organs, with a judgment – that is your personal view – and physically become the ‘interpretation’ as you internalize it. Our beliefs provide the script to write or re-write the code of our reality.
three permanent constituent elements of human experience: the unknown, or unexplored territory; the known, or explored territory; and the process; the knower, which mediates between them. These three “elements” constitute the cosmos — that is, the world of experience — from the narrative or mythological perspective.
Volgens – Jordan B Peterson in sy boek Maps of meaning, is daar drie kragte aan die werk in die psige van die mens: Die bekende en die onbekende, en die kenner wat tussen die eersgenoemde dimensies beweeg. Anders gestel chaos, orde en geloof. Ons beleef elke dag bepaalde onverklaarbare chaos van dinge wat verkeerd loop, en die orde van hoe dinge werk en verstaan word uitdaag en konfronteer. Dit is deur wyse geloof waar die ‘nou’ antwoord gevind word vir ‘n bepaalde tyd, plek en agentskap.
Ons word gebore in ‘n wêreld met talryke objekte, huise, beddens, kamers, kos en speelruimtes. Ons ervarings word in hierdie versameling van objekte gevorm. Die primêre objekte in ons wêreld is mense, ons ouers, familie, kerk, skool, gemeenskap en tipe regering. Min mense onsnap die beperkings van hierdie ervaringswêreld. Klimaat, geografie, taal, sosiale ekonomiese klas bepaal my geloofsoortuigings – verder versterk deur die bepaalde helde van daardie opgroei wêreld.
Die bybel is ‘n versameling van helde se stories waar mense ‘n bepaalde bonatuurlike ervaring met God gehad het, wat gelei het tot ‘n sekere morele waardesisteem soos uiteindelik in die persoon en lewe van Christus gedemonstreer. Ek stem saam met Peterson, maar volgens die Bybel is daar vele valse messias / helde argetipe figure wat beherend anti-christus, teen-christus se waarde sisteem indruis.
Die Bybel bied getuienis en bewyse van ‘n bepaalde kritiese waarde sisteem, manier van dink, en leefwyse wat volhoubare betekenis gee aan ons bestaan.
HOE WERK GELOOF?
Hoe kom ons tot geloof, om sekere dinge te glo?
1. Drie Persone Proses
1ste persoon – vreemde persoon vertel ‘n storie van dramatiese lewens ingryping.
2de persoon – Iemand waarvan jy gehoor het met ‘credentials’ het dieselfde ervaring.
3rde persoon – jy jouself beleef dieselfde ervaring.
2. Groepsdruk (Ecochambers) – mense het verkeerdelik die idee, dat getalle (hoeveelheid likes en shares) die inhoud valideer. Die industrie gebruik bots en algoritmes om die indikators te manipuleer.
2. Wêreldbeskouings – (Madness of crowds) – die mag van die uitgesprokene – en vrees vir stigmatisering, bullying, negatiewe blootstelling, roem bekom/behou/verloor, onmiddellike gratification.
3. Mag van aanames, sonder eerste-handse imperiese, kwantifiseerbare data, wat deur spektrum van navorsers getoets en nagegaan is. Ons is te haastig. Onvolledige navorsing wat sistemies kruis-sektor navorsing doen. Mense se kort aandagspan, en reluctance om akademiese studies of navorsing te lees, of te verstaan.
4. Persoonlike Misleiding – self regverdiging. Vertel ‘n leuen herhaaldelik oor en oor, en mens begin dit glo. Vorige President Jacob Zuma voel verontreg m.b.t die strafproses teen hom, omdat hy glo hy het niks verkeerd gedoen nie. “deceitful above all things is the heart of man” Jer 17:9
DIE OBJEK VAN ONS GELOOF
Elke dag beleef ons oomblikke van probleme, vrae, uitdagings, chaos, wanorde, donker, onverwagte onbekende drama. Aan die ander kant het ons in ons pogings as mens om sin te maak uit al hierdie chaos, kulture, tradisies, orde, ideale, godsdienste, en ideologieë gevorm. Soms bied ‘n bepaalde tradisie en kennis net nie meer die relevante antwoorde om krisisse op te los nie. Hierdie worsteling vind byvoorbeeld plaas, wanneer iemand moet besluit om in ‘n stukkende huwelik te bly. Die onbekende van egskeiding, of die bekende van die huwelik. Nie een van die twee is werklik meer ‘n opsie nie.
Jesus is die Lig, Waarheid, Woord, Antwoord, Weg, Rigting, Manier van leef uit hierdie moeilike vraagstuk. Die Gees van Christus bied ons die derde opsie, die geestelike lewe uitkoms in elke bepaalde chaos/orde konflik.
Jesus is dus die OBJEK van ons Geloof.
Die wêreld as forum vir aksie is in wese ‘saamgestel’ uit drie elemente wat geneig is om hulself te manifesteer in tipiese patrone van metaforiese verteenwoordiging:
Eerstens is onontginde gebied – die Groot Moeder, die natuur, kreatief en vernietigend, die bron en die laaste rusplek van alle bepalende dinge.
Tweedens is die verkenningsgebied – die Groot Vader, kultuur, beskermende en tiranniese, kumulatiewe voorouerlike wysheid.
Derdens is die proses wat tussen onontginde en verken grondgebied bemiddel – die Goddelike Seun, die argetipiese individu, kreatiewe ondersoekende “Woord” en wraakgierige teëstander. Ons is aangepas by hierdie ‘wêreld van goddelike karakters’, net soos die ‘objektiewe wêreld’. Die feit van hierdie aanpassing impliseer dat die omgewing in werklikheid ‘n forum is vir aksie.[1]
Ons almal haak soms vas in die donker dieptes van woede, haat, verontreg en te nagekom voel, wraakvolle onvergifnis, depressie, teleurstelling en uiteindelik self-verwoesting.
Kennis help ook nie. Want al weet ons wat ons moet doen, kry ons dit nie gedoen nie. Wanneer ons vanuit Chaos of Orde optree, is dit asof ons tydsberekening uit is. Ons doen of sê die verkeerde ding op die verkeerde tyd.
Om jou oë op Jesus te hou, beteken om jou te verdiep om Jesus se manier en wyse van dink te verstaan, voor jy iets doen of sê. Jesus is die weg tussen chaos en orde!
Die Bybel is ‘n versameling van Jesus oplossings, en verlossings dade wat ons geskapenheid in God se beeld bewussyn vier. Natuurlik vertel die Bybel ook die kere wat ons die Jesus standaard heeltemal mis, en in ‘n sondige, dierlike, self-gesentreerde, hou-vas-aan-beheer teen Christus optree.
HOE GROEI ONS IN ONS GELOOF IN CHRISTUS?
1. Volg my –
Mat 8:22; 9:9 19:21 Mark 2:14; Joh 1:44; 10:27 21:19
2. Glo in my –
Mark 16:17; John 4:21; 5:24; 6:35;
3. Bly in My –
Joh 15:4; John 17:23; Eph. 3:17; Col. 1:23.
4. Neem jou kruis op –
Mat 16:24; Mark 8:34-37; Luk 9:23-25
5. Gevul met die Gees van Christus –
Phil 5:18; Col 3:16; Gal 5:16-22
6. Identifiseer met Christus –
Gal 2:20; Rom. 6:6; Gal. 5:24; 6:14.
7. Christus in my –
Col 1:27; Rom 8:10-11
Paulus versoek sy dissipels wees my Navolgers soos ek Jesus navolg – Heb 6:12; Phil 3:17. Die Bybel anker geloof dus op twee bene:
Die rolmodel van leier figure wat Jesus navolg.
Die persoonlike begrip en insig in Christus.
Abraham het God verstaan en gehoorsaam sonder die wet, of selfs toegang tot die skrif. (Gal 3:17-18) Die Bybel is dus nie ONS Orde nie. Skrifkennis kan mense mislei, want hulle sien nog steeds nie vir Christus raak nie!
DIE UITKOMS VAN ONS GELOOF
Die goddelike ideaal van ‘n morele regdoen en opofferende lewe wat die donker goedmaak ‘redeem’ met betekenis.
