NAGMAAL - 'n Triomfmaal van Goddelike Gemeenskap

NAGMAAL - 'n Triomfmaal van Goddelike Gemeenskap
Sondag Oggend Diens 4 Sep 2022

Die woord Nagmaal kom nie in die Bybel voor nie: 

  • Die Here se Tafel (1 Cor 10:21
  • Die nagmaal (1 Cor 11:20)
  • Die breek van die brood saam met die twee dissipels op die pad na Emmaus (Luk. 24:13-35), en van huis tot huis (Acts 2:42; 45) 
  • Gemeenskap – 1 Cor 10:16
  • Danksegging – Luke 22:19

Sleutelteksverse:  (Luk 24:35, Han 2:42, Han 2:46, Han 20:7, and 1 Kor. 10:16; 1 Kor 11:17-34; Jud 12.

Die aardsvaders, Abraham, Isak en Jakob se seuns was selfregerende grond baronne.  Hulle slawerny onder die Egiptenare staan in donker kontras met hulle eertydse glorie as onafhanklike alleenheersers.  Daarom, toe die Jode deur ‘n bonatuurlike goddelike ingryping (10 plae) bevry word van 430 jaar se slawerny, het hulle alles in hulle vermoë gedoen om eerstens vry te kom van ‘n slaafmentaliteit, en tweedens om ten alle koste te voorkom dat hulle ooit weer slaaf sal word van enige goddelose leier of sisteem.  

Dit neem veertig jaar en die afsterwe van ‘n hele generasie om van eersgenoemde slaafmentaliteit los te kom.  In hierdie tyd kry hulle die wet, ‘n nuwe patroon van lewenstyl. ‘n Enigmatiese ontmoeting met ‘n lewende God by Sinai en veertig-jaar se verdere bonatuurlike verlossings dade, elke keer wanneer hulle nog terugverlang na die kospotte van Egipte.  

Tog het hulle deur die geskiedenis van die Jode weer en weer slaaf geword, van heidense volke, maar ook hulle eie goddelose konings.  Onthou die ontstaan van hierdie nasie het begin my God wat vir Abraham roep om ‘n seën vir alle nasies te wees. en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word. (Gen 12:3). Hierdie roeping van die Here aan Abraham is om die verhouding van goddelike gemeenskap en heerskappy wat in Eden bestaan het te herstel.  Die Jode se slawerny hou ook direk verband met hulle eie ongehoorsaamheid en wegval van hulle hartsfokus op die Here. 

Maar as jy terdeë na sy stem luister en alles doen wat Ek sal sê, sal Ek die vyand van jou vyande en die teëstander van jou teëstanders wees.

En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.

Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak.

Ek sal my skrik voor jou uit stuur en elke volk waarby jy kom, in verwarring bring. En Ek sal al jou vyande vir jou laat vlug.

Ek sal hulle so langsamerhand voor jou uit verdrywe, totdat jy vrugbaar word en die land beërwe.  (Exo 23:22-30) 

Die feit dat die PASGA die 14de dag van die eerste maand van die jaar moes plaasvind dui daarop dat die Here hulle hele kultuur wou verander om volgens die voorskrif en fokus van die pasga te lewe.  

Paasmaal

Die PASGA maaltyd is die ritueel en tradisie wat nie net hierdie sentimente vervat nie, maar dit oordra van een generasie na die ander.  Die pasga is ‘n viering en herdenking van hulle verlossing en bevryding uit Egipte.   

Die Paasmaal se Hebreeuse woord is PESAH, die Engelse ekwivalent van ‘pause over to protect’, soos ‘n hen oor haar kuikens sou stilstaan ​​om hulle teen skade en gevaar te beskerm. Dit is presies wat God in daardie tyd gedoen het. Toe Hy die bloed aan die deur sien, het Hy Homself ‘verbly’ om en Sy uitverkorenes beskerm teen die doodsbevel wat oor alle ongelowiges uitgespreek is.

