Van smeekgebede tot profetiese verklarings

Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar ’n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil.

Van smeekgebede tot profetiese verklarings

Gebede vanuit ‘n regeerders-posisie

Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag. Elía was ’n mens net soos ons, en hy het ernstig gebid dat dit nie moes reën nie, en dit het op die aarde drie jaar en ses maande lank nie gereën nie; en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit. (James 5:16-18)

Soms klink gebede soos desperate pleidooie van bedelaars—asof Hy onwillig is om te antwoord. Maar die Bybel openbaar ’n ander benadering tot gebed, een wat diep gewortel is in die begrip van God se wil. In Jakobus 5:16-18 lees ons van Elia, ’n man wat "soos ons aan gevoelens onderworpe was," maar wat met oortuiging en gesag gebid het, en die hemel het gereageer. Hy het wat God klaar vir Hom beveel het met geloof verklaar. Hierdie boodskap is ’n uitnodiging om jou gebedslewe te herkalibreer—van smeekgebede na kragtige verklarings, gebaseer op God se wil en beloftes. Hoe bid jy? As ’n bedelaar of as ’n mede-erfgenaam, kind van God? 

God het die mens gemaak om te regeer 

Genesis 1:26-28 “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip”

Psalms 8:4-9 “As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het -- wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, die almal, en ook die diere van die veld, die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see”

Psalms 115:16 “Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.” 

God het ons gemaak om Sy handewerk te versorg, bewaak en te beskerm. Ons is Sy verteenwoordigers wat opereer in die gesag en krag wat Hy gegee het, om Sy wil te doen. Netso tree ‘n ambassadeur op in die gesag van die regering wat hy verteenwoordig, en het outoriteit om te heers namens sy heersers.

Satan het ons outoriteit gesteel

Lukas 4:6-7 “En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort” 

 

Jesus het ons gesag in Christus herstel

Johannes 12:31 “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word.”

Johannes 14:30 “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie”

Johannes 16:11 “en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is”

Efesiërs 1:22-23 "En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge aan die gemeente gegee, wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal vervul."

God het algehele outoriteit 

Alhoewel God algeheel en soewerein in beheer is, en niks nodig het nie, het Hy ons gekies om Sy krag en heerskappy op die aarde uit te voer en te demonstreer. 

Handelinge 17:24-25 “Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee.”

Job 41:2 “Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.”  

Psalms 50:10-12 “want al die wilde diere van die bos is myne, die vee op berge by duisende. Ek ken al die voëls van die berge, en wat roer op die veld, is van My. As Ek honger het, sal Ek jou dit nie sê nie; want die wêreld is myne en sy volheid.”

Ons is God se heersers op aarde

 “En net toe Agab Elia sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel?” Hoekom moes Elia nog bid as God dit in elk geval wou doen? Elia was God se verteenwoordiger op die aarde, en moes dus bid en die reën opkommandeer wat God bestel het. Dit gaan alles oor gedelegeerde outoriteit, waar die ondergeskikte geen outoriteit het as dit nie deur die meerdere bemagtig is nie. Dit is hoekom die koning vir Elia die “moeilikheidmaker” noem. Nie God nie!

1 Konings 18:41-45
God het geopenbaar dat reën na 'n drie jaar lange droogte kom. Elia het God nie gevra om reën te stuur nie; in plaas daarvan het hy in geloof opgetree en homself in verwagting geposisioneer en sy optrede in lyn gebring met God se geopenbaarde wil.

2 Tessalonisense 3:1 “Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle” Hoekom beveel Paulus ons om te bid, as dit God se wil is vir Sy woord om sy snelle loop te mag neem? Weer eens moet ons ons gegewe outoriteit op die aarde beoefen volgens God se bevele. 

Wie se wil was dit dat dit moet reën? God s’n. Wie se inisiatief? God s’n. So hoekom moet ons dan bid? 

Daniel het die skrif verstaan en gesien dat dit geprofeteer was deur Jeremia, dat Juda na 70 jaar van gevangenskap bevry sou word. Alhoewel God dit alles deur sy gekose profeet gesê het, het Daniel verstaan dat sy aandeel daaraan was om te bid om hierdie profesie te proklameer! 

Matteus 16:19 “En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.”

