'n Christus Identiteit en Bewussyn
Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het.
#1 Leef in Oorwinning Reeks
Ons oorwinning oor die buite wêreld vind eers plaas wanneer ons, ons binnewêreld onder beheer het.
In die Bybel word ons identiteit, bewussyn, emosies, begeertes, gedagtes, wil en bedoelings dikwels met die woord "hart" geassosieer. Dit vertaal wat sentraal tot 'n persoon se verhouding met God en ander staan.
Die "hart" volgens die Bybel word gesien as die kern van 'n persoon se identiteit. Dit gaan nie net oor emosies nie, maar sluit ook iemand se gedagtes, begeertes en bedoelings in. Die Bybel verbind dikwels 'n persoon se ware self met die toestand van hul hart:
“Soos in die water die gesig die gesig weerspieël, so weerspieël die hart van die mens die mens.” (Spreuke 27:19).
Dit beteken dat wat in die hart is—ons begeertes, motiverings en gedagtes—uiteindelik onthul wie ons werklik is. Ons identiteit is gewortel in die hart, en die toestand van ons hart bepaal hoe ons leef en hoe ons met God en ander omgaan.
1 Samuel 16:7 beklemtoon dit ook wanneer God sê:
“Die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.”
Hier is God besorg oor die hart, wat wys dat ons ware identiteit voor Hom nie op uiterlike voorkoms of dade gebaseer is nie, maar op die toestand van ons hart.
Die houding wat ons teenoor die lewe, ander mense, en God toon, word gevorm deur ons hart. Die oriëntasie van die hart—of dit nou nederig, trots, dankbaar of bitter is—bepaal hoe ons op die wêreld en mense rondom ons reageer.
Spreuke 4:23 sê:
“Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.”
Hierdie vers wys dat die hart die bron van ons dade en houdings is. Wat ook al ons hart vul—goed of sleg—sal ons houding teenoor die lewe beïnvloed. ’n Hart gevul met God se liefde sal lei tot ’n positiewe, deernisvolle houding, terwyl ’n hart gevul met trots of bitterheid sal blyk in negatiewe gedrag en houdings.
Jesus beklemtoon dit in Lukas 6:45 wanneer Hy sê:
“Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart die goeie te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat van sy hart die slegte te voorskyn; want uit die oorvloed van die hart spreek sy mond.”
Dit wys dat ons houding en woorde 'n weerspieëling is van wat in ons hart is.
Alhoewel die Bybel dikwels net een woord "hart" gebruik om al die innerlike aspekte van ons menswees te beskryf, gee die Bybel 'n hiërargie en raamwerk van prioriteite oor hoe jy jou binnewêreld onder God se gesag en orde bring. Hierdie orde is bepalend om 'n sinvolle, gebalanseerde en vreugdevolle lewe te leef.
1. Gedagtes (Die Kaarte wat Jy Volg)
Die geveg van ons innerlike wêreld vind in ons gedagtes plaas. "The battle is in the mind". Jou gedagtes en denke is die hardeskyf van jou Slimfoon. Soos 'n baba begin ons denke hardeskyf net met die mees basiese inligting, soos ons ouer word, word ons hardeskyf al hoe voller.
Jou sintuie is soos die sleutel bord, kamera en mikrofoon waarmee jy inligting, prentjies en klanke op jou hardeskyf stoor. Die werklikheid is, ons sien nie met ons oë nie, maar met ons brein. Ons brein stoor ervarings en beelde wat ons oor die jare versamel het van ons ouers, familie, opvoeders, vriende en prosesseer uiteindelik 'n interne kaart ('n wêreldbeskouing) van hoe ons die wêreld sien, en hoe ons ons self daarin moet oriënteer.
Skrifgedeelte:
Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. (Rom 8:5-7)
Om te dink verbruik mens baie energie, en daarom begin ons in ons gedagtes en denke roetes en kategorie areas te skep om te probeer orde skep in die chaos van te veel inligting. Om orde te skep moet mens derhalwe prioritiseer wat die mees belangrik is.
