Teruggeval, Afgedwaal, Moeg Geraak in die Wedloop van die Geloof?
Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan. "Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!”

KYK NA DIE LIVE YOUTUBE BOODSKAP VAN 9 FEB 2025
LUISTER NA DIE SPOTIFY PREEK VAN 9 FEB 2025
Draai Vandag Terug Na Die Here!
Het jy al ooit aan ‘n langafstandwedloop deelgeneem? Daar is altyd deelnemers wat nie die wedloop voltooi nie. Sommige raak beseer, ander besef hulle is nie fiks genoeg nie. Party het onderliggende siektes waarvan hulle nie bewus was nie, en die inspanning bring dit skielik na vore. Ander verloor eenvoudig hul motivering en gee sommer net op.
Onlangs, tydens ‘n manne-gesprek, het een van die manne vertel van ‘n vriend wat stilweg van die geloof afgewyk het—teruggesak sonder dat enigiemand dit eers agtergekom het. Ons leef in ‘n tyd van die groot afval (apostasy). Al hoe meer hoor mens selfs van predikante wat hul geloof prysgee en ‘n ander pad inslaan.
Toe ek nog ‘n jong seun in die kerk was, het Past. Ben van Wyk ‘n treffende boodskap gebring: “Die Here beweeg altyd vorentoe… as jy nie by Hom bly nie, val jy terug!”

Volharding
Die Bybel praat telkemale van ons geloofswedloop, en dat ons moet volhard, tot die einde!
"Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê, en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, terwyl ons die oog gevestig hou op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof..." Hebreërs 12
"Weet julle nie dat die wat in ‘n wedloop hardloop, almal wel hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop so dat julle dit sekerlik kan verkry. En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, is in alles ingetoë; húlle wel om ‘n verganklike kroon te ontvang, maar ons ‘n onverganklike. Ek hardloop dan so, nie as een wat onseker is nie; ek slaan met die vuis, nie as een wat in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, nadat ek aan ander gepreek het, self verwerpbaar sou wees nie." 1 Korinthiërs 9:24-27
"Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop voleindig, ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, aan my in daardie dag sal gee..." 2 Timotheus 4:7-8
"Broeders, ek reken nie dat ek dit self gegryp het nie; maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek jaag dan na die doel, na die prys van die hoë roeping van God in Christus Jesus." Filippense 3:13-14
"En as iemand aan ‘n wedstryd deelneem, ontvang hy die kroon as hy volgens die reëls gewedloop het." 2 Timotheus 2:5

Ek worstel soms met die hardheid van mense se harte in ons gemeenskap. Vir vyf-en-twintig jaar het ons die Woord van die Here met eerlikheid en egtheid bedien—op elke moontlike manier, vanuit "gebroke kruike". Ons sien vrug, daar is sukses, maar steeds bly so baie mense koud en ongevoelig teenoor die geloof. Dit bly ‘n diepe hartseer en ‘n roepe tot aanhou bid en werk.
Ek word egter bemoedig deur die Woord, wat my herinner dat hierdie teenstand niks nuuts is nie. Selfs die Volmaakte Een, Jesus die Heilige, is deur mense verwerp. As hulle Hom, die Lig van die wêreld, nie wou aanvaar nie, hoe veel meer sal ons weerstand ervaar? Tog weet ek: Sy Woord keer nooit leeg terug nie.