God doen presies dieselfde vir diegene vandag wat die “bloed van God se Lam” in geloof op hul hart se deur toegelaat het. Hy staan ​​stil om ons te beskerm teen enige vorm van sonde wat tot die ewige dood lei! Die woord ”Pesach’ is geneem van ‘n ander Hebreeuse kernwoord wat beteken “‘om te hop,”‘ dit wil sê figuurlik oor te slaan (of te spaar); deur om te huiwer; ook letterlik om te dans, om te spring, om verby te gaan. Toe God die bloed van die lam aan die deurkosyne sien, het Hy daar gehuiwer, van blydskap opgespring oor die gehoorsaamheid van Sy volk deur die volmaakte, Offerlam vir hulle verlossing te offer!

Dink hoe moes dit voel vir die Jode die dag toe hulle hoor wat tydens die laaste plaag gaan gebeur, miskien het hulle van die Egiptenare se kinders opgepas, vir hulle liefgeraak, en dan die nuus… al die eersgebore kinders is in een nag dood.  Dit het die smeer van die lam se bloed aan die deurposte ‘n riele wesenlike vir oorlewing betekenis gegee.  (Eksodus 12) 

Die hele gesin was betrokke, by die vang en slag van die lam, pa en seun het heelwaarskynlik saam die deurposte met hisop en bloed geverf.  Dan die eet van ‘n gesinsmaaltyd, om saam krag kry vir die lang reis… na die onbekende… maar na vryheid!

Geen vleis mag gekook geword nie, net ongesuurde brood en bitter kruie.  Hulle lendene omgord gereed om te vertrek. 

Vreemdelinge en besoekers kon die maaltyd saam geniet, maar net as hulle mans besny is.  Die eerste gelowiges het ook die maaltyd eksklusief gedeel met die wat GEDOOP is.  

“Die paaslam is aan die einde van die 14de tussen 3:00 tot 5:00 in die middag geslag. Soveel as ‘n kwartmiljoen lammers is in hierdie tyd geslag. Waar het al die duisende liters van bloed van hierdie geslagte lammers gaan? Hoe het hulle daarvan ontslae geraak? Die antwoord is daar was ‘n drein aan die voet van die altaar waar dit gevloei het (Levitikus 1:11, 13; 4:7, 18, 25, 30, 34 ). Groot hoeveelhede water is in die altaar se dreineringstelsel gegooi om die bloed van hierdie lammers te spoel. Die Tempelberg was op ‘n heuwel met ‘n plat kalksteen oppervlak. Die dreine het die bloed laat afvloei in die Kidron-spruit in die Kidronvallei onder die tempel.  Normaalweg was hierdie vallei droog deur die jaar, maar met die lentereën tydens die paasfeestyd, is die vallei verander in ‘n vloeiende waterspruit wat ‘n bloedrooi stroom sou word soos die bloed van die lammers in die water vloei.  Wanneer Jesus die spruit Kedron oorgesteek het oppad na die tempel, sou dit steeds rooi wees van die bloed van die lammers wat opgeoffer is.” 

Wanneer Jesus die aand die maaltyd met sy dissipels vier, is die atmosfeer swaar gelaai met die doodsdreigemente van die owerhede, en sekerlik die gewydheid van die oomblik.  Almal was maar bang of hulle lewend hieruit gaan kom.  Boonop ook die suggestie dan een van hulle ‘n verraaier is! 

Die 3de Beker van Verlossing

Dit is tyd om die derde beker wyn te skink, die beker van verlossing. Dit kom weer uit Eksodus 6:6 – Ek sal jou verlos met ‘n uitgestrekte arm. Dit sou die beker gewees het wat Jesus by die Laaste Avondmaal opgehef het.  

Psalm 49:7-8 Niemand kan ooit ’n broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie (want die losprys van hulle lewe is te kosbaar en vir ewig ontoereikend),

Jeremia 31:33-34 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ’n God wees, en hulle sal vir My ’n volk wees.

En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Toe Jesus die 3rde beker neem – die beker van verlossing kondig Hy aan dat Hy die verlossing is, die lam geslag, wie se bloed vergifnis en vrymaking van sonde bring.  

