Hoe om toksiese mense met LIEFDE te neutraliseer

Die wêreld sê, "veg terug," maar Jesus sê, "liefde is jou grootste wapen." Om in die teenoorgestelde gees te leef, is om nie toe te gee aan jou natuurlike impulse nie. Dis om doelbewus anders te reageer—om liefde te kies in plaas van haat, genade in plaas van oordeel, en vrede in plaas van konflik.

Hoe om toksiese mense met LIEFDE te neutraliseer

Die Grootste Geheim om Jou Vyand te Oorwin – Liefde!

In Bybelse tye was dit maklik om jou vyand te identifiseer, soos die Romeinse besetters in Judea, maar in ons moderne tyd is dit meer kompleks. Vandag kan vyande manifesteer as onregverdige stelsels soos ekonomiese uitbuiting, sosiale polarisasie, interne stryd soos geestesgesondheid, en geestelike magte wat ons lewe beïnvloed. Gen Z sien dikwels hul vyande as sosiale ongeregtighede, verkeerde inligting in die media, en die druk van kulturele en sosiale verwagtinge wat egtheid ondermyn. Tog bied die Evangelie 'n radikale teenkultuur-antwoord deur ons te roep om ons vyande lief te hê, vergifnis en versoening na te streef, en genade te bewys waar daar onreg is. In 'n wêreld van verdeeldheid, bied Jesus se boodskap 'n uitdagende, maar hoopvolle pad na ware geregtigheid en vrede.

Skriflesing: Matteus 5:43-48

Ons almal ken die natuurlike neiging: As iemand jou seermaak, wil jy terugseermaak. As iemand onreg teenoor jou pleeg, wil jy geregtigheid hê. Dis hoe die wêreld werk—daar is 'n sterk gevoel van "oog vir 'n oog." Maar Jesus kom en stel 'n totaal ander beginsel voor: Liefde vir jou vyand. Hoe radikaal is dit nie?

Jesus sê in Matteus 5:44: "Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?." Hierin lê die grootste geheim tot oorwinning oor die bose. Dis nie deur wraak, geweld, verwydering of isolasie nie, maar deur liefde.

Kom ons delf dieper in hierdie drie opdragte wat Jesus gee:

  1. Bid vir hulle soos hul ouers sou bid: Wanneer jy vir iemand bid, sien jy hulle deur God se oë. Die eerste stap om jou vyand lief te hê, is om vir hulle te bid met 'n hart van deernis. Dink daaraan hoe 'n moeder of vader vir hul kind bid—met liefde en 'n hartsbegeerte vir hul kind se heil en groei. As jy só vir jou vyand bid, breek jy die kringloop van haat en wraak. Jy tree in die teenoorgestelde gees van vyandskap in, en jy begin om hulle te sien soos God hulle sien—met liefde en hoop vir hul verlossing.
  2. Seën hulle soos 'n ware vriend: Seën beteken om iemand op te bou, om goeie dinge oor hulle te spreek, en vir hulle te doen. Nog meer, om uit te vind waarvan hulle regtig hou, en dit vir hulle te doen of te bekom. Hoe kan jy iemand seën wat jou te na gekom het? Dis waar die genade van God inwerk. Om te seën in plaas van te vervloek, is om die teenoorgestelde gees te gebruik—dis om lig in donkerte in te bring. Net soos 'n ware vriend wat opbouende en bemoedigende woorde spreek, kan jy kies om jou vyand met goedheid te ontmoet. Wanneer jy dit doen, laat jy toe dat God se liefde deur jou vloei en genesing in beide partye se lewens bring.
  3. Liefde soos sy moeder sou hê: Die hoogste vorm van liefde is om iemand te sien deur die lens van 'n moederlike liefde—'n liefde wat altyd hoop vir die beste, wat vergewe, wat onvoorwaardelik gee. Jesus roep ons op om lief te hê soos Hy ons liefgehad het. Om jou vyand lief te hê, is die toppunt van Christelike dissipelskap. Dit beteken om verby hul dade te kyk en die potensiaal vir God se genade en redding in hul lewens te sien. Dit is liefde wat die siklus van haat en vergelding kan breek.

Werk in die Teenoorgestelde Gees:

Die wêreld sê, "veg terug," maar Jesus sê, "liefde is jou grootste wapen." Om in die teenoorgestelde gees te leef, is om nie toe te gee aan jou natuurlike impulse nie. Dis om doelbewus anders te reageer—om liefde te kies in plaas van haat, genade in plaas van oordeel, en vrede in plaas van konflik. Hierdie is nie maklike opdragte nie, maar dis ook nie onmoontlik nie. Wanneer ons die krag van die Heilige Gees toelaat om deur ons te werk, kan ons werklik die geestelike stryd wen deur liefde.

Wanneer ons bid, seën en liefhê in die gees van Christus, gebeur daar iets kragtigs. Die vyand verloor sy houvas, want liefde is die sterkste krag in die heelal. Soos Jesus sê in Matteus 5:48: "Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemel volmaak is." Hierdie volmaaktheid lê nie in morele perfektheid nie, maar in 'n liefde wat alle grense oorsteek—selfs die van vyandskap.

Mag ons, soos Jesus, daardie teenoorgestelde gees van liefde verkondig en uitleef, en so 'n lig vir die wêreld wees.