Redes Vir Ongeloof
Kom ons kyk na die redes wat die mense aangevoer het, hoekom hulle nie glo nie, en selfs die wat eens geglo het, afvallig geword het. Die Woord gee LIG!
(1) Sy Eie Familie Twyfel
Jesus se moeder en broers is bekommerd oor hom in Mat 12:46-50; Mark 3:21,31-35; Luk 8: 19-21.
Toe sy familie hiervan hoor, het hulle gegaan om Hom te gaan haal, want hulle het gesê: “Hy het van sy kop af geraak.” Mark 3:21
(2) Sommige Sal Nie Glo Nie Al...
Alhoewel Jesus so baie wondertekens voor die mense gedoen het, het hulle tog nie in Hom geglo nie. Joh 12:37-43
Maar waarmee sal Ek hierdie geslag vergelyk? Dit is net soos kindertjies wat op die markte sit en na hulle maats roep en sê: Ons het vir julle op die fluit gespeel, en julle het nie gedans nie; ons het vir julle ’n klaaglied gesing, en julle het nie getreur nie. Want Johannes het gekom en nie geëet of gedrink nie, en hulle sê: Hy het ’n duiwel. Die Seun van die mens het gekom — Hy eet en drink, en hulle sê: Dáár is ’n mens wat ’n vraat en ’n wynsuiper is, ’n vriend van tollenaars en sondaars. Maar die wysheid is geregverdig deur sy kinders. Mat 11:16-19
(3) Persepsies
Ons sien hier op watter verskillende maniere die mense op Jesus gereageer het. Party mense het Hom “’n goeie man” genoem (Joh 7:12); ander weer ’n misleier (Joh 7:12). Ander het gesê dat Hy van die duiwel besete was (Joh 7:20); party dat Hy die Christus was (Joh 7:26); sommige dat Hy “die Profeet” was (Joh 7:40) en sommige dat Hy gearresteer moes word (Joh 7:44).
(4) Hardheid van Harte
Later het Hy aan die elf self verskyn toe hulle aan tafel was, en Hy het hulle hul ongeloof en hardheid van hart verwyt, omdat hulle die wat Hom ná sy opstanding gesien het, nie geglo het nie. Mark 16:14
selfs as Hy vir hulle reguit gesê het, sou hulle ook nie glo nie Luk 22:67
aarde of selfs hemelse preke en openbarings het hulle nie oortuig nie Joh 3:12
En julle het sy woord nie as iets blywends in julle nie, omdat julle Hom wat Hy gestuur het, nie glo nie. Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. Joh 5:38
hoewel Paulus uit die Skrif verduidelik het, het party nog steeds nie geglo nie. Hand 28:23-31
Sal die ware Messias nie meer wonders gedoen het nie? Joh 7:31
Skriftelike Verwysings
Profeet word nie in sy eie land geeer nie. Mark 3:21
Is dit nie Josef se seun nie? Luk 4:22; Ps 69:8
Ons weet waar hy vandaan kom, niemand sal weet waar die Messias vandaan kom nie Joh 7:27
Die voorste skrifgeleerdes glo nie!
Die profeet sal nie uit Galilea kom nie Joh 7:52
Jy getuig van jouself Joh 8:13
Jesus se Rede
Met die gelykenis van die saaier (Mar 4:14-20; Mat 13:13-17; Luk 8:12-14) verduidelik Jesus hoe hierdie geheimenis werk:
· Sorge van hierdie wêreld
· Verleiding van die rykdom
"Want Demas het my verlaat, omdat hy die teenwoordige wêreld liefgekry het, en het na Thessaloníka vertrek..." 2 Timotheus 4:10
· Begeerlikhede in verband met die ander dinge
· Kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is. 2 Cor 4:4
· Vervolging: maar geen wortel in hulleself het nie; hulle is net vir ’n tyd. Later as daar verdrukking of vervolging kom ter wille van die woord, struikel hulle dadelik.
(5) Vrees Vir Mense
"En daar was baie gemor oor Hom onder die skare. Party het gesê: Hy is goed! Ander het gesê: Nee, maar Hy verlei die skare. Niemand het egter openlik van Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode." Joh 7:12-13
"Nogtans het selfs baie van die owerstes in Hom geglo; maar weens die Fariseërs het hulle dit nie bely nie, sodat hulle nie uit die sinagoge geban sou word nie. Want hulle het die eer van mense liewer gehad as die eer van God." Joh 12:42-43
Julle glo nie, omdat jy die eer van mense soek en nie die eer van God nie. Joh 5:44
(6) Trots
Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie — dit is al sy gedagtes! Ps 10:2
"En die trots van Israel getuig openlik teen hom; nogtans bekeer hulle hul nie tot die Here hulle God en soek Hom nie ten spyte van alles nie." Hosea 7:10 –
"Julle woorde is kras teen My, sê die Here. Tog vra julle: Wat het ons teen U gesê? Julle sê: Dit is tevergeefs om God te dien..." Maleagi 3:13-14
(7) Boosheid van Harte
"En dit is die oordeel, dat die lig in die wêreld gekom het, en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig, want hulle werke was boos. Want elkeen wat kwaad doen, haat die lig en kom nie na die lig nie, sodat sy werke nie bestraf mag word nie." Johannes 3:19-20
"Toe antwoord Jesus en sê: O ongelowige en verdraaide geslag, hoe lank sal Ek by julle wees? Hoe lank sal Ek julle verdra?" Matteus 17:17
"Sorg, broeders, dat daar nie miskien in iemand van julle ‘n bose, ongelowige hart is deur van die lewende God afvallig te word nie." Hebreërs 3:12
(8) Die Evangelie is "Moeilik"
"Baie van sy dissipels het, toe hulle dit hoor, gesê: Hierdie woord is hard; wie kan daarna luister? … Van toe af het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie." Johannes 6:60, 66
(9) Misleiding en Valse Leerstellings
"Want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar vir hulself leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, omdat hulle gehoor gestreel wil hê; en hulle sal die oor van die waarheid afkeer en hulle wend tot fabels." 2 Timotheus 4:3-4
"En dan sal baie struikel en mekaar verraai en mekaar haat. En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei." Matteus 24:10-11