Die Breek van die Brood

Toe Jesus Sy laaste Pasga saam met Sy dissipels gevier het, het Hy vir hulle matzah gegee as die simbool van Sy liggaam. Die matzah is ongesuurd, gestreep en deurboor, net soos die profeet Jesaja die Messias beskryf: “Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die tugtiging vir ons vrede was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.” (Jesaja 53:5).

Voor die maaltyd is hierdie matzah gebreek, in linne toegedraai en weggesteek. Na die aandete verskyn die matzah weer. 

Vir die Messiaanse Joodse gemeenskap verteenwoordig die afikomen simbolies die Messias, aangesien Jesus se liggaam gebreek, in linne toegedraai, begrawe en op die derde dag opgewek is.

Jesus verklaar, Ek is hierdie Verlosser en Messias! 

Die nagmaal herdenk dus Jesus se dood en opstanding soos die Pasga die verlossing uit Egipte herdenk het.  Dit is die enkele grootse historiese gebeurtenis waar ‘n nuwe nasie tot stand gekom het.  

Tydens hierdie maaltyd herdenk ons:

  • Jesus se dood as soenoffer vir ons sonde – vergifnis van sonde moet ook ander vergewe
  • Jesus se opstanding en krag tot ‘n nuwe lewe – verbond van die NT beseël 
  • Ons gemeenskap met Hom en met mekaar – solidariteit en deel in mekaar se lewe.  

Hoe leef ons dit wat ons nou-net herdenk en verklaar het prakties uit?  

PASGA herdenk die enkele grootste bevryding en totstandkoming van ‘n nuwe nasie gebore vanuit en onder Jesus Christus.  Die nagmaal herdenk dus Jesus se dood en opstanding soos die Pasga die verlossing uit Egipte herdenk het.  

Agapé – Liefdesmaal 

Dit is duidelik dat die eerste gelowiges op die aand van die eerste dag van die week (Sondag) saam vergader het vir ‘n gemeenskaplike maaltyd voordat hulle die nagmaal gebruik het (Han 20:7). Hierdie maaltyd word die liefdesmaal genoem. Dit is interessant dat Paulus en Judas se kritiek teen die gelowiges oor die gebruik van die nagmaal nie gaan oor die verkeerde metodiek of voorskrif van die maaltyd nie, maar eerder ‘n hartsgesindheid teenoor mekaar terwyl hulle die maaltyd vier.  Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.  Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink.  Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.  Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het ontslaap. Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie. Daarom, my broeders, as julle saamkom om te eet, wag vir mekaar; en as iemand honger het, laat hom by die huis eet, sodat julle nie tot ’n oordeel saamkom nie.  (1 Kor 11:27-34) 

Maar hierdie mense belaster alles wat hulle nie ken nie; en alles wat hulle, soos die redelose diere, op natuurlike wyse verstaan, daardeur gaan hulle te gronde.  Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom.  Hulle is skandvlekke in julle liefdemaaltye, wat sonder vrees saam fees hou en hulleself voer, waterlose wolke deur winde rondgedrywe, bome in die nasomer, wat sonder vrugte is, twee maal gestorwe, ontworteld; woeste golwe van die see wat hulle eie skandes laat opskuim, dwaalsterre vir wie die donkerheid van die duisternis vir ewig bewaar word. (Judas 10-13) 

Die KERN van hierdie maaltyd is die BESNYDENIS VAN DIE HART. 

Hierdie eerlike openlike belydenis en vergifnis teenoor mekaar is onlosmaaklik die enigste manier hoe ons GOD SE VOLK kan wees.  God wil dieselfde goddelike gemeenskap wat in EDEN bestaan het herstel!! 

Geen geveinsde godsdienstige voorgee word hier geduld nie! Die suurdeeg van die verraaier word uitgewys en verwyder uit die gemeenskap van gelowiges. 

Jesus gaan nog verder en wys ons prakties hoe om hierdie maaltyd uit te leef. Ons kies om mekaar se dienskneg en slaaf te word.  (Joh 13:1-20) Jesus het hierdie voetewas diens aan sy dissipels gedoen voor die Maaltyd, en Hy het ook Judas se voete gewas wetende dat hy Hom sal verraai.  