Iemand wat REG begin dink, omdat jou denke oor tyd vernuwe is deur die Woord (Rom 12:1-2) neem die regte besluite.
2. Identiteit (Die Fondasie van Wie Jy Is)
Identiteit is die diepste laag, die kern van wie jy is. Dit is soos die grondslag van ‘n gebou—al die ander strukture word daarop gebou. Sonder ‘n stewige grondslag sal die hele gebou onstabiel wees. Jou identiteit bepaal die waarhede oor jou lewe: wie jy is, wat jou waarde en doel is. In ‘n moderne konteks, kan dit vergelyk word met die bedryfstelsel van ‘n slimfoon—dit bepaal hoe alles anders funksioneer. Vanuit ‘n Bybelse perspektief, is jou identiteit as ‘n kind van God die basis van jou bestaan en alle ander aspekte van jou menswees.
Skrifgedeelte:
“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand...Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” (Mat 22:37)
Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. (Kol 3:3)
Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, (Rom 8:29)
Die "onderstebo, agterstevoor" koninkryk van God verklaar kontra-intuïtief dat gesonde self-liefde begin by om eers die Here met jou hele, hart, siel, krag en verstand lief te hê. Jy kan eenvoudig nie 'n gesonde nugter onveranderlike identiteit ontwikkel sonder om in die spieël van God se gesig (Woord en Gees) te kyk nie. Ons skeppingsdoel is dan in Hom verwesenlik - ons is immers in Sy beeld geskape. Jy kan dus nie jou beeld reg sien, totdat jy Hom nie reg sien nie.
Hoe meer ons op die Here begin fokus, hoe meer begin ons onsself regsien. Want oor tyd het mense en ons omgewing verskeie beelde na ons geprojekteer oor wie hulle dink ons is. Van hierdie beelde is nie waar nie. Dis "deep-fakes" wat "gedelete" moet word! Dit is onnodige "files" wat ons deurmekaar maak.
3. Persoonlikheid (Jou Unieke Styl en Benadering tot die Lewe)
Persoonlikheid is jou unieke manier van uitdrukking—hoe jy as individu in die wêreld funksioneer. Dit is soos die tema of "skin" wat jy kies vir jou slimfoon. Almal het dieselfde basiese funksionaliteit, maar ons kies hoe ons wil hê dit moet lyk en voel. Persoonlikheid gee kleur aan jou interaksies en hoe ander jou ervaar. Ons word elkeen geskape met 'n sekere persoonlikheid, en bepaalde kapasiteit en vermoëns.
Lynette Beer se Vier-Kleur Persoonlikheidsmodel verdeel mense in vier hoofkategorieë: Geel (Ekstrovert, Sosiaal), Rooi (Leier, Taakgedrewe), Groen (Vredemaker, Geduldig) en Blou (Analities, Perfeksionisties). Hierdie kleure stem ooreen met Bybelse figure wat soortgelyke eienskappe vertoon:
1. Geel (Sosiale en Ekstroverte): Koning Dawid – Dawid was charismaties en het mense geïnspireer met sy vreugdevolle en kreatiewe gees, veral in sy aanbidding en sy vaardigheid om mense bymekaar te bring.
2. Rooi (Leier en Taakgedrewe): Paulus – As 'n apostel was Paulus baie doelgerig en het hy sonder vrees die vroeë kerk gelei, terwyl hy prakties, vasberade en strategies was in sy bediening.
3. Groen (Vredeliewend en Standvastig): Abraham – Abraham het 'n kalm en vredige geaardheid gehad, met 'n diep geloof en 'n standvastige vertroue op God se beloftes, selfs in moeilike tye.