Peterson se sagmoedige verset teen kollektiewe aggressie wat deur slagoffers gedra word, is in diens van Jesus se persoonlikheidsrevolusie: die eenvoudige idee dat in plaas van om jou bure op te blameer vir die chaos wat jy voel, kruisig jy jou trots, maak jy jou eie kamer skoon en weerstaan die drang om aggressie en belediging te vergeld deur terug seer te maak. Kortom, dit is beter om nie meer vas te hou aan ons kollektiewe groepsidentiteite van ras, geslag, etnisiteit nie. Of om wette en teenreaksie te bedink as wraakinstrument teen diegene wat ons vrees en haat nie. Ons kan eerder die monster in ons kruisig. Elkeen van die 12 reëls wat Peterson voorstel het te doen met persoonlike verantwoordelikheid om Jesus te wees, eerder as net te aanbid.[2]
Daar gebeur gedurig slegte goed met mense. Ons kan onsself wreek teen diegende wat ons te nagekom het, of ons kan soos Jesus ons lewe gee, hulle vergewe en deur ons offer saligheid vir ander aanbied. Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is. En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword (Heb 5:8)
Die Jesus-Lewe is Vol Innovasie en Uitheemse Kreatiwiteit
Jesus het nooit een wonderwerk dieselfde as die volgende een gedoen nie. Sy slim téén vrae ontlont die strikvrae van die regsgeleerdes en fariseërs. Sy gelykenis laat mense anders dink oor die lewe. Sy kragtige demonstrasie van die koninkryk van God waar hy siekes gesond maak, duiwels uitdryf is NOU-Oplossings vir die mense. Sy uitsonderlike wondertekens van op die water loop, storms stil maak, vissies en broodjies vermeerder, en water in wyn verander demonstreer ‘n outoriteit oor die kosmos en die aarde. Sy geloof bepaal Sy realiteit, nie Sy realiteit Sy geloof nie!
My daaglikse soektog is nie sameswerings teorieë en kritiese foute ontledings nie, maar Jesus-tipe-oplossings! Jesus-tipe volhoubare, inklusiewe, verhoudings-gebasseerde, samewerkings oplossings wat Sy EDEN-Koninkryk hier op aarde kan demonstreer net soos dit in die hemel is!
Die pessimis sien die glas halfleeg.
Die optimis sien die glas halfvol.
Die opportunis drink die water in die glas!
Elkeen van ons is geroep om JESUS te wees, en verlossing en genesing te bewerk in ons leeftyd!
Moenie dat enigiets jou mee terughou nie! Hou jou oë gevestig op Jesus!
Bibliografie en verwysings:
Michael Shermer. The Believing Brain: From Ghosts and Gods to Politics and Conspiracies—How We Construct Beliefs and Reinforce Them as Truths”
Zimbardo, P., 2013. The lucifer effect. New York: Random House.
https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC2802367/#CIT2
Murray, D., 2020. The madness of crowds. London, United Kingdom: Bloomsbury Continuum.
Peterson, J., 1999. Maps of Meaning. New York, NY, 10001: Taylor & Francis.
3. Geloofdoders – Materiaal (Klik hier om oop te maak)
1 Onkunde
Ignorance of the faith puts Christians at risk of following a “do-it-yourself” religion, Pope Benedict XVI. Beskryf vir my jou geloof? Wat glo jy oor die grondbeginsels van die Christen geloof? Jesus se opstanding? Die fondasie van Kerk? Jesus se vleeswording maar Godheid? Die sekulêre, humanistiese, relatiefisme, en groepsdruk van die meerderheid bedreig die fundamentele geloofswaardes van ons geloof. Wat glo jy oor wonderwerke en hedendaagse bonatuurlike werking van die Gees? Wat jy glo bepaal jou lewe, soos in die vorige hoofstuk bespreek. As jy dus nooit hoor dat God nog steeds red, genees en bevry van demoniese boosheid nie, het jy dan nie geloof vir hierdie werkinge van God nie.
DIE geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. (Heb 11:1) Omdat ons nie God se wil verstaan nie, weet ons nie wat om te glo nie. Ons leer wat SY wil is deur die geopenbaarde Woord. Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (Rom 10:17) Enigiets wat al deur die mens geskep was het deur die geloof tot stand gekom. Iemand moes dit eers sien. Daarna tot aksie oorgaan om planne te teken, te eksperimenteer, dit te vervaardig, die koste te bereken en soms ten koste van self te sien hoe dit die lig sien.
2 Aandring op bewyse volgens die sintuie sonder die Woord.
Romeine 4:17 soos geskrywe is: Ek het jou ‘n vader van baie nasies gemaak – voor die aangesig van God in wie hy geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. Joh 20:29 Jesus sê vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het. Sommige wil net eers sien voor hulle glo! Die Here ontmoet ons ongeloof, en soos in Thomas se geval laat Jesus toe dat hy sy vingers in Jesus se deurboorde hande steek. Dit is belangrik om vir jouself sekere geloofswaarhede uit te maak, en bewyse te bekom. Iewers moet jy egter besluit, en tot ‘n vergelyk kom, en verklaar ek glo! (Rom 10:9-10) In Josh McDowell se boek “Evidence that demands a verdict” vertel hy dat daar meer wetenskaplike bewyse is dat God wel ‘n realiteit is as teen sy bestaan. Tog kom mense nie tot bekering op grond van die bewyse nie, maar omdat hulle glo!!
3 Haastigheid and angstigheid
Whoever believes will not act hastily. (Isa 28:16) Mens moet soms iets dadelik doen, en nie langer uitstel nie. Maar soms forseer ons, ons agenda omdat dit nou moet gebeur, anders is die geleentheid verby. Hierdie is natuurlik ‘n baie ou verkoopstaktiek, om mense te kry om iets dadelik te doen, al het hulle nog nie al die feite nie. Die balans is moeilik, maar geloof is nie haastig nie, want die uitkoms van jou geloof het alreeds in God (se ewige nou) gebeur. God se Woord kan nie leeg terug keer nie, dit sal in hierdie aardse bestaan of in die hemelse, maar dit gaan gebeur! Vrees is geloof in trurat, dit het nog nie gebeur nie, maar ons vrees dit gaan gebeur. (2 Petrus 1:7) Indien jy jou vrees uitspreek, sal dit gebeur volgens jou geloof en woorde. Innerlike vrede en saligheid is ‘n seker teken van geloof. (Phil 4:8)
4 Geloof teenoor Veronderstelling
Hebreers 11:1 Faith makes us sure of what we hope for and gives us proof of what we cannot see. As jy dit nie sien nie, sien jy dit nie! Jy kan nie gaan op wat iemand ander sien of gesien het nie. Eet van die boom van lewe. (Wat het van dog geword?) Geloof kom, en is 100% seker! Dit is hoe geloof wat van God kom werk! Dit is in Sy persoon en karakter as God verseël! Ons wil graag sekere dinge hoop en glo, maar God het nog nie ‘n definatiewe JA bepaal nie. Soos Petrus wat op die Water wou loop, Hy moes eers vra! Here, as dit U is, beveel my om op die water na U te kom en Hy sê: Kom! (Mat 14:28) Jesus wek vir Lasarus op: Vader, Ek dank U dat U My verhoor het; en Ek het geweet dat U My altyd verhoor, maar ter wille van die skare wat rondom staan, het Ek dit gesê, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het. En nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n groot stem geroep: Lasarus, kom uit! (Joh 11;41-43) Jesus forseer nie, pleit of smeek nie, onderhandel nie! Hy spreek bloot ‘n woord! Hy het alreeds die Ja van God ontvang!
5 Verwar geloof en hoop
“Faith” (from the latin fidere – to trust) is typically defined as a belief which expresses confidence in the truth, value, or veracity of something or someone, and is often characterized by an absence of verifiable empirical justification or logical proof. Geloof kom eerste en dan begrip. Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie. (Heb 11:3) Geloof is dus absolute sekerlikheid! Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. Markus 11:24)
Hoop is soos ‘n positiewe ingesteldheid. Hoop is die rigting van my hart, ek verwag en hoop op die beste! Hoop is nie ‘n spesifieke sekerheid nie, maar eerder ‘n hartsingesteldheid in die persoon en karakter van God. Hoop is die geduld en fokus om jou geloof te behou, en deur te sien tot op die einde.
