7 Dodelike Sondes #7 Vraatsug - Dissipline Die liggaam is soos 'n ongetemde dier: Ons moet leer om elkeen ons eie liggame te leer ken, sy seine en siklusse te verstaan, en soos 'n sportsman/vrou onsself te ontwikkel om voluit in Sy volheid die potensiaal wat die Here ons gegee het te ontsluit.
Preke #6 Wellus - Heilige Intimiteit 'n Mens sou dink dat, met die samelewing se tegnologiese vooruitgang en toegang tot meer inligting en hulpbronne as ooit tevore, ons seksuele immoraliteit sou kon beheer deur beter ingeligte besluite te neem. Maar die teendeel is waar – seksuele immoraliteit neem drasties toe!
Preke #5 Woede - Selfbeheersing Die wêreld is vol van verkeerde woede. Verbale aggressie met afbrekende en neerhalende woorde het al menige lewens verwoes. Gesinsgeweld, aanranding en gereelde woedeuitbarstings verander die huis wat bedoel is as ʼn plek van veiligheid in ʼn oorlogsveld.
Preke #4 Afguns - Vergenoegdheid Van die dodelike Sondes, word afguns die meeste weggesteek en geheim gehou, omdat dit so gruwelik lelik en moorddadig is. Sekerlik beleef elke mens van tyd tot tyd jaloesie, al is dit vir 'n vlietende oomblik.
Preke Featured # 3 Luiheid - Pligsgetrouheid Luiheid is soos 'n parasitiese kanker wat moderne mense verlam, met 'n voorliefde vir toenemende gerief en luuksheid. Ironies genoeg raak ons tegnologie slimmer terwyl ons menslike vermoëns verswak.
Preke Featured #1: Hoogmoed Teenoor Nederigheid Hoogmoed is die arrogante oortuiging dat ons selfgenoegsaam, spesiaal, superieur en outonoom is; wat daartoe lei dat ons onsself van God distansieer en ons eie begeertes en prestasies bo Sy wil verhef.
Preke Featured #2 Gierigheid vs Vrygewigheid Gierigheid, suinigheid, begerigheid is almal 'n uitvloeisel van 'n diepliggende vrees om nie te hê nie in plaas van vertroue in God.