4. Blou (Analities en Perfeksionisties): Moses – Moses was gedetailleerd en noukeurig in sy leierskap oor Israel, en het gefokus op die presiese uitvoering van God se wette en bevele. [1]
4. Karakter (Die Struktuur van Wie Jy Is)
Karakter is die raamwerk van jou gebou. Dit is hoe jy oor tyd gevorm word, op grond van jou keuses, waardes, en integriteit. Karakter is stabiel en versterk jou identiteit. Terwyl persoonlikheid jou unieke styl is, is karakter jou morele en etiese ruggraat. As jou identiteit die bedryfstelsel is, dan is jou karakter die veiligheidsinstellings op jou slimfoon—dit beskerm jou teen slegte invloede en help jou op die regte pad bly.
Skrifgedeelte:
Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. (Gal 5:22)
In Christus Jesus, ontvang ons 'n nuwe goddelike karakter. Ons word 'n nuwe skepsel, met nuwe waardes, en 'n nuwe hartsingesteldheid of fokus. Waar ons voorheen self probeer het om 'n maatstaf vir die lewe te vind, wat heilsaam, volhoubaar, en aantreklik is - Het ons in JESUS die volmaakte en perfekte voorbeeld van leef gevind. Elke dag meet ons ons lewe aan die hand van Sy Lewe se standaard.
5. Bewustheid (Jou Interne GPS)
Bewustheid is jou intern-kompas—hoe jy bewus is van jouself, jou omgewing, en jou identiteit. Dit is soos die GPS-funksie op ‘n slimfoon—dit wys jou waar jy is en help jou om rigting te kry. Jou bewustheid bepaal hoe jy jou identiteit verstaan en jou plek in die wêreld sien. Dit is ook hoe jy God se teenwoordigheid en wil ervaar.
Skrifgedeelte:
“Bewaar jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.” Spreuke 4:23
'n Algemene kenmerk van hoër geestelike Jesus-bewussyn is die vermoë om volkome in die huidige oomblik te leef, eerder as om verteer te word deur verlede se spyt of toekomstige bekommernisse. Mense wat vanuit 'n hoër bewussyn funksioneer, fokus op die hier en nou, en omhels die huidige oomblik met oopheid en aanvaarding. Hierdie bewustheid stel 'n mens in staat om die skoonheid van die lewe en elke oomblik wat ontvou, ten volle te waardeer.
6. Houding (Jou Uiterlike Reaksie op die Lewe)
Houding en gesindheid is jou reaksie op die wêreld om jou. Dit is soos die filters wat jy gebruik wanneer jy ‘n foto neem—dit bepaal hoe jy dinge interpreteer en hoe jy reageer op wat rondom jou gebeur. Jou houding word gevorm deur jou bewustheid en jou identiteit. As jy weet wie jy is in Christus, sal jou houding een van geloof, liefde en hoop wees.
Skrifgedeelte:
Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ’n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. (Col 3:12-15)
Baie mense dink houding en gesindheid is iets waarmee hulle opstaan op 'n bepaalde dag - "ek het met die verkeerde voet uit die bed uit geklim". Omdat Identiteit, karakter in plek is kies ek die gepaste gesindheid wat voordelig en goed is.
7. Wil en Begeertes (Die Enjin wat Jou Dryf)
Jou wil en begeertes is die fokus en intensie die hoekom agter jou besluite en aksies. Ons as mens word die meeste gedryf in hierdie lewe deur 'n storie. Elkeen het 'n storie. Ons onthou ook die meeste 'n storie van gebeure, wat konteks gee aan gebeure. Daarom begin die Bybel met spesifieke stories, Adam, Noag, Abraham, Moses en Job. Ons kry betekenis uit hierdie stories. Hierdie stories vertel ons wat waar en vals is, reg en verkeerd, wat werk en wat nie werk nie.
Jou wil is die "Enter" knoppie op die sleutelbord. Die "Enter"-sleutel op 'n sleutelbord het verskeie funksies, maar die hoofdoel is om 'n opdrag of aksie te bevestig en uit te voer. Dit is soos om jou rekenaar die "go ahead"-sein te gee. Die "click" van die muis het dieselfde funksie.