Lesse om te leer uit Adam Kahane se boek "Collaborating with the Enemy: How to Work with People You Don't Agree with or Like or Trust."

Mont Fleur-scenario-oefening. Twee professore aan die Universiteit van die Wes-Kaap, Pieter le Roux en Vincent Maphai, oor vier naweke in 1991 en 1992 gehelp het om die pad te baan vir CODESA samesprekings en 'n vreedsame oorskakelling na 'n konstitusionele demokrasie.

"Oorweldig deur ons land se probleme het ons twee opsies: 'n praktiese opsie en 'n wonderwerk-opsie. Die praktiese opsie is om almal op ons knieë te gaan en te bid dat 'n groep engele uit die hemel neerdaal om ons probleme op te los. Die wonderwerk-opsie is dat ons saamwerk om dinge reg te maak."

Alle sosiale stelsels bestaan uit veelvuldige gehele wat deel is van groter gehele. Die skrywer Arthur Koestler het die term 'holon' gemunt vir iets wat tegelyk 'n geheel en 'n deel is. Byvoorbeeld, 'n persoon is 'n geheel op sy eie maar ook deel van 'n span, wat self 'n geheel is, wat deel van 'n organisasie is, en so aan. Elkeen van hierdie gehele het sy eie behoeftes, belangstellings en ambisies. Elke geheel kan deel wees van meervoudige groter gehele.

Demagoge floreer deur onsekerheid te kweek en sekere groepe te demoniseer. Hulle beklemtoon verskille eerder as ooreenkomste. Die menslike natuur is sodanig dat ons negatiewe dinge beter onthou as positiewe. Dit is makliker om teen iets of iemand te stem as daarvoor. Vir politici is dit altyd aanloklik om een groep teen 'n ander op te stel omdat dit so vinnig en effektief werk.

In hierdie boek definieer Kahane mag, volgens die insig van teoloog Paul Tillich, as "die drang van alles wat leef om homself te realiseer." Die magdrang manifesteer in die gedrag van beheer behou. In groepe produseer die magdrang differensiasie (die ontwikkeling van 'n verskeidenheid vorms en funksies) en individuasie (dele wat apart van mekaar funksioneer).

Dan definieer Kahane liefde, ook volgens Tillich, as "die drang na die eenheid van die geskeide." Die liefdedrang manifesteer in die gedrag van betrokkenheid. In groepe produseer die liefdedrang homogenisasie (die deel van inligting en vermoë) en integrasie (dele wat in 'n geheel verbind).

Soos asemhaling moet mens aan beide hierdie kragte asem gee. "Wanneer ek voel ek wil medelydend wees, probeer ek hard wees, en wanneer ek voel ek wil hard wees, probeer ek medelydend wees." Dit is dieselfde beginsel in opvoeding: Ek is nooit streng sonder om liefdevol te wees nie, maar ek nooit liefdevol sonder om ook streng by reëls en grense te hou wat wederkerig aanvaar is nie. Hierdie intigrasie van Mag en Liefde gebeur net wanneer ons 100% eerlik en reguit teenoor mekaar, sonder enige moralisering en oordeel. Ons is almal gebroke kruike wat die Here kies om Sy heerlikheid in te gooi.

“Power without love is reckless and abusive, and love without power is sentimental and anemic. Power at its best is love implementing the demands of justice, and justice at its best is power correcting everything that stands against love.” Martin Luther King Jr.

Die "Stretch Collobaration" tesis is dat mense hulle weg vorentoe vind nie noodwendig omdat hulle 'n goeie kaart of plan het nie. In plaas daarvan is dit omdat hulle "begin optree, tasbare uitkomste in 'n konteks genereer, en dit help hulle ontdek wat gebeur, wat verduidelik moet word, en wat volgende gedoen moet word." Hulle hoef nie 'n duidelike visie of doel te hê nie; hulle het net 'n gedeelde besef van die uitdaging of problematiese situasie wat hulle probeer oorkom.

Dit beteken ons moet verstaan dat daar vier verskillende maniere van praat en luister is:

  1. This is the first way of talking and listening, which Scharmer calls downloading. Here I listen from within myself and my story. I am deaf to other stories; I hear only what confirms my own story (“I knew that already”).
  2. This second way of talking and listening is debating. Here I listen from the outside, factually and objectively, like a judge in a debate or a courtroom (“This is correct and that is incorrect”).
  3. This third kind of talking and listening is dialoguing. Here I listen to others as if from inside them, empathetically and subjectively (“I hear where you are coming from”). The talking associated with dialoguing is self-reflective (“In my experience . . .”).
  4. This fourth way of talking and listening is presencing; this neologism combines pre-sensing (sensing what is in the process of coming into being) and being fully present.17 Here I listen not from within myself or another, paying attention just to one specific idea or person, but from the larger system (“What I am noticing here and now is . . .”).

Die grootste Slaggat:

Die grootste slaggat wat voorkom dat ons, ons vyande liefhê en met hulle probeer saamwerk is: selfgesentreerdheid. "Jy moenie dinge te persoonlik opneem nie,"
"Dinge gebeur wat jy moet hanteer, maar dit help nie om alles oor jou te maak nie." "Jou begeerte om te bewys dat jy 'n verskil maak, is egosentries,"

Kahane, Adam. Collaborating with the Enemy: How to Work with People You Don't Agree with or Like or Trust. Berrett-Koehler Publishers. Kindle Edition.