Hierdie liefdesmaal het behoue gebly in die eerste kerk tot te minste 100nC. Alhoewel die maaltyd die formele nagmaal voorafgegaan het, is daar geen teken van twee byeenkomste nie.  Iganasius verwys nog in sy skrywe in die Didache na opeenvolgende gebeurtenisse.  

Dit is TYD dat ons as geloofgemeenskap weer hierdie tradisie herstel.  Die eerste gemeente was daarop gesteld dat elkeen moes sy eie kos bring, maar dit saam geniet, en ook onder makaar deel.  Hierdie maaltyd het dadelik die ongelykheid tussen ryk en arm ongemaklik aan die lig gestel.  Dadelik moes daar maniere gevind word om in die gees van voetewas en dien mekaar, antwoorde te soek waar niemand die liefdesfees kon misbruik nie.  

Nagmaal

Daarop neem Hy brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan hulle en sê: Dit is my liggaam wat vir julle gegee word; doen dit tot my gedagtenis.

Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word (Matthew 26:26; Mark 14:22; Luke 22:19)

en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word; doen dit tot my gedagtenis.  Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed; doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.  Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.  ( 1 Cor 11:24-26) 

Kom ons ondersoek die betekenis agter Jesus se Woorde:  

  • Die Brood verwys na Sy gebroke Liggaam – Jesus het die brood gebreek en gesê: “Neem, eet; dit is my liggaam” (Matteus 26:26).  In die Skrif simboliseer suurdeeg sonde, so brood sonder suurdeeg verteenwoordig heilige God.  In die verdeelde sak is matzohs verenig maar tog duidelik – ‘n prentjie van die Drie-eenheid. Die middelste brood dui op die Seun, wat Sy Vader se kant verlaat het om onder ons te woon (Galasiërs 4:4) en vir die mensdom gebreek is (Jesaja 53:5), toegedraai in ‘n grafdoek (Matteus 27:59), weggesteek in ‘n graf. (vers 60), en opgewek (28:6). Ons verlossing was inderdaad duur (1 Korintiërs 6:20).  
  • Brood versinnebeeld die samewerking van verskillende mense om dit te skep. Die boer wat saai, die oes groot maak, oes, meul toe stuur, die bakker wat die bak, in ’n vuur, en dan vir ons voorsit die gasvrou.  Samewerking en tyd is nodig om enigiets van ware menslike waarde te skep – dit is die les van brood.  In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, (Ge 3:19).  
  • En Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van God, die Allerhoogste, was, het brood en wyn gebring – Gen 14:18:

DAAROM, my geliefdes, vlug vir die afgodediens.  Ek spreek soos met verstandige mense; oordeel self wat ek sê: die beker van danksegging wat ons met danksegging seën, is dit nie die gemeenskap met die bloed van Christus nie? Die brood wat ons breek, is dit nie die gemeenskap met die liggaam van Christus nie? Omdat dit een brood is, is ons almal een liggaam, want ons het almal deel aan die een brood. (1 Cor 10:14-17) 

En Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julleself nie. Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Want my vlees is waarlik spys, en my bloed is waarlik drank.  Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. (John 6:53-56)

  • Jesus se bloed reinig ons van sonde. Vanaf Adam en Eva het God ’n bloed offerande vereis om oortredings te bedek (Genesis 3:21; Levitikus 17:11). Maar dit was net ‘n tydelike oplossing, aangesien die volgende oortreding nog ‘n opoffering vereis het. Jesus was God se permanente antwoord op die probleem: Hy het alle sonde op Homself geneem – verlede, hede en toekoms – en het gesterf om die volle straf te betaal.
  • Sommige soek gedurig magiese krag in geestelike rituele asof ons daardeur magies bevry sal word van die realiteite van hierdie lewe.  Dit strook egter nie met Jesus se manier van preek en demonstrasie nie.  Jesus demonstreer die geestelike krag van die maaltyd deur hulle voete te was.  Om dus alreeds Judas te vergewe nog voordat hy Hom sou verraai.  Nog voor die maaltyd het hulle gestry oor wie die belangrikste is.  Jesus demonstreer dat die belangrikste die een is wat dien! Die krag van die maaltyd lê daarin dat jy HOM IN NAGEDAGTENIS HOU. Jy dink aan hoe Hy gelewe het, en jy doen dieselfde.   Jy vereenselwig jouself met die Here, en kies om die minste te wees, nie jou eie gewin te soek nie, nie die eer van mense te probeer bekom nie! 