Hoop is in die toekoms, geloof is nou. Deur die geloof is ek alreeds in my toekoms.
6 Selfbedrog
As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs. (Jakobus 1:26) Daarom is dit belangrik om jou geloof uit te spreek. As jy te bang is om dit sê is dit nog nie geloof nie maar hoop. Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? (Jer 17:9) Petrus het nie op die water geloop nie maar op Sy geloof in die woord wat Jesus vir Hom gesê het en omdat hy gesien het hoe Jesus dit doen. Totdat hy begin twyfel het… en in homself begin twyfel het. Jou vertwyfeling is altyd gekoppel aan self-vertwyfeling! Natuurlik is dit onmoontlik as mens om op die water te loop, maar alles van die JESUS lewe is onmoontlik vir die mens! Die ryk jongman kan nie die Here gehoorsaam om alles te gaan verkoop nie. Jesus is beswaard en gebruik ‘n radikale hiperbool metafoor: Want dit is makliker vir ’n kameel om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die koninkryk van God in te gaan. Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word? Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik. (Luk 18:26-27) God stel ons instaat om te kan reg lewe! God stel ons in staat om Hom te gehoorsaam! Ons “CONFIDENCE” is in Sy keuse om ons te wil gebruik!
7 Betwyfel die Woord
Petrus het nie op die water geloop nie maar op Sy geloof in die woord wat Jesus vir Hom gesê het en omdat hy gesien het hoe Jesus dit doen. Totdat hy begin twyfel het… en in homself begin twyfel het. Jou vertwyfeling is altyd gekoppel aan self-vertwyfeling! Daarop sê die wat dit gehoor het: Wie kan dan gered word? Maar Hy antwoord: Die dinge wat by mense onmoontlik is, is by God moontlik. (Luk 18:26-27)
Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God deur ons. (2 Kor 1:20) God is geen man dat Hy sou lieg nie; of ‘n mensekind dat dit Hom sou berou nie. Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? (Num 23:19)
8 Verkeerde denkpatrone
Mar 11:23 Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see – en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê, sal gebeur – hy sal verkry net wat hy sê. Dit wil sê wie se gedagtes en denke nie vernuwe is volgens die woord nie.
Veroordeling teenoor geregtigheid, sameswering teorieë en agterdog, kritiek en negatiwiteit, rassisme en ons-hulle, oorsaak en gevolg, wag op messias. Jesus slaap in die storm. Mark 4:39; Luk 8:24 “Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie?” Hulle projekteer dat Hy iets moes doen. “Waar is julle geloof?” Jesus bestraf hulle ongeloof dat hulle niks gedoen het nie.
BOEKE OM JOU GELOOF IN GOD TE VERSTERK – Hoekom glo ons wat ons glo?
Josh McDowell, Evidence That Demands a Verdict: Life-Changing Truth for a Skeptical World
Norman Geisler, Frank Turek, I Don’t Have Enough Faith to be an Atheist
Lee Strobel, The Case for Christ: A Journalist’s Personal Investigation of the Evidence for Jesus
4. Geloof en Groep Identiteit – Materiaal (Klik hier om oop te maak)
Hoekom lyk dit asof die kerk nie in Sy doel slaag nie? So baie mense sê hulle is gered, hulle is kerkmense. Volgens die 2013 SASensus dui 84.2% vd land se mense aan hulle is Christene, en 60% is elke week in ‘n kerkbyeenkoms. (1) Ses uit tien mense dui aan dat hulle daagliks bid. Dan moet ons land mos van die beste plekke op aarde wees om te leef! Ongelukkig is die teendeel waar:
- Volgens die “Kwaliteit van lewe” Indeks is RSA 88ste posisie uit 151. In hierdie indeks word daar na 37 faktore gekyk onder primêr 7 kategorieë: stabiliteit, mense regte, gesondheid, veiligheid, klimaat, koste v lewe, en populariteit. (2)
- Met die Gesonde Demokrasie Indeks is RSA 47 uit 176 lande, met ‘n 0.72 telling en ‘n gebrekkige demokrasie aanduiding. (3)
- Volgens die wêreld se “Goedhartigheid” indeks is RSA 45 uit 126. (4)
- Die “Corruption Perceptions Index” vir die openbare sektor toon 56 punte in Suid -Afrika vir 2020. Die skaal is van 0 tot 100, waarin korrupsie toeneem, hoe hoër is die getal. Met hierdie uitslag beklee Suid -Afrika die 73ste plek. Die Verenigde State is op die 26ste plek met ‘n telling van 33. Die ranglys word gelei deur Denemarke met ‘n waarde van 12. Die mees korrupste land in die laaste plek is Suid -Soedan (88 punte). (5)
Ons vaar dus redelik gemiddeld, maar mens sou verwag dat gegewe ons sterk Christelike tradisie ons baie beter sou doen. Aan die ander kant het Suid Afrika juis a.g.v sy Christelike karakter al onmoontlike hindernisse oorkom. Die grondslag van die opposisie teen apartheid het onder swart, en ‘n paar selektiewe wit kerkleiers begin met die stigting van die ANC 8 Januarie 1912.
Die dramatiese verandering in die politieke stelsel is op ‘n wonderbaarlike wyse relatief vreedsaam bewerkstellig. Suid-Afrika is een van die min lande in Afrika (en die res van die ontwikkelende lande) wat nie ‘n staatsgreep ondergaan het nie. Die veelpartysamesprekings, waarvolgens die nuwe Suid-Afrika in plek gestel is, het gelei tot die ontwikkeling van die Grondwet van Suid-Afrika met stewige beskerming van menseregte. Dit is nou weer die kerk gemeenskap in RSA wat die toon aangee om die Regering verantwoordbaar te hou na ‘n meer publiek deelnemende vorm van lokale regering. (6)
Die ander minder bekende probleem is dat die lande wat op die bogenoemde indekse die beste vaar worstel met beduidende hoë getalle van depressie, en gebruik van antidepressante. (7) Thomas Aquinas, het een keer die vraag gevra: Wat sou ons begeerte bevredig? Wat sal nodig wees om tevrede te voel? Die antwoord waarmee hy vorendag gekom het, was: ALLES. Ons sal alles en almal moet beleef en deur alles en almal ervaar moet word om tevrede te voel. Eet by elke restaurant; reis na elke land, elke stad, elke eksotiese omgewing; ervaar elke natuurwonder; wees lief vir elke maat wat ons moontlik kan begeer; wen elke toekenning; klim tot bo -op elke berg; besit elke item ter wêreld.
Materiele besittings kan nie mens innerlik tevrede stel of ‘n gevoel van betekenisvolle bestaan gee nie.
Ons moet ons eers bekeer voor ons kan reg glo!!
“Bekeer julle en glo die evangelie.” Mark 1:15 Voor jy glo, bekeer? Wêreld beskouing!!
3340. μετανοέω metanoéō – denoting change of place or condition, and noéō (G3539), to exercise the mind, think, comprehend. To repent, change the mind, relent. Theologically, it involves regret or sorrow, accompanied by a true change of heart toward God.
Hierdie verandering van denkpatroon is wesenlik tot Jesus se hele prediking: Hy was die heeltyd besig om die denke van Sy tyd te konfronteer, met ‘n ander manier van dink! Jesus herhaal 5 keer in Mat 5:21-48 “Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is”. In hierdie een boodskap proklameer Hy geheel en al ‘n ander perspektief en manier van dink oor: naastediens, egbreek en die verbond van die huwelik, die waarde van jou woord, retribusie; en hantering van vyande!
Reg dink en reg glo gaan dus hand aan hand.
Geloof is ‘n kollektiewe oefening.
Jesus keer tydens Sy publieke bediening terug na die dorpie Nasaret waar Hy groot geword het, en kan byna geen wonderwerke daar verrig nie. (Mark 6:1-6; Matt. 13:53-58; 9:35; Luk. 4:16-30) “Hy was verbaas oor die ongeloof van die mense.”