As ek vir iemand my huissleutel sou gee, beteken dit dat hulle  nou vrye toegang tot die huis het, en kan kom en gaan soos hulle wil. Op dieselfde wyse, sê hierdie vers duidelik dat God die sleutels van Sy koninkryk aan die Kerk gegee het.  

Profetiese bedoeling

Esegiël en die vallei van droë bene

Esegiël 37:1-14

God het vir Esegiël 'n visioen van droë bene gewys en Sy wil geopenbaar om hulle weer lewend te maak. In plaas daarvan om God te vra om die bene op te wek, is Esegiël opdrag gegee om  te profeteer en God se woord oor hulle te bepaal:

"Profeteer vir hierdie bene en sê vir hulle: Droë bene, hoor die woord van die HERE!" (Esegiël 37:4). Esegiël het God se geopenbaarde wil verkondig, en terwyl hy dit gedoen het, het die bene bymekaargekom, is die lewe gegee en het hy as 'n groot leër gestaan.

Esegiël het God nie gevra om te doen wat reeds geopenbaar was nie; hy het in lyn gebring met God se wil deur dit tot stand te bring.

Dit is belangrik om eers by die Here te hoor, “wat die Gees vir die gemeente sê”, voordat ons proklamasies maak. God se wil is geopenbaar in sy Woord; vir elke gegewe situasie kan ons dus Sy wil ken. Hy praat deur Sy profete:

Amos 3:7 “want die Here God doen niks tensy Hy sy  raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie”

Johannes 3:27 “ … ‘n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie”

As ons dus God se bedoeling of plan verstaan, het ons geloof om dit tot vervulling te laat kom, deur ons gebede en verklarings.

Bevelvoerders spreek ‘n woord

Esra 5:13 “Maar in die eerste jaar van Kores, die koning van Babel, het koning Kores bevel gegee om hierdie huis van God te bou.”

Lukas 7:8 “Want ek is ook ‘n man wat aan gesag onderworpe is, en ek het soldate onder my; en vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ‘n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.”

Regeerders roep op/eis

Handelinge 10:22 “En hulle sê: Kornelius, ‘n hoofman oor honderd, ‘n regverdige en godvresende man, wat ‘n  goeie naam het by die hele Joodse nasie, het ‘n goddelike openbaring ontvang deur ‘n heilige engel, om u te laat haal na sy huis om te hoor wat u sal sê” 

Jesus het die wind en demone bestraf

Matteus 8:26 “En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het ‘n groot stilte gekom”

Jesus bestraf die bose geeste

Matteus 17:18 “Daarop bestraf Jesus hom; en die duiwel het van hom uitgegaan, en die seun het gesond geword van daardie uur af”

Jesus het die vyeboom vervloek 

Matteus 21:20-22 “En toe die dissipels dit sien, was hulle verwonderd en sê: Hoe het die vyeboom so onmiddellik verdroog? Maar Jesus antwoord en sê vir hulle: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle geloof het en nie twyfel nie, sal julle nie alleen doen wat met die  vyeboom gebeur het nie; maar al sê julle ook vir hierdie berg: Hef jou op en werp jou in die see -- sal dit gebeur. En alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.” 

Mag die Here deur Sy Woord ons geestesoog open om te sien watter gesag en outoriteit het Hy in Christus Jesus vir ons Sy kerk bepaal het.  

Kollektiewe Gesag

Efesiërs 3:10 "sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word" 

Ons het elkeen bepaalde geestelike gesag, maar die werklike gesag lê in die kerk as 'n geheel wat in eenheid die hart en sinne van God as kollektief verstaan en proklameer.  

 

En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,

wat deur die mond van u kneg Dawid gesê het: Waarom het die nasies gewoed en die volke nietige dinge bedink? Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde. Want waarlik, Herodes en Pontius Pilatus het saam met heidene en die volke van Israel vergader teen u heilige Kind Jesus wat U gesalf het, om alles te doen wat u hand en u raad vooruit bepaal het om plaas te vind. En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek, deurdat U u hand uitstrek tot genesing, en tekens en wonders deur die Naam van u heilige Kind Jesus plaasvind. En toe hulle gebid het, is die plek geskud waar hulle saam was, en hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.  (Acts 4:24-31)