(10) Ontnugtering of Onvervulde Verwagtinge
"Maar ons het gehoop dat dit Hy was wat Israel sou verlos..." Lukas 24:21
"En toe Johannes in die gevangenis van die werke van Christus hoor, het hy twee van sy dissipels gestuur en vir Hom gesê: Is U die Een wat sou kom, of moet ons ‘n ander een verwag?" Matteus 11:2-3
"En almal in die sinagoge is met woede vervul toe hulle dit hoor; en hulle het opgestaan en Hom uit die stad gedryf en Hom gebring tot op die krans van die berg waarop hulle stad gebou was, om Hom daar af te gooi." Lukas 4:28-29
(11) Ongehoorsaamheid: Die Kerk Voer Nie Die Groot Opdrag Uit Nie
Iemand moet die Woord hoor, om te glo. Rom 10:14-21
"Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het." Mat 28:19
"Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering."2 Timotheus 4:2
"As Ek vir die goddelose sê: Goddelose, jy sal sekerlik sterwe! en jy spreek nie om die goddelose te waarsku van sy weg nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe, maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. Maar as jy die goddelose waarsku om hom van sy weg te bekeer, en hy hom nie bekeer van sy weg nie, dan sal hy sterwe deur sy ongeregtigheid; maar jy het jou siel gered." Esegiel 33:8-9
Redding is 'n Geskenk van God
VERNIET MAAR NIE GOEDKOOP NIE!!!
Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor, en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie. Isa 6:10; Matteus 13:14-15; Markus 4:12; Lukas 8:10; Johannes 12:40; Handelinge 28:26-27; Romeine 11:8
Die Bybel leer duidelik dat redding ‘n soewereine daad van God is en nie ‘n reg of ‘n verdienste van die mens nie. Dit beteken dat ons nie op ons eie kan besluit om gered te word nie—God is die Een wat ons roep en ons harte verander.
Efesiërs 2:8-9 sê: "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie."
Dit wys duidelik dat redding nie iets is wat ons verdien deur ons eie pogings nie, maar dat dit ‘n vrye geskenk van God is.
Ons sien ook in Johannes 6:44 dat Jesus sê:
"Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie."
Dit beteken dat niemand op sy eie tot geloof in Christus kan kom nie, tensy God self hom trek en oortuig.
Die Bybel beklemtoon verder dat redding nie afhang van ons eie keuse of dade nie, maar van God se genade alleen. Romeine 9:16 stel dit duidelik:
"Dus hang dit nie af van die een wat wil of die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is."
Ons kan nie aanspraak maak op redding asof dit ons reg is nie—dit is ‘n soewereine daad van God om barmhartigheid te bewys aan wie Hy wil.
Romeine 8:29-30 wys vir ons hoe God mense tot redding bring:
"Die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vooruit bestem... en die wat Hy vooruit bestem het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig."
Dit is God wat inisiatief neem om mense te roep, te regverdig en uiteindelik te verheerlik.
Selfs ons geloof is ‘n gawe van God. Filippense 1:29 sê:
"Want aan julle is dit genadiglik gegee om ter wille van Christus nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly."
Omdat redding volledig deur God se genade kom, kan niemand spog oor sy geloof of redding asof hy dit self bereik het nie. 1 Korinthiërs 1:26-31 sê:
"God het die dwase van die wêreld uitverkies om die wyse te beskaam... sodat geen vlees voor Hom sou roem nie."
Die Bybel is duidelik dat ons slegs deur Christus gered word, nie deur enige verdienste van onsself nie. Titus 3:5-7 sê:
"Nie op grond van werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar volgens sy barmhartigheid het Hy ons gered."
Hierdie verse wys dat redding 100% ‘n gawe van God is en nie ‘n menslike reg of ‘n beloning vir ons dade nie.
Ons kan nie op ons eie gered word nie, en ons het nie ‘n natuurlike reg op God se genade nie. Dit is uitsluitlik deur Sy liefde en genade dat ons tot redding gebring word. Daarom moet ons God met dankbaarheid en nederigheid loof, want Hy alleen is ons hoop en redding!

NOU IS DIE TYD!
"Want Hy sê: In die aanvaarbare tyd het Ek u verhoor, en in die dag van heil het Ek u gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van welbehae; kyk, nou is die dag van heil." 2 Korinthiërs 6:2
"Daarom, soos die Heilige Gees sê: Vandag, as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van versoeking in die woestyn nie." Hebreërs 3:7-8
"Hy bepaal weer ‘n sekere dag, naamlik ‘n Vandag, as Hy deur Dawid sê na so ‘n lang tyd, soos daar vroeër gesê is: Vandag, as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie." Hebreërs 4:7
(Die gelykenis van die verlore skaap)
"Watter mens onder julle wat honderd skape het en een van hulle verloor, laat nie die nege-en-negentig in die woestyn en gaan agter die een aan wat verlore is, totdat hy dit kry nie?" Lukas 15:4-7