Later lees ons ook van ‘n dorpie van die Samaritane wat Hom ook nie wou ontvang nie. Ná die Assiriese inval in Israel, die noordelike ryk, het die Assiriërs die Israeliete weggevoer en die land met ander ondergeskikte volke herbevolk (2 Kings 17:24–41). Die gemengde ras wat só ontstaan het, het as Samaritane bekend gestaan en daar was ’n vurige haat tussen hulle en die “regte Jode” (8)
Dan waarsku Jesus ook teen die suurdeeg van die Fariseers en die Saduseers. (Mat 16:6, 11,12) maar ook van Herodus. (Mark 8:15). Dit impliseer weereens ‘n groepering van geloof wat vyandelik is teenoor Christus Jesus.
Sonde, of dan verkeerd glo het 2 dimensies: Individuele verkeerd en sosiale groepering se verkeerd.
Verkeerd dink en gevolglik verkeerd doen, word sosiale sonde, of strukturele sistemiese sonde genoem. Apartheid, slawerny, uitbuiting van minderheidgroepe, en sosiale stigmatisering sou voorbeelde hiervan wees.
Jesus het die dorpe waar die meeste van sy wonderdade plaasgevind het, ernstig aangespreek omdat hulle hulle nie bekeer het nie: “Ellende wag vir jou, Gorasin! Ellende wag vir jou, Betsaida! Want as in die heidense stede Tirus en Sidon die wonderdade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle lankal sakke aangetrek en as op hulle koppe uitgegooi het om te wys dat hulle tot inkeer gekom het. Ek verseker julle dat dit vir Tirus en Sidon makliker sal wees op die oordeelsdag as vir julle. En jy, Kapernaum, jy dink tog seker nie jy sal hemelhoog verhoog word nie? Die realiteit is dat jy in die doderyk sal beland. Want as in Sodom die wonderdade plaasgevind het wat in jou plaasgevind het, sou dit tot vandag toe bly voortbestaan het. Ek verseker jou, dit sal vir die land Sodom makliker wees op die oordeelsdag as vir jou.” (Mt 11:20–24). (Luk 10:12-15) Hier word dus ‘n kollektiewe, groep denke, kultuur aangespreek!
Nog ‘n goeie voorbeeld van groep identiteit verkeer glo:
Ellende wag vir dié wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter. Ellende wag vir dié wat dink hulle het die wysheid in pag, wat dink hulle het baie verstand. Ellende wag vir dié wat helde is by wyndrinkery, dapper by die meng van hulle drank, wat die skuldige vryspreek vir omkoopgeld, maar ‘n onskuldige sy reg ontneem. Daarom, soos stoppels deur vuur verteer word en hooi in vlamme opgaan, so sal dit met hulle gaan. Hulle sal met wortel en tak uitgeroei word, want hulle het hulle nie gesteur aan die openbaring van die Here die Almagtige nie, hulle het die woord van die Heilige van Israel verwerp. (Isa 5:20-24) Hierdie skrifgedeelte is vandag nog steeds netso relevant!
Jesus se latere bediening is spesifiek gerig teen die “tempel sisteem van priesters, skrifgeleerdes, Sanhedrin en fariseërs”
Ellende wag vir die Skrifgeleerdes en Fariseers: Mat 23:14- 29
Luk 11:46-54 Ellende wag vir julle wetsgeleerdes
Luk 6:25 Ellende wag vir julle wat julle nou vol eet
Luk 6:26 Ellende wag vir julle wat nou lag
John 2:12-25 Die reiniging van die tempel – geld wisselaars.
Wêreldbeskouing en Kultuur
Ons weet van verskeie voorbeelde waar mense besluite gegrond het op die verkeerde interpretasie van die Bybel met katastrofiese resultate. Verkeerde Bybel uitleg kan jou lewe kos:
- Lev 7:26; 17:10-14 teen bloedoortapping
- Deut 23:2 rassisme – verwyder die baster uit ons midde – Hier is ‘n skakel hoe om rassisme uit te roei.
- Die entstof is die 666. Volg ‘n breedvoerige skrifuitleg oor die kwessie hier.
Die teendeel is ook waar. Hoeveel mense met geen skrifgeleerdheid het al ‘n Gideons Bybel in ‘n hotel kamer opgetel en tot redding gekom nie.
Bestudeer gerus verder die basiese beginsels hoe om die Bybel Reg te interpreteer hier.
Voorbeelde van twyfelagtige nie-volhoubare Geloofoortuigings
- Nuwe “oosterse” spiritualiteit
- Post-Modernisme
- Verbruikerisme
- Sekulêrisme
- Sosialisme of kapitalisme
- Wettisisme & Joodse Spiritualiteit
- Ophouing Teologie
- Welvaart Teologie vs Armoede Teologie
Volg gerus die skakel hieronder vir ‘n volledige lys van wêreldbskouings. (9)
Is private redding Bybels??
“Faith is always personal but never private” John Wallis
“’n persoonlike verhouding met die Here” is dit Bybels?
Nicolia Berdyaev in gesprek met Jacob Boehme bespreek die dilemma aan van hoe enigiemand werklik in die hemel kan wees, terwyl hy ook bewus is van iemand in die hel. Berdyaev vra direk die vraag: “Daar kan geen individuele redding of redding van die uitverkorenes wees nie” omdat almal vir almal verantwoordelik is en [individualisme] die noodsaaklike eenheid van die geskape wêreld misken.”
Jesus het toe die menigte mense saam met sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg, want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. Wat help dit ‘n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal ‘n mens kan gee in ruil vir sy lewe? Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.” (Mark 8:34-38; Matt. 16:24-28; Luk. 9:23-27)
“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. “Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat 5:13-16; Mark. 9:50; Luk. 14:34-35)
Uit hierdie 2 skrifgedeeltes is dit duidelik dat alhoewel jy persoonlike verantwoordelikheid moet neem vir jou eie geloof, kan jy dit nie geheim hou nie.
Na al die wonderwerke wat Jesus gedoen het, die skares gevoed het. Kom net 120 in die bovertrek bymekaar om krag te ontvang om Sy getuies te wees. (Hand 2:15) Ons geloofslewe impliseer dat ons Jesus leef, en mens kan dit nie wegsteek nie.
Die groepering waarby jou dus ook skaar, gaan ‘n bepaalde effek hê op hoe jy glo. Jou geloof het ook ‘n bepaalde effek op die groepering waar jy leef. Geloof is aansteeklik! Ongeloof ook!
Bronne
- Schoeman, W.J., 2017, ‘South African religious demography: The 2013 General Household Survey’, HTS Teologiese Studies/ Theological Studies 73(2), a3837. https://doi. org/10.4102/hts.v73i2.3837 http://www.scielo.org.za/pdf/hts/v73n2/01.pdf
- https://www.worlddata.info/quality-of-life.php
- https://www.democracymatrix.com/ranking
- https://www.cafonline.org/docs/default-source/about-us-publications/caf_wgi_10th_edition_report_2712a_web_101019.pdf
- https://www.transparency.org/en/cpi/2020/index/nzl#
- ‘The Threatened Miracle of South Africa’s Democracy’ is a highly educational and inspirational historical documentary based on the book ‘A Witness For Ever’ written by Michael Cassidy in 1995. https://youtu.be/QtGgrymEpTs
- Andreas Vilhelmsson Nordic School of Public Health, Gothenburg, Sweden https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC3854846/
- Vosloo, Wil, and Fika J. van Rensburg. Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy, 1993. Print.
- https://www.summit.org/resources/worldview-dictionary/
5. Vaste Geloof – Materiaal (Klik hier om oop te maak)
Ons grootste daaglikse stryd is nie vir ‘n groter geloof nie, maar eerder teen die invloed van twyfel en ongeloof. Die ganse mensdom, miljoene opinies, mis informasie, algehele eerste-handse-mens-tot-mens dis-connect, vorm ‘n tsunami golf van ongeloof en twyfel. Ons geveg is dus om ons geloof te behou in die atmosfeer van die meedoënlose aanslag van ongeloof en twyfel.
Wat is die teenoorgestelde van twyfel? Geloof? Nee, sekerheid, oortuiging, vaste geloof! (conviction) Jy is vas oortuig van ‘n saak, teenoor jy twyfel en is onseker. Jy twyfel bloot omdat jy nie seker is nie. Jy is nie seker nie, omdat jy twyfel! Die hoofrede hoekom ons twyfel is omdat ons nie meer oortuig of seker is van dit wat ons glo nie.