Deur Jesus Te Leef Oorwin Jy Sonde!! 

Jesus het nie gesondig nie, en dus nie meer vanuit ‘n slaaf-sonde-mentaliteit gedink en leef nie! Sy bewussyn was sondeloos, en een met die Vader! Dit is die uiteindelike doel, dat ons Sy geregtigheid sal ontvang (Joh 1:12; Mat 6:33) en in SY GEREGTIGHEID leef.  Ons leef dus nie meer met skuldgevoelens, veroordeling en in verwydering van God nie.  Nee ons word gevul met die Heilige Gees, ons word Sy tempel, ons word Sy instrumente, hande en voete!! 

  • Die NAGMAAL herdenk die Ruiltransaksie tussen ons en Christus. 
  • Ons gee Hom ons sonde HY gee ons Sy geregtigheid – 1 Cor 5:21 
  • Ons gee Hom ons siekte HY gee ons Sy gesondheid – 1 Pet 2:24 
  • Ons gee Hom ons swakheid Hy gee ons Sy krag – Phil 4:13
  • Ons gee Hom ons skuld en veroordeling Hy gee ons Sy vergifnis – Rom 8:1
  • Ons gee Hom ons skaam Hy gee ons Sy vrymoedigheid – Heb 10:19
  • Ons gee Hom ons verdiende straf Hy gee ons Sy genade – Eph 2:8
  • Ons gee Hom ons twyfel HY gee ons SY geloof – Col 2:20-21
  • Ons gee Hom ons armoede HY gee ons Sy hemelse erflating – Eph 1:18 
  • Ons gee Hom ons eensaamheid HY gee ons Sy liggaam – Eph 4:1-5 
  • Ons gee Hom ons verslawing Hy gee ons Sy vryheid – Joh 8:36 
  • Ons gee Hom ons weeskindbestaan HY maak ons Sy kind – Rom 8:16 
  • Ons gee Hom ons brose verganklikheid HY gee ons die Ewige Lewe – Joh 3:16 
  • Ons gee Hom ons armoede HY gee ons elke Geestelike seëning in die hemele – Eph 1:3 

HALLAL 

En toe hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg (Mark 14:26; Mat 26:30). Terwyl die Skrif nie uitdruklik sê watter lofsang gesing is nie, openbaar die Joodse tradisie dat die Paasmaaltyd afgesluit is deur die laaste gedeelte van die Hallel te sing. Die Hallel bestaan ​​uit Psalms 113 tot 118. Dit is ‘n vreugdevolle viering van lof en danksegging aan God.

Betekenis Hallal haw-lal’ Ps 150:1 ha¯lal:

  • ‘n Werkwoord wat beteken om God te prys, om te spog, om te skyn. Die wortelbetekenis kan wees om te skyn, maar kan ook wees om te skree.
  • Die woord beteken meestal lof en word geassosieer met die bediening van die Leviete wat God soggens en saans geprys het (1Chron 23:30). Die hele skepping word egter aangespoor om daarby aan te sluit (Ps. 148), en verskeie instrumente is gebruik om die lof aan God te vermenigvuldig. (Ps. 150).  Harder klank is bekom, deur nog instrumente by te voeg.  
  • Die woord halleluja is ‘n opdrag om Yah (die Here) te loof, afgelei van die woord ha¯lal (Ps 105:45; Psa 146:1). Die refleksiewe vorm van die werkwoord word dikwels gebruik om grootpratery aan te dui, hetsy in ‘n goeie voorwerp (Psa 34:2 [3]) of ‘n slegte voorwerp (Psa 49:6 [7]).  

Die sing van ‘n lied versterk die gevoel van gemeenskap en samehorigheid. Selfs in die weermag word liedjies gesing, om hulle eenheid te versterk.