Die wil aktiveer uiteindelik die besluit, nadat jy deur al die prosesse gegaan het van identiteit, persoonlikheid, karakter, bewussyn neem jy 'n besluit. Wat al hierdie prosesse verenig, rigting gee is 'n storie, 'n motief, 'n rede van bestaan, iets wat betekenis en sin het.
Weereens help die Here ons in die doolhof van die Chaos van hierdie wêreld, want omdat ons Hom lief het, gehoorsaam ons Sy gebooie, en gee Hy ons betekenis en rigting in die lewe. Ons begeer wat Hy begeer.
Skrifgedeelte:
"En verlustig jou in die Here; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart." Psalm 37:4
Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. (Mat 4:4)
Jesus sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring.(Joh 4:34)
"Soek allereers die koninkryk van God en SY geregtigheid, en al die dinge sal vir jou bygevoeg word. (Mat 6:33)
Wanneer ons wil en begeertes in ooreenstemming is met God se wil, lei Hy ons na vervulling en seën. Ons word uiteindelik nie geoordeel oor wat ons gedink het of gevoel het nie, maar wat ons gedoen het!! Dis interresant dat die woord hoor en doen, en begeer en wil in die HEbreeuse begrip alles EEN ding is. Jy doen tog wat jy begeer, waar jou skat is sal jou hart ook wees. Jou dade is 'n bewys van jou begeertes en wil.
8. Emosies (Die energie en intensiteit agter alles wat ons doen)
Emosies en gevoelens is soos die RAM van jou slimfoon, dit bepaal die spoed en energie krag van jou innerlike wêreld. RAM, of Random Access Memory, is 'n tipe geheue in 'n rekenaar wat gebruik word om data vinnig te stoor en te herwin. Dit is die plek waar die rekenaar korttermyn inligting hou wat dit nodig het om programme en prosesse vinnig uit te voer.
Stel jou voor jy werk aan 'n projek op jou lessenaar. Jou lessenaar is soos die RAM – dit is die werkspasie waar jy al die dinge wat jy tans gebruik, uitpak en bekyk. Hoe groter die lessenaar (RAM), hoe meer dokumente en items kan jy gelyktydig daarop hê sonder om dinge stadig te maak.
RAM werk vinniger as die rekenaar se harde skyf, maar dit is vlugtige geheue, wat beteken dat al die inligting verdwyn sodra jy die rekenaar afskakel of herlaai. Daarom is dit belangrik om jou werk op die rekenaar se hardeskyf te stoor, wat meer soos 'n argief of lêerkas funksioneer.
Die beste manier om die gedagte oorlog te wen, is om iets te doen!! Hoe meer jy begin dink en redeneer volgens die gees, die Wil van God, die koninkryk van God manier van dink, hoe meer begin jy reg te dink, oor jouself, mense en die lewe. Die Woord is God se Kaart van regdink!
Dit is hoekom hierdie prioriteit hiërargie so belangrik is. So baie mense word deur hulle emosies beheer! Dit beteken dat hulle identiteit, houding, karakter en bewussyn ondergeskik is oor hoe op 'n bepaalde oomblik voel. Wanneer my identiteit, persoonlikheid en karakter op lyn, vind ek makliker koers in my bewussyn, en neem ek derhalwe die regte besluite. Emosies is 'n natuurlik refleksie van die regte dinge doen. Mens voel reg, as jy die regte dinge doen.