Bybelse geloof is totale sekerheid, volle oortuiging, met jou hele hart te weet dat jy weet. 10Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons gered.
4102. πίστις pístis; gen. písteōs, fem. noun from peíthō (G3982), to win over, persuade. Faith. Subjectively meaning firm persuasion, conviction, belief in the truth, veracity, reality or faithfulness (though rare). Objectively meaning that which is believed, doctrine, the received articles of faith.
Atlete wat rekords breek, veg gedurig teen hulle eie onsekerheid, of hulle genoeg geoefen het, genoeg dit of dat gedoen het, om die onmoontlike te vermag. Om oortuig te wees, moet die individu gedurig oefen en meetbare inligting verkry, sodat hulle kan sien of hulle verbeter. Oortuiging en sekerheid word gevorm gebaseer op hierdie inligting.
God verstaan hoe geloof werk. Daarom werk Hy saam om Gideon se onmoontlike versoeke te verwesenlik, totdat Gideon oortuig geraak het van dit wat God sê. Ons het volkome oorwinning in die areas waarin ons sekerheid het. As ek seker is oor my redding of saligheid, my kindskap, God se Liefde sal die vyand of niemand my anders oortuig nie. Dit is in die areas waar ons onseker is bv: “Is dit God se wil om my te genees?” Waar ons die meeste worstel en sukkel.
Anders as hoop wat verander met tyd en nuwe ervarings, bly ‘n geloofsoortuiging dieselfde. Geloof is eenvoudig iets wat ‘n individu as die waarheid beskou van dit waaroor hy/sy oortuig is.
Tekens van geheime twyfel in my hart
Die eerste teken dat jy twyfel is wanneer jy huiwer (hesitate). Jy is nie seker nie, jy wil optree maar jy tree nie op nie, jy wil glo maar jy glo nie. Jy weet wat God vir jou gesê het maar jy huiwer.
Ydelheid/hoogmoedig – Dit werk nie soos jy dit verwag of beplan het nie.
Besluiteloosheid – Weet nie wat om te besluit nie
Ontevredenheid / onvergenoegdheid – Jy minag wat God gee. God gee hulle die beloofde land, wat hulle nie wil hê nie so vir 40 jaar trek hulle deur vreeslike woestyn en wildernis.
Valse verwagtings. 2 Kings 5 Naaman verwag die profeet om een of magiese toertjie te doen, in plaas van eenvoudige gehoorsaamheid. ‘n Verwagting wat nie uitkom nie, maak ‘n mens mismoedig; ‘n begeerte wat vervul word, bring nuwe lewe. Prov 13:12
Voorgee – So baie mense in die geloofsgemeenskap sit ‘n masker op, en deel nie openlik met hulle geloofstryd nie, uit vrees vir mense, om nie aansien te verloor nie. “secret root of doubt”
Jesus gebruik ‘n gelykenis om te verduidelik hoekom mense nie glo nie omdat hulle nie hoor nie: Mat 13:13-17 met die gelykenis van die saaier verduidelik Jesus hoe hierdie geheimenis werk: Luk 8:12-14
Satan neem en steel die woord uit hulle harte weg 2 Co 4:4;
Sommige glo vir ‘n tyd, maar tydens versoeking val hulle terug, nog nie wortel geskiet nie.
Sorge van die lewe
Verleidelikheid van rykdom
Mar 4:19 Begeerlikheid
Joh 12:42-43 Sommige glo maar wil dit nie bely nie, uit vrees vir mense.
Joh 5:44 Julle glo nie, omdat jy die eer van mense soek en nie die eer van God nie
Wat weerhou my van ‘n vaste geloof?
1. Ongeloof
Ongeloof Is negatiewe geloof, geloof in tru-rat. Jy glo ook wat nog nie gebeur het nie.
Twyfel kom voor dat jy kennis ontvang het van die Woord van God. Ongeloof kom nadat jy die Woord van God gehoor het. So twyfel gebeur voordat jy weet wat God sê oor ‘n saak, maar nadat jy weet/tot kennis kom van wat God se Woord sê en jy twyfel steeds dan is dit ongeloof. Ongeloof is byvoorbeeld om oortuig te wees dat God nie bestaan nie.
Mense het allerhande verskillende goed van Jesus geglo. Party mense het Hom “’n goeie man” genoem (Joh 7:12);
ander weer ’n misleier (Joh 7:12).
Ander het gesê dat Hy van die duiwel besete was (Joh 7:20);
party dat Hy die Christus was (Joh 7:26);
sommige dat Hy “die Profeet” was (Joh 7:40)
en sommige dat Hy gearresteer moes word (Joh 7:44).
Mense het selfs nie in Jesus die perfekte voorbeeld geglo nie.
Want Johannes het na julle gekom in die weg van geregtigheid, en julle het hom nie geglo nie; Mat 21:32
selfs nadat hulle die wonders en tekens gesien het het hulle nog nie geglo nie Joh 12:37
selfs as Hy vir hulle reguit gesê het, sou hulle ook nie glo nie Luk 22:67
aarde of selfs hemelse preke en openbarings het hulle nie oortuig nie Joh 3:12
sommige het die skrifte ondersoek en geken en nie geglo nie Joh 5:38,
Paulus het ook uit die skrifte verduidelik en hulle het nie geglo nie Acts 28:23-31
Sal die ware Messias nie meer wonders gedoen het nie? Joh 7:31
Redes hoekom hulle nie wou glo nie:
Profeet word nie in sy eie land geeer nie. Mar 3:21
Is dit nie Josef se seun nie? Luk 4:22 Ps 69:8
Ons weet waar hy vandaan kom, niemand sal weet waar die Messias vandaan kom nie Joh 7:27
Christus kom uit saad van Dawid Joh 7:41, 42, 48 Mic 5:2; Isa 9:6-7
Die voorste skrifgeleerdes glo nie
Die profeet sal nie uit Galilea kom nie Joh 7:52
Jy getuig van jouself Joh 8:13
Sal die ware Messias nie meer wonders gedoen het nie? Joh 7:31
Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Mk 16:14
Mense soek uiteindelik verskonings om nie te glo nie, want om te glo gaan jou ‘n prys kos! Geloof impliseer gehoorsaamheid. Eze 33:31-33 with their heart they show much love, but their hearts pursue their own gain.
2. Rebellie
Verharde hart – (Rom 1:24–28 en 2 Tess 2:8-12). Jy het jou hart verhard teenoor iets, iemand of die Here. So jy weier om te aanvaar wat God sê. Obstinaat, hardnekkig, eiewys, reaksionêr, narsisties, selfgerig. Ongehoorsaamheid is ‘n vorm van rebellie. Iemand wat rebels is kan nie onderdanig wees nie (submission), jy kan nie ander dien of hulle volg nie. ‘n verdere uitvloei van rebellie is – Uitstel (procrastinate). Jy wil net nie jou rebelsheid wys nie.
Hoekom God mense se harte verhard is nie ‘n vorm van voor-oordeel, wat beteken daardie mense het geen liefdevolle genade ontvang nie. Dit beteken bloot dat God wat hulle harte ken, uiteindelik selfs hierdie hardheid gebruik vir Sy glorie en heerlikheid, bv die Farao (Eks 9:12)
Bestudeer: Joh 12:37-43; Isa 6:10;
3. Onkunde
Mense glo die simpelste goed, en dit wat hulle moet glo, weet hulle hopeloos te min van, of is nie belangrik nie. Te veel mense is ‘gullible, trusting, suspectable, agreeble’. (2 Tim 2:23; Eph 4:18)
Die uitwerking van twyfel en ongeloof is:
Jy wankel tussen opinies.
En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.1Ki 18:21 AOV
so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë. So ‘n persoon kan niks ontvang van God af nie. Jas 1:8 AOV
Dit verhinder jou om enige iets van God te ontvang.
Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie— (8) so ‘n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.Jas 1:7-8 AOV
Dit veroorsaak sonde in jou lewe.
Maar hy wat twyfel as hy eet, is veroordeel, omdat dit nie uit die geloof is nie; en alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde. Rom 14:23 AOV
En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ‘n beloner is van die wat Hom soek. Heb 11:6 AOV
Jy kan nie God tevrede stel nie, omdat jy nie in Sy woord glo nie. En die uitvloeisel daarvan is moedeloosheid en wanhoop. (Depressie)
Twyfel en ongeloof is ‘n geloof doder! Dit vernietig jou geloof.
Erken die bron van twyfel: Hoe ontstaan dit?
Twyfel weerspreek altyd die woord van die Here en die gedagtes van God (twyfel is teen die woord)
Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle! Php 4:4 AOV Maar dan sê ons goed soos vandag is ‘n slegte dag. Ons verbly nie ons doen die teenoorgestelde.
Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad. Mat 6:34 AOV Ons vra dikwels wat gaan ons doen hieroor of daaroor. Dit maak nie sin vir my nie, dit is onlogies of onredelik. Verstaan God nie my situasie nie? Intussen is God besig om ons op te lig na Sy standaard van lewe.
Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Rom 8:37 AOV Alles wat ek aanpak sal suksesvol wees, ek is meer as ‘n oorwinnaar, as dit nie die waarheid is nie hoekom sal die satan jou laat twyfel daaroor? Enige twyfel of bevraagtekening van God se wil is boos/evil, en die vyand wil hê jy moet twyfel.
Die doel van slegte nuus wat na jou toe kom is, om vrees te veroorsaak. Die oomblik as jy iets negatiefs hoor begin jy vrees. En die vrees wat kom verdryf jou geloof nog verder weg, om jou stil te maak en seer te maak, selfs om jou aandag af te lei. Om jou te verhinder om te ontvang dit wat God vir jou beplan. (Doel van slegte tydings – om jou double minded te maak, sodat jy niks kan ontvang van God nie) Jy stel die seën uit wat jy deur geloof moet ontvang. (Droom, profetiese woord of die skrif)
Negatiewe nuus is om jou te ontmoedig en om jou moeg en moedeloos te maak. Dit is om pyn en hartseer te veroorsaak, om jou moedeloos in jou gedagtes te maak om op te gee.
Looking away [from all that will distract] to Jesus, Who is the Leader and the Source of our faith [giving the first incentive for our belief] and is also its Finisher [bringing it to maturity and perfection]. He, for the joy [of obtaining the prize] that was set before Him, endured the cross, despising and ignoring the shame, and is now seated at the right hand of the throne of God. Heb 12:2 AMP
Evil tidings/ slegte nuus wil jou by ‘n plek bring waar jy voel jy is verslaan. Ek het probeer glo, maar dit werk nie.
Die grote van my geloof is nie die kwessie nie!
“Toe kom die dissipels na Jesus afsonderlik en sê: Waarom kon ons hom nie uitdryf nie? En Jesus antwoord hulle: Deur julle ongeloof; want, voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het soos ’n mosterdsaad sal julle vir hier- die berg sê: Gaan weg hiervandaan daarnatoe! en hy sal weggaan, en niks sal vir julle onmoontlik wees nie.” (Matthew 17:19–20, Afrikaanse Ou Vertaling)
570. ἀπιστία apistía; gen. apistías, fem. noun from ápistos (G0571), untrustworthy. Faithlessness or uncertainty, distrust, unbelief.
Wat eerder verwys na die langdurige of ewigdurende oortuiging van wie God is eerder as die grote of mate van geloof, is die bepalende faktor van ‘n vaste geloof.
Hoe werk God ‘n vaste geloof in ons!
Soos met die professionele atleet gee God ons op ons geloofsreis monumente, bakens, bewyse, getuienis om ons te help om tot volle geloofsoortuiging te kom. Daarom nooi Hy ons uit om met Hom te redeneer, die saak uit te maak (Isa 1:18).
“Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks. Maar iemand sou kon redeneer: “Party mense het geloof, en ander het dade.” Ek sê: “Jou geloof bly onsigbaar as dit nie dade word nie. Juis uit my dade sal ek jou my geloof wys.”” (James 2:17–18, Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling|Bybel)
Communion – Commission – Compassion
God werk drie-enig geloof in ons harte:
1. DIE VADER:
Gemeenskap, liefde, ontmoeting, nabyheid, teenwoordigheid, getuienis, samesyn, geloofskare, geskiedenis. Geloof wat deur die liefde werk. My geloof word bekragtig wanneer ek die hoogte, diepte, wydte van Sy liefde werklik raaksien. Liefde verdryf ook alle vrees. Hierdie Liefde word verder bekragtig, en beliggaam deur ander gelowiges, wat op die regte tyd opdaag, net die regte ding sê. Die getuienisse onder ‘n gemeenskap van gelowiges bou jou geloof.
2. Die SEUN:
Die lewende Woord van God, hoor Sy stem, stuur, opdrag, hoor Sy stem. Dit is hoe ek weet ek het die Here gehoor, ek kry geloof om iets te doen. Die Here sal ons nie vir iets stuur sonder om ons daarvoor te bemagtig nie. Om God se raad, gedagtes, en perspektief op sake te kry, help my om waaragtig te glo. Sy gedagtes is nie my gedagtes nie. Sy wee is nie my wee nie. Om God se ewigheid perspektief te sien help my om dinge te verstaan.
3. Die HEILIGE GEES:
Demonstrasie, kragdadigheid, bonatuurlike vermoë om te kan doen, inkarnasie, vleeswording. Die probleem met die stelling “sommige mense is so hemelbewus dat hulle op aarde niks werd is nie” is nie die feit dat mense hemelbewus is nie. Die Bybel vermaan ons om juis ons gedagtes te plaas daarbo waar God is. (Col 3:1; Phil 4:8-10) Die probleem is hierdie mense demonstreer nie wat hulle glo en in die hemel sien nie! Geloof in teorie beteken niks. God anker ons geloof dus in persoonlike ervarings en realiteite, gebeurtenisse van bonatuurlike intervensies!
“Prys die HERE! Geseënd is hy wat die HERE dien, hy wat met groot vreugde sy gebooie onderhou. Sy kinders sal magtig wees op aarde; die nageslag van die opregte sal geseën wees. Oorvloed en rykdom vul sy huis, sy regverdigheid duur vir altyd. Vir die opregte breek die lig te midde van die duisternis. Hy is genadig, barmhartig en getrou. Dis ’n goeie mens wat vrygewig is en uitleen, wat sy sake in billikheid bedryf. Die regverdige sal nie ontsteld word nie, en sal altyd onthou word. Vir slegte tyding is hy nie bang nie: hy is gerus, hy vertrou op die HERE. Hy voel veilig en is sonder vrees en sien die neerlaag van sy vyand. Hy gee ruim vir hulle in nood. Sy goeie dade word altyd onthou. Hy sal aansien hê en eer ontvang. Die bose mens sal dit sien en woedend wees. Hy sal op die tande kners van woede. Maar die begeerte van die goddelose sal op niks uitloop nie.” (Psalm 112:1–10, Die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling|Bybel)
6. Word Geloof Fiks – Materiaal (Klik hier om oop te maak)
Geloof is ‘n lewenstyl, ‘n manier van dink, handel en leef. Iemand wat godsdienstig is, besit nie noodwendig greet geloof nie. Inteendeel die twee verhale waar mense geprys word vir hulle ‘groot’ geloof was heidene, ‘n Romein en ‘n Kanaanniet.
Die Romeinse Offisier:
Matt 8:5–13; Luke 7:1–10; 13:28–29; Joh. 4:43-54
“Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so ‘n groot geloof teëgekom nie” (Mat 8:10)
Die Kanaänitiese vrou
“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.”
Van daardie oomblik af was die dogter gesond. (Mat 15:28)
Iemand wat glo staan uit, dis ‘n herkenbare eienskap.
Dié wat goed presteer as diakens, sal beloon word met respek van ander en sal groter vrymoedigheid ontwikkel in hulle geloof in Christus Jesus. (1 Tim 3:13)
Wat is die kentekens van hierdie mense se ‘groot’ geloof?
1) Hulle ontsag vir God is groter as die realiteit van hulle omstandighede.
2) Hulle is vreesloos. “Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie.” Dan 3:17-18
3) Hulle erken God se sowereiniteit. (Vrees nie die uitkoms nie)
4) Hulle soek nie hulle eie gewin nie… nie op self gering, nederig, nie waardig. (Jam 4:2-3)
5) Hulle geloof het God se inisieële nee antwoord, omgekeer. (Heb 11:6). Jesus was verwonderd!
Hoe word mens geloofsfiks?
Leer om in die Gees te sien:
16“Moenie bang wees nie!” sê Elisa vir hom. “Daar is meer aan ons kant as aan hulle kant!” 17Toe bid Elisa: “HERE, maak tog sy oë oop sodat hy kan sien!” Die HERE het sy dienaar se oë oopgemaak. Toe hy opkyk, sien hy dat daar baie perde en strydwaens van vuur op die heuwels rondom Elisa was. (2 Kings 6:16-17)
Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd. (2 Cor 4:18)
Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. (Joh 4:35)
Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur. (Heb 12:2)
Kry ‘n vaste Oortuiging; sekerheid; verseker; ongestoord; heilig oortuig.
Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword en ook heelparty van die Grieke, sowel vooraanstaande vroue as mans. (Hand 17:11)
Convinced; Persuaded; sure, certain, undisturbed; undoubting; positive, mind made up, resolved; secure; unperturbed; believing; assertive; calm. Interpretasie vereis ‘n deeglike ondersoek.
Ondersoek met empatie, om regtig te verstaan. Dit verg empatiese luister, om die hartmotief van die skrywer te verstaan.
Joernaliste streng ondersoek bronverifikasie en feitekontrole voordat hulle ‘n storie publiseer.
Bybel interpretasie behels die studie van die konteks, agtergrond, ander antieke vertellings, die gehoor, tekskategorie, taal, kultuur en bepaalde voorneme van die skrywer.
Akademici hersien bestaande teenstrydige en aanvullende navorsingsliteratuur en verskaf navorsingsmetodologie (Eksperimente, opnames, vrae, onderhoude, gevallestudies, waarnemingsproewe) om haalbare en praktiese uitkomste te bepaal.
Om God se Stem te interpreteer, behels noukeurige ondersoek of die woord in ooreenstemming is met die Gees en hart van Christus (vrug vd Gees), algemeen aanvaar onder volwasse gelowiges, oortuiging van sonde geregtigheid en oordeel, innerlike vrede, spesifiek, duidelik en prakties uitvoerbaar is, seën vir nie net huidige maar ook toekomstige generasies gaan verseker, selfverloënend, en missionaal.
Hou jou besig met die dinge van die Gees.
U bewaar elkeen wat op U vertrou in vrede, die mense wie se gedagtes op U gerig is. Vertrou deurgaans op die HERE, want die HERE God is vir altyd ’n veilige toevlug. (Jes 26:3-4) Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (Rom 8:5) Geloof wek geloof. Hoe meer jy begin in geloof lewe en handel, hoe meer wil jy in die geloof leef en handel. Jy begin al hoe meer sien dat dit werk, daar is wesenlike geloof resultate. Die geloofsoorlog word nie in jou gedagtes gewen nie, dis wanneer jy met die bietjie geloof wat jy ontvang het optree en doen wat jy glo, dat jou geloof begin groei. Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme. (1 Sam 15:22) Dit is vir hierdie rede dat geloofsmense duidelik uitkenbaar is, hulle dade van geloof loop hulle vooruit. Mens kan nie ‘n geloofsdaad doen, en dan wag vir 2 jaar voor jy weer iets in die geloof doen nie. Geloof is ‘n lewenswyse. Elke dag dink ons, hoor ons, en doen ons geloof!
die geloof wat deur die liefde werk.
(Gal 5:6) Anders as wêreldse geloof is die oorsprong en krag van ons geloof ‘n liefdesverhouding met God! Hoe meer ons bid en tyd met die Here spandeer, hoe meer geloof het ons. Geloof is ‘n direkte uitvloeisel van nabyheid met die Here. God is die bron van ons geloof. Memoriseer hierdie gebed van Paulus. Hier sien jy hoe die Heilige Gees deur ons gebede ons geloof versterk.
OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus, van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang, dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen. (Eph 3:14-21)
Ontwikkel die geloof wat jy alreeds ontvang het.
Sien dat geloof “pistes” Gal 5:21 een van die vrugte van die Gees is. 4102. πίστις pístis; gen. písteōs, fem. noun from peíthō (G3982), to win over, persuade. Faith. Subjectively meaning firm persuasion, conviction, belief in the truth, veracity, reality or faithfulness (though rare). Objectively meaning that which is believed, doctrine, the received articles of faith. Elkeen is ‘n mate van geloof toebedeel. na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het. (Rom 12:3) Dis immers Hy wat die geloof in ons harte werk om tot geloof te kom. (Eph 2:8) Geloof is soos innerlike sterkte, jy word net sterker hoe meer jy oefen. Jy kan ook nie op gister se geloof vandag glo nie. Elke dag moet ons geloof hervul word, met ‘n vars openbaring en instruksie van die Here. Daarom is nabyheid belangrik. (Joh 15:1-12)
Geloof Kom
Petrus kon op die water loop as gevolg van een woord: “Kom” (Mat 14:29) Die sekerheid om iets te doen, kom! Hoe meer jy in die geloof die “kom” woord van die Here begin hoor en daarop reageer, hetsy dit die beoefening van die geestelike gawes is, om vir iemand ‘n seën te gaan wees, met iemand te gaan versoen is alles op die water loop gebeurtenisse. Hoe meer jy in die Gees begin doen, hoe meer begin die stem van die Heilige Gees vir jou duidelik word.
Geloof kom deur die gehoor
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. (Rom 10:17) As mens egter hierdie gedeelte dieper bestudeer dan sien mens ‘n proses raak: Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (v14-15) Iemand was gestuur, wat ‘n woord gespreek het, en by die aanhoor van hierdie woord, en die persoon se getuienis het geloof gekom. Die getuienis van Sy gestuurdes dra reuse krag. In Psalm 78 word hierdie proses in nog meer detail verduidelik: Eerstens die opdrag om te getuig: sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het. (Ps 78:4) Die rede vir hierdie oorvertel is sodat: hulle vertroue op God kan stel en die dade van God nie vergeet nie, maar sy gebooie kan bewaar (v7) Ons het ‘n verpligting om ‘n kultuur te bou, van een generasie tot die volgende wat die wonderdade van die Here leef, dit oorvertel, en nuwe wonderdade verrig, wat dit weer oorvertel ens ens. Hierdie preek en demonstreer siklus is die asemhaling van die Gees. Sonder die een gaan mens dood. Jy kan nie net preek nie, en mens kan nie net demonstreer nie. Die twee gaan hand aan hand, omdat dit is hoe God ons geloof lewendig hou! Spendeer tyd in die Woord, lees boeke en stories van vorige herlewings, meng en groepeer met mense wat hulle geloof leef.
7. Geloof in Aksie – Materiaal (Klik hier om oop te maak)
Soos ons denke en harte vernuwe word deur die Woord en die Gees, begin ons nie net anders dink nie, maar ons eerste instinktiewe reaksies verander ook (Rom 12:2). Iemand wie se gedagtes vernuwe is in Christus het geheel en al ’n ander eerstereaksierefleks.
Het dit al met jou gebeur dat jy aan iemand wat jy goed ken ’n Whatsapp stuur, maar hulle reageer nie? Jy begin daaroor tob . . . Kort voor lank dink jy allerhande booshede en oorweeg dit om nooit weer met die persoon te praat nie. Dan, ’n paar dae later: “Jammer, ons was buite selfoonbereik. Nou eers jou boodskap gesien. Ons is baie lief vir jou!” Jy voel geheel en al uitgevang oor jou negatiewe reaksie. Wat ons voel, is nie altyd korrek nie. ’n Vlieënier kan ruimtelik gedisoriënteerd raak en voel hy vlieg onderstebo. Dan moet hy sy instrumente vertrou, anders vlieg hy in die grond vas. Ons projekteer ook dikwels “hoe ons dit sou doen, hoekom doen hy/sy nie ook so nie” op ander. Hierdie projeksies laat ons glo dat ons weet wat ander mense dink en wat hulle motiewe is. Die feit is egter: Ons ken meestal nie eens ons eie motiewe nie, wat nog te sê ander mense s’n.
Die kentekens van vernuwende denke beteken dat die Heilige Gees die Woord se teenmiddels in ons wese ingespuit het wat ons immuniteit opgebou het sodat ons nie van elke kiem-gedagte siek word nie.
Ons denkpatrone is getransformeer en ons dink nie meer soos hierbo beskryf word nie. Die Here is konstant besig om ons denkprosesse te vernuwe.
10 kentekens
Hier is 10 kentekens waaraan jy jouself kan meet om te sien hoe die Here alreeds jou gedagtes vernuwe het.
1) Jy bly vertrou, al hoor jy slegte nuus. Jy sien die glas is vol. Jy verwag die beste. “Dit gaan alles op die einde uitwerk” is gewoonlik jou eerste reaksie. Nie op ’n ligsinnige, of kop-in-die-grond, of die-waarheid-misken manier nie. Dis ’n stille vertroue in die Here dat Hy alles ten goede sal laat meewerk (Rom 8:28). Jy het dit al soveel keer gesien dat daar ’n vaste wete in jou gemoed is. Daar is ’n positief in elke negatief (Ps 66:12). Iemand met vernuwende denke sien dit net gouer raak.
2) Die onmoontlike lyk redelik. Iemand wat die Here volg se denke, geloof en verwagting is gevorm om ’n deur te sien waar daar nie een is nie, ’n moontlikheid terwyl alles onmoontlik lyk. Ons geestesoog is verhelder en geoefen in die realiteit van Sy krag (Ef 1:17-21). Ons weet dis vir óns onmoontlik, maar vir die Here is niks onmoontlik nie (Luk 1:37; Mark 10:27).
3) Selfs jou bespiegelinge is positief. Wanneer jy nie weet waar jou maat is en hoekom hy of sy laat is nie, sien jy Jesus in hulle. Die vermoë om Jesus in mekaar te vertrou, is ’n wonderlike manier van oorgawe en geloofsvertroue. Ons manipuleer nie meer situasies nie. Ons weet ons kan nie harte verander nie. Ons vertrou die Heilige Gees wat oortuig en bekering bewerkstellig (2 Kor 7:9). Ons skep nie meer in ons verbeelding bekommernisse oor die slegste wat gaan gebeur nie – ons sien oplossings, deurbrake en voorsiening, selfs in die geringe.
4) Jy leef vanuit sy rus. Jy het niks nodig nie. Jy is vergenoegd en tevrede met wat jy het. Selfs te midde van die onstuimige storms waarin ons soms verkeer, is ons kalm en rustig. Terwyl Paulus se skip sink, is hy rustig in sy geloof, en vanuit hierdie rus gee hy kalmte aan ander (Hand 27:39-44). Jy het vergenoegdheid geleer in die tye van oorvloed en tekort. Daarom beleef jy ’n vastigheid in jou emosies, des ondanks die op-en-af van omstandighede. Hierdie rus is nie ontkenning van omstandighede nie, maar jy ken die Here en vertrou Sy karakter.
5) Jy vergewe maklik en erken gou jou foute. Iemand wat in volwassenheid in Christus groei, neem nie meer vinnig aanstoot nie. Hulle is nie liggeraak nie en verwag die beste van mense. Selfs al maak medegelowiges hulle seer, hulle sien nog steeds Christus in mekaar. Martha het nog steeds Jesus erken as die Messias, alhoewel Hy as vriend vier dae laat opgedaag het en Lasarus al dood was (Joh 11:27).
6) Jy hou van jouself ten spyte van jou tekortkominge. Jy meet en vergelyk jouself nie meer met ander nie. Jy weet wie jy is en dit is genoeg. Jy weet wat jou roeping is en jy het genade met jou swakhede. Jy is bewus dat die Here nog steeds besig is om jou te verander en jy groei in vrymoedigheid om jouself te wees. Jy is gemaklik met jouself en het jouself aanvaar. Jy het roetines in plek om jou swakhede te versterk en jy neem verantwoordelikheid vir jouself.
7) Jy is gemaklik met alleen wees, maar sien jouself nie as eenkant nie. Jy sien jouself in die groter geheel van die liggaam van Christus. Daarom dink jy eerste aan “ons” en nie meer “ek” nie. Jy is bewus van jou eie stem, maar ook van dié om jou. Jy harmoniseer en leef in ritme met die mense wat God om jou geplaas het. Jy is nie afhanklik van mense nie, maar kies om hulle nodig te maak en betrokke te hou in jou lewe. Jy leef in die nou, en elke verhouding en kontak is belangrik om dieper te verbind en te groei.
8) Jy is dankbaar en nederig afhanklik. Jy is deurentyd bewus dat alles wat jy besit ’n geskenk is. Die oorlog van herhaaldelik probeer en faal is verby. Jy loop elke dag met ’n diep in-en-uit-asem-bewussyn van Sy goedheid. Jou woorde en gedagtes is meer vol lof en dankbaarheid as kritiek en murmurering. Sy liefde is nie meer ’n woord nie, maar ’n belewenis en bewussyn. Jy sien Sy liefde in alles.
9) Alhoewel jy in jou gedagtes soms nog verkeerd dink, wanneer dit by doen kom, doen jy reg. Die lewe van die Gees het die mag van sonde en ook die wet van sonde verbreek (Rom 7:19-20 vs. Rom 8:2). Ons doen instinktief wat reg is, al voel ons soms om dit nie te doen nie. Ons denke, woorde en dade het begin ooreenstem met Sy geregtigheid en reg-doen.
10) Jy is ingestel op God se stem, Sy hart en Sy wil. Die mens verloor so gou fokus. Tog is iemand wie se gedagtes vernuwe is, deurentyd ingestel op wat die Gees sê en op die Woord. Mens hoor dit ook gereeld in hulle gesprekke: “Die Here het my nou die dag gesê . . .” Ons leef vanuit die daaglikse woord wat van God kom (Matt 4:4). Ons is bewus van “presently-revealed-truth” (2 Pet 1:12). Ons is gevul met die kennis van God regdeur die eeue, maar ook met wat Hy vandag op fokus.
Bybelse GELOOF In AKSIE is die vervulling van die hart en sinne van Christus.
Mag die Here ons help om aan te hou groei, en aan te hou ontwaak tot die denke van Christus (1 Kor 2:16).
Ontvang JESUS se GELOOF:
“the life which I now live in the flesh I live by the faith of the Son of God, who loved me, and gave himself for me.” Gal 2:20b KJV.
“And Jesus answering, saith to them, “Have the faith of God.” (Worrell).
“And Jesus answering, saith to them, “Exete pistin theou” (Phonetic Greek).
“possess the faith of God.” Mark 11:22
That word is the imperative for “to possess or contain, have or own” with the understood subject of “you” or “y’all.” The word’s nuances include “to take hold of something” or “to grip” or “of holding something in one’s hand.”
“God-kind of faith.”
Faith in God, expect an action from God
Faith of God, expect an action from us.
Faith begins when the will of God is known.
Faith is the knowledge within us that when God speaks, we understand what He has said. So faith HEARS God!
Yesterday’s faith will not work today. Yesterday’s faith cannot earth todays promises.
At salvation your soul is calibrated to hear God’s voice.
Faith is the extension cord that plugs into heaven’s energy, provision and resources.
Faith is now!
Teaching on giving, activation immediately
If it is not anointed it is not decree… people respond to the word of God.
If something supernatural happens it is because he graced it, anointed us, decrees it.
My faith ceiling needs to be my grand-children’s floor.
Geloof TOETS:
Daarin verheug julle jul, al word julle nou — as dit nodig is — n kort tydjie bedroef onder allerhande beproewinge,
sodat die beproefdheid van julle geloof, wat baie kosbaarder is as goud wat vergaan maar deur vuur gelouter word, bevind mag word tot lof en eer en heerlikheid by die openbaring van Jesus Christus. (1 Pet 1:6-7)
omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. (Jak 1:3)
Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. (2 Kor 13:5)