Die beste emosie om op te konsentreer is GELOOF:
Skrifgedeelte:
"Die dwaas laat sy hele gees uit, maar die wyse bring dit in bedwang." (Spr 29:11)
"Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef." (2 Kor 13:5)
"Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof." (1 Joh 5:4)
"want alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde." (Rom 14:23)
9. Gewoontes (Die Outomatiese Patrone wat Jou bepaal)
Gewoontes is soos die outomatiese stelsels van jou slimfoon—dit is die dinge wat jy gereeld doen sonder om daaroor na te dink. Jou gewoontes vorm oor tyd en het ‘n groot invloed op jou karakter en lewensrigting. Goeie gewoontes versterk jou identiteit en karakter, terwyl slegte gewoontes dit kan ondermyn.
Skrifgedeelte:
Daarom, my geliefdes, soos julle altyd gehoorsaam gewees het, nie in my teenwoordigheid alleen nie, maar baie meer nou in my afwesigheid, werk julle eie heil uit met vrees en bewing; want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. Doen alles sonder murmurering en teëspraak, sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ’n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld. (Fil 2:12-15)
Gewoontes word uiteindelik ons onderbewussyn! Ons onderbewussyn is die somtotaal van al hierdie aspekte van menswees wat nou alles in een reguit lyn funkioneer en outomatiese handelinge word.
Die meeste mense se onderbewussyn is deurmekaar en affekteer hulle gedrag, omdat daar 'n virus aktief is en die kommunikasie tussen al hierdie fasette van ons menswees raak deurmekaar, en gefragmenteer. Net soos jou slimfoon soms nie wil werk nie, want iewers het die bedryfstelsel korrup geraak, so ook raak sommige mense toksies en kan nie reg funksioneer nie.
Opsomming van die Hiërargie
Hier is 'n opsomming van die 9 aspekte van jou menswees met die kernfunksie en 'n slimfoon-metafoor:
1. Gedagtes (Kaarte wat jy volg)
Kernfunksie: Die sentrum van denke en interne verwerkings.
Slimfoon-metafoor: Jou brein is soos die hardeskyf wat jou wêreldbeskouing stoor en prosesseer.
2. Identiteit (Die Fondasie van Wie Jy Is)
Kernfunksie: Die basis van jou lewe en wie jy in Christus is.
Slimfoon-metafoor: Soos die bedryfstelsel wat bepaal hoe die slimfoon funksioneer.
3. Persoonlikheid (Jou Unieke Styl en Benadering)
Kernfunksie: Jou unieke manier van uitdrukking in die lewe.
Slimfoon-metafoor: Soos die tema of "skin" wat jy kies om die slimfoon se v oorkoms en styl aan te pas.
4. Karakter (Die Struktuur van Wie Jy Is)
Kernfunksie: Morele ruggraat en integriteit, gevorm deur keuses.
Slimfoon-metafoor: Die veiligheidsinstellings wat jou beskerm teen verkeerde invloede.
5. Bewustheid (Jou Interne GPS)
Kernfunksie: Self- en God-bewustheid, help jou om rigting te kry.
Slimfoon-metafoor: Die GPS-funksie wat jou posisie bepaal en rigting gee.
6. Houding (Jou Uiterlike Reaksie)
Kernfunksie: Jou reaksie op die wêreld, gevorm deur identiteit.
Slimfoon-metafoor: Die filters wat jy gebruik om prente te neem, beïnvloed hoe jy die wêreld sien.
7. Wil en Begeertes (Die Enjin wat Jou Dryf)
Kernfunksie: Die krag agter jou besluite en aksies.
Slimfoon-metafoor: Die "Enter"-knoppie wat jou aksies bevestig en uitvoer.
8. Emosies (Die Energie en Intensiteit)
Kernfunksie: Bepaal die spoed en energie van jou innerlike wêreld.
Slimfoon-metafoor: Soos RAM, wat jou slimfoon vinniger laat werk, maar vlugtig is.
9. Gewoontes (Outomatiese Patrone)
Kernfunksie: Outomatiese aksies wat jou lewensrigting vorm.
Slimfoon-metafoor: Outomatiese stelsels wat jou slimfoon se funksionering bepaal sonder om aktief daaroor te dink.
[1] https://www.lynettebeer.co